Skip to main content

Vraag 50: Wat is die doop?

1. Wat is die doop?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Die doop beseël my insluiting in die liggaam van Christus. Ons bely een doop tot vergifnis van sondes in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees. Dit is deur Christus ingestel en betuig en beseël ons aanneming in Hom. Christus reinig ons van ons sondes deur sy bloed en verbind ons deur die Heilige Gees aan God en sy kerk.

3. Lees Handelinge 16:11-40. Wat tref jou?

4. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Hoe help die verhaal jou om die sakramente beter te verstaan?

Die Here sluit Lidia, die tronkbewaarder en hulle huishoudings in deur die doop

Die Here het in Filippi Lidia se hart oopgemaak. Sy en die ander lede van haar huishouding is gedoop. Paulus-hulle is egter in die tronk gegooi. Teen middernag was hulle besig om te bid en te sing. Skielik was daar ’n aardbewing. Al die tronkdeure het oopgevlieg. Die tronkbewaarder wou homself doodmaak. Paulus het hom gekeer. Die man het gevra wat hy moet doen. Die antwoord was: “Glo in die Here Jesus, en jy sal verlos word, jy en al die lede van jou huishouding.” Hy is daar en dan gedoop, en ook al sy mense as deel van die gemeente van Filippi.

5. Vir nadenke en/of bespreking:

Gelowiges verskil oor wanneer kinders van gelowiges gedoop moet word

Daar is ’n kleiner verskil oor die standpunte oor die doop tussen voorstanders van die “groot doop” en voorstanders van die “kinderdoop”  as wat mense normaalweg besef.

Alle Christelike groepe doop groot.  As iemand tot bekering kom, en nog nie gedoop is nie, doop beide die “grootdopers” en die “kinderdopers” sulke gelowiges groot.

Die verskil is net tussen wat met die kinders van gelowiges moet gebeur.

Die vraag is dus: Moet kinders van gelowiges klein gedoop word? Of moet ’n mens wag met kinders van gelowiges totdat hulle deur die kategese sisteem self belydenis van geloof kan aflê en hulle dan doop?  Hopelik hoef hulle darem nie tot dan te wag om die Heilige Gees te ontvang nie!

Ek is oortuig dat ’n mens nie hoef te wag met die doop nie. Kinders van gelowiges kan gedoop word as kinders. Van my redes is as volg:

  • Om die doop vir kinders van gelowiges uit te stel, totdat hulle deur die kategese van ’n kerk as belydende lidmate bevestig kan word, word deur die doop wat aan huisgesinne bedien is (Hand 16:15; 33-34; 18:8; 1 Kor 1:16) as onnodig uitgewys.  Dit sou beter wees, dink ek, veral as ’n mens sterk gevoelens hieroor het, om ten minste dan te doop wanneer sulke kinders ’n eenvoudige geloofsbelydenis kon maak. Baie kerke laat dit toe op ouderdom sewe.
  • Die doop as ‘n mens klein is, en natuurlik deel van ‘n gelowige huisgesin, is ‘n hand van God wat na jou uitgesteek word (in die naam van die Vader, Seun en Heilige Gees) om jou in te trek in sy genade (1 Kor 7:14).  Dit beklemtoon dat dit God is wat in die doop aan die werk is, en nie ek wat met my gelowige reaksie in die sentrum kom staan nie.  Dit maak dat die doop ’n genade karakter behou, en nie misverstaan word as ’n beloning vir jou geloof nie.  God handel in die doop, nie ek nie.
  • Die doop is nie al manier waarop ’n mens ’n publieke verbintenis aan die Here kan of hoef te maak nie.  Die verbranding van towerboeke was in Efese die openbare belydenis van die gelowiges se toewyding aan die Here, nie die doop nie (Hand 19:17-20).  ’n Mens kan in elke situasie dus op ’n unieke manier ’n belydenis doen as jy tot geloof of bekering kom, wat saamhang met die situasie waaruit jy dit doen.
  • Soos ‘n mens in geloof op God se werk in die doop reageer, ontvang jy dan al die gawes van God, ingeslote die gawe en vrug van die Heilige Gees.  ’n Mens hoef regtig waar nie te wag vir ’n gebeure in die toekoms (na kategese) nie.  Die uitstel van die doop (aan kinders) ontneem hulle van die geweldige versekering dat God hulle uitkies en aan hulle alles wat gee wat Hy bedoel het vir ons.  Die uitstel van die doop kan ’n diep onsekerheid by kinders skep of God dit ernstig bedoel met hulle.
  • Die feit dat baie kerke vandag die kindernagmaal bedien, maak dit vanselfsprekend dat die deelname aan die nagmaal eers ná die kinderdoop kan gebeur. ‘n Mens kan nie aan die kindernagmaal deelneem sonder die kinderdoop nie, want dit is die doop (as teken van jou insluiting in die liggaam van Christus) wat jou toegang verleen tot die nagmaal (as teken van jou inblywing in die liggaam van Christus).
  • Die belangrike vraag vir kinders en volwassenes is doodgewoon: glo jy in die Here Jesus of nie?  En laat ons leer by die geval van Apollos. Hy is nie weer gedoop toe hy tot ‘n dieper geloof gekom het nie, al is hy met ’n “voorlopige” doop – die doop van Johannes – gedoop (Hand 18:24-26). Hoekom nie?  Omdat dit duidelik was dat hy reeds in Jesus geglo het, besig was om Hom te dien, en net verdieping nodig gehad het in terme van sy verstaan van die evangelie.  
  • Gelowiges wat as kinders gedoop is, hoef dus nie weer oorgedoop te word as volwassenes nie. Die belangrike vraag is of hulle in die Here Jesus glo of nie en of hulle in gehoorsaamheid aan Hom wil leef.
View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.