Skip to main content

Vraag 50: Wat is die doop?

1. Wat is die doop?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die doop beseël my insluiting in die liggaam van Christus. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is deur Christus ingestel en betuig en beseël ons aanneming in Hom. Christus reinig ons van ons sondes deur sy bloed en verbind ons deur die Heilige Gees aan God en sy kerk.

3. Lees Handelinge 16:11-40. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Hoe help die verhaal jou om die sakramente beter te verstaan?

Die Here sluit Lidia, die tronkbewaarder en hulle huishoudings in deur die doop

Die Here het in Filippi Lidia se hart oopgemaak. Sy en die ander lede van haar huishouding is gedoop. Paulus-hulle is egter in die tronk gegooi. Teen middernag was hulle besig om te bid en te sing. Skielik was daar ’n aardbewing. Al die tronkdeure het oopgevlieg. Die tronkbewaarder wou homself doodmaak. Paulus het hom gekeer. Die man het gevra wat hy moet doen. Die antwoord was: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.” Hy is daar en dan gedoop, en ook al sy mense as deel van die gemeente van Filippi.

5. Vir nadenke en/of bespreking:

Gelowiges verskil oor wanneer kinders van gelowiges gedoop moet word

Daar is ’n kleiner verskil oor die standpunte oor die doop tussen voorstanders van die “groot doop” en voorstanders van die “kinderdoop”  as wat mense normaalweg besef.

Alle Christelike groepe doop groot.  As iemand tot bekering kom, en nog nie gedoop is nie, doop beide die “grootdopers” en die “kinderdopers” sulke gelowiges groot.

Die verskil is net tussen wat met die kinders van gelowiges moet gebeur.

Die vraag is dus: Moet kinders van gelowiges klein gedoop word? Of moet ’n mens wag met kinders van gelowiges totdat hulle deur die kategese sisteem self belydenis van geloof kan aflê en hulle dan doop?  Hopelik hoef hulle darem nie tot dan te wag om die Heilige Gees te ontvang nie!

Ek is oortuig dat ’n mens nie hoef te wag met die doop nie. Kinders van gelowiges kan gedoop word as kinders. Van my redes is as volg:

  • Om die doop vir kinders van gelowiges uit te stel, totdat hulle deur die kategese van ’n kerk as belydende lidmate bevestig kan word, word deur die doop wat aan huisgesinne bedien is (Hand 16:15; 33-34; 18:8; 1 Kor 1:16) as onnodig uitgewys.  Dit sou beter wees, dink ek, veral as ’n mens sterk gevoelens hieroor het, om ten minste dan te doop wanneer sulke kinders ’n eenvoudige geloofsbelydenis kon maak. Baie kerke laat dit toe op ouderdom sewe.
  • Die doop as ‘n mens klein is, en natuurlik deel van ‘n gelowige huisgesin, is ‘n hand van God wat na jou uitgesteek word (in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees) om jou in te trek in sy genade (1 Kor 7:14).  Dit beklemtoon dat dit God is wat in die doop aan die werk is, en nie ek wat met my gelowige reaksie in die sentrum kom staan nie.  Dit maak dat die doop ’n genade karakter behou, en nie misverstaan word as ’n beloning vir jou geloof nie.  God handel in die doop, nie ek nie.
  • Die doop is nie al manier waarop ’n mens ’n publieke verbintenis aan die Here kan of hoef te maak nie.  Die verbranding van towerboeke was in Efese die openbare belydenis van die gelowiges se toewyding aan die Here, nie die doop nie (Hand 19:17-20).  ’n Mens kan in elke situasie dus op ’n unieke manier ’n belydenis doen as jy tot geloof of bekering kom, wat saamhang met die situasie waaruit jy dit doen.
  • Soos ‘n mens in geloof op God se werk in die doop reageer, ontvang jy dan al die gawes van God, ingeslote die gawe en vrug van die Heilige Gees.  ’n Mens hoef regtig waar nie te wag vir ’n gebeure in die toekoms (na kategese) nie.  Die uitstel van die doop (aan kinders) ontneem hulle van die geweldige versekering dat God hulle uitkies en aan hulle alles wat gee wat Hy bedoel het vir ons.  Die uitstel van die doop kan ’n diep onsekerheid by kinders skep of God dit ernstig bedoel met hulle.
  • Die feit dat baie kerke vandag die kindernagmaal bedien, maak dit vanselfsprekend dat die deelname aan die nagmaal eers ná die kinderdoop kan gebeur. ‘n Mens kan nie aan die kindernagmaal deelneem sonder die kinderdoop nie, want dit is die doop (as teken van jou insluiting in die liggaam van Christus) wat jou toegang verleen tot die nagmaal (as teken van jou inblywing in die liggaam van Christus).
  • Die belangrike vraag vir kinders en volwassenes is doodgewoon: glo jy in die Here Jesus of nie?  En laat ons leer by die geval van Apollos. Hy is nie weer gedoop toe hy tot ‘n dieper geloof gekom het nie, al is hy met ’n “voorlopige” doop – die doop van Johannes – gedoop (Hand 18:24-26). Hoekom nie?  Omdat dit duidelik was dat hy reeds in Jesus geglo het, besig was om Hom te dien, en net verdieping nodig gehad het in terme van sy verstaan van die evangelie.  
  • Gelowiges wat as kinders gedoop is, hoef dus nie weer oorgedoop te word as volwassenes nie. Die belangrike vraag is of hulle in die Here Jesus glo of nie en of hulle in gehoorsaamheid aan Hom wil leef.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…