Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?

1.  Deur die eeue het Christene hulle geloof in kort bondige geloofsbelydenisse opgesom om die ware geloof te bely teenoor valse leringe. Die geloofsbelydenis van Nicea is een van die bekendstes, saam met die Apostoliese Geloofsbelydenis (12 artikels) en die Geloofsbelydenis van Athanasius. In die Gereformeerde tradisie is daar ook belydenisskrifte geskryf: Die Nederlandse Geloofsbelydenis, Die Heidelbergse Kategismus, en die Dordtse Leerreëls. Hoe bekend is jy daarmee en wat beteken dit vir jou geloof? (Laai die geloofsbelydenisse en belydenisskrifte hier af)

2. Lees die Geloofsbelydenis van Nicea en oordink dit.

‘n Simbool vir die Trinitariese karakter van die Geloofsbelydenis van Nicea

 1) Ons glo in een God, die almagtige Vader, die Skepper van hemel en aarde, van alle sigbare en onsigbare dinge.

2) En in een Here Jesus Christus, die eniggebore Seun van God, voor al die eeue uit die Vader gebore.

3) Hy is God uit God, lig uit lig, ware God uit ware God, gebore, nie gemaak nie, een in wese met die Vader, deur wie alles tot stand gekom het.

4) Hy het ter wille van ons, mense, en ons saligheid uit die hemel neergedaal en het deur die Heilige Gees uit die maagd Maria vlees geword; Hy het mens geword; onder Pontius Pilatus is Hy gekruisig; Hy het gely en is begrawe.

5) Op die derde dag het Hy volgens die Skrifte opgestaan.

6) En Hy het na die hemel opgevaar. Hy sit aan die regterhand van die Vader.

7) En Hy sal met heerlikheid terugkom om die lewendes en die dooies te oordeel. Aan sy koningskap sal daar geen einde wees nie.

8) Ons glo in die Heilige Gees, wat Here is en lewend maak. Hy gaan van die Vader en die Seun uit, en Hy word saam met die Vader en die Seun aanbid en verheerlik. Hy het deur die profete gespreek.

9) Ons glo aan een, heilige, algemene en apostoliese kerk.

10) Ons bely een doop tot vergifnis van sondes.

11) Ons verwag die opstanding van die dooies.

12) En die lewe van die toekomstige bedeling. Amen.

3. Lees die motivering van Judas in sy brief, vers 3-4 (hieronder), waarom geloofsbelydenisse nodig is. Wat tref jou?

“Geliefdes, ek was baie haastig om aan julle te skryf oor die verlossing wat ons met mekaar deel. Maar nou voel ek verplig om aan julle te skryf en julle aan te spoor om aan te hou stry vir die geloofsbelydenis wat eenmalig oorgelewer is aan God se mense. Want sekere mense het hulle in julle geledere ingewurm, goddelose mense wat reeds lank tevore vir die

oordeel bestem was. Hulle verwring die genade van ons God tot roekeloosheid en misken ons enigste Eienaar en Here, Jesus Christus.” (NLV)

4. Lees my opsomming van die boodskap hiervan. Oordink dit.

Judas val direk weg met die aanleidende rede van sy brief. Hy wil aan die een kant die leringe van dwaalleraars bestry wat verdeeldheid en onsekerheid onder hulle gesaai het (vers 4).  Aan die ander kant skryf hy om hulle op te roep om hulle lewe te bou op hul heiligste geloof (vers 3). Judas noem dié dwaalleraars goddeloses – praktiese ateïste, mense wat sê hulle glo in God, maar leef asof Hy nie bestaan nie – en losbandiges (vgl vers 5 vv) wat nie net God se genade verwring het tot hulle eie voordeel nie, maar die gesag van die Here Jesus Christus misken het.  Petrus, wat waarskynlik dieselfde bron gebruik as Judas, noem hulle vals leraars – soortgelyk aan die vals profete van die OT – wat die Here Jesus verloën (2 Pet 2:1-3).  Petrus is ook duidelik daaroor dat dit tot hulle eie skade en ondergang is. Die oplossing vir hierdie uitdaging is dat elke gelowige aanhou stry vir die geloofsbelydenis wat eenmalig oorgelewer is aan ons.

5. Lees Heidelbergse Kategismus 22 se antwoord op die vraag: Wat moet ‘n Christen glo?

Antwoord: Alles wat in die evangelie aan ons beloof word (a) en wat die artikels van onsalgemene en ongetwyfelde Christelike geloof ons in hoofsaak leer.

(a) Joh 20:31; Matt 28:19; Mark 1:15.

Is dit hoe jy dink en wat jy ook glo?

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Eksodus 26Hi Faan, ja, hulle het gebruik wat beskikbaar was, hoewel van die materiaal natuurlik ook saam gekarwei kon gewees het op trek van die Rooi See af. Di…
  • Chris van Wyk on Eksodus 27Hi Isaac, die Israeliete word in Jesaja 52:11 die opdrag gegee om niks onheiligs van Babel met hulle saam te neem terwyl hulle terugkeer na hulle land…
  • Chris van Wyk on Jesus se Ek is-uitsprakeHi Isaac, daar is baie materiaal by hierdie webtuiste. Dit is alles gratis.
  • Isaac Davids on Eksodus 27Goeiemore. Hoop dit Gaan goed. Ek Wil weet wat is die betekenis of openbaring in hierdie skrif Vir vandag in Jesaja 52:11 spesifiek "draers van die He…
  • Faan de Wit on Eksodus 262 dinge wat my opval is die gebreide dolfyn of Tornyn velle as buitenste bedekking van die tabernakel. Dit beteken bemagtigde vissers moes van Sinai w…
  • Isaac Davids on Jesus se Ek is-uitsprakeHi. Ek Wil van u studie materials he asb. Dankie.
  • Chris van Wyk on Eksodus 26👍
  • Marius on Eksodus 26Amen,net so en so moet ons verstaan wie ons nou in Christus is,sodat ons so kan wandel elke dag.
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieDie punt van die gedeelte is dat Christus naby is. 'n Mens kan in Hom glo, want Hy het eers uit die hemel neergedaal en mens geword. Hy het toe gester…
  • Chris van Wyk on Eksodus 21Hi Frans, jy sou enige Bybelboek met die hulp van my bydraes op die webtuiste met hulle kon deurwerk. Veritas het ook 'n boek wat spesifiek op jongmen…
  • Petrus on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieGoeie More Chris Dus, om the se "Wie sal opvaar, " beteken nie gelowiges en regeverdiges, maar praat van Christus in die teks? Ook, "wie sal neerdaal,…
  • Frans Joseph Scheepers on Eksodus 21Goeie more my naam is Frans Scheepers en ek het laat verlede jaar hierdie besonderse ontdekking gemaak van wat u vir die Christen wêreld doen. Ek is '…
  • Chris van Wyk on RomeineHi Mariaana, jy kan Romeine lees by hierdie skakel: http://bybelskool.com/romeine/. Volg net die skakels aan die onderkant van daardie bydrae. Oor God…
  • Mariaana on RomeineHoe maak ek om die bybelstudie oor die boek Romeine te bekom En ook oor God Se wil asb
  • Chris van Wyk on Romeine 10:5-13 – Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nieHi Petrus, FF Bruce verklaar dit in sy kommentaar só: "Moenie in jou hart sê: ‘Wie sal na die hemel opvaar nie?’ – dit wil sê om Christus neer te brin…
%d bloggers like this: