Skip to main content

Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8

Eens op ’n tyd was ons ook dwaas en ongehoorsaam. Ons was verlei en verslaaf aan baie begeertes en allerlei bose plesiere. Ons het ons lewens deurgebring in boosheid en jaloesie. Ons was haatlik en het mekaar gehaat. Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop. Hierdie boodskap is betroubaar. Daarom wil ek hê jy moet hierdie dinge met groot beslistheid handhaaf sodat hulle wat op God vertrou, hulle op goeie werke kan toespits, dit wil sê werke wat goed en voordelig vir mense is. (NLV)

1. Paulus verduidelik hier die hele weg van verlossing en heiliging. Dink weer ná oor hoe jy wederbaar en vernuwe is. Wat het in jou lewe verander?

2. Die hele punt van jou verlossing is dat jy jouself op goeie werke kan toespits, dinge wat goed en voordelig vir mense is. Wat vra dit van jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die feit dat God jou gered het om jou op goeie werke toe te spits, dinge wat goed en voordelig vir mense is.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Titus 3 sowel as my bydrae daaroor: Titus 3:1-15 – Gesonde lewe.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar