Skip to main content

Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46

Jesus het vir die dissipels gesê: “Hou aan bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie.” Jesus het Hom toe van hulle afgesonder. Daar het Hy gekniel en gebid: “Vader, as U wil, neem hierdie beker van My af weg. Laat nogtans nie my wil nie, maar u wil geld!” Daar het ’n engel uit die hemel aan Jesus verskyn en Hom versterk. Terwyl Hy intense angs beleef, het Jesus nog ernstiger gebid. Sy sweet het soos druppels bloed geword wat op die grond drup. Nadat Jesus van die gebed opgestaan en by die dissipels gekom het, kry Hy hulle aan die slaap, gedreineer deur die hartseer. Hy sê toe vir hulle: “Waarom is julle aan die slaap? Staan op en bid dat julle nie aan versoeking sal toegee nie.” (NLV)

Die intensiteit van Jesus se lyding neem toe met die worsteling in Getsemane.  Die stryd is nie net swaar weens dít wat vir Hom voorlê nie, maar ook omdat dié wat Hy gekies het om saam met Hom te wees, nie in staat is om Hom bystaan nie, en Hy diep alleen en eensaam in sy stryd voel. 

1. Wat leer jy hieruit oor gebed en die gemeenskap met ander gelowiges?

2. Selfs die engel wat Jesus kom versterk, is nie genoeg om te keer dat sy sweet (in die nag!) soos bloeddruppels van Hom af tap nie. Wat leer jy hieruit oor gebed en die erns daarvan?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die behoefte aan ondersteuning wat ons almal in gebed het. Wie is daar wat jou ondersteuning nodig het? Wie kan jou ondersteun?

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Lukas 22 en my bydrae daaroor: Lukas 22:1-71 – Die Seun van God ly vir ons.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar