Skip to main content

Wat is gebed? – Matteus 6:5-8

En nou wat die gebed betref: Moenie soos die skynheiliges wees wat daar van hou om in die sinagoges en op die straathoeke te bid sodat die mense hulle kan sien nie. Ek verseker julle, dit is al beloning wat hulle ooit sal kry. Wanneer jy bid, gaan na die stilste vertrek in die huis en maak die deur agter jou toe sodat jy daar in jou alleenheid tot jou Vader kan bid. En jou Vader wat alles weet, sal jou beloon. Wanneer julle bid, moenie met woorde mors soos die ongelowiges nie. Hulle dink hulle stortvloed woorde sal maak dat hulle gebede beantwoord word. Moenie soos hulle maak nie, want julle Vader weet presies wat julle behoeftes is, selfs nog voordat julle Hom vra! (NLV)

1. Jesus waarsku hier aan die een kant teen gebed wat eerder ‘n vertoning is vir mense as ‘n eerlike toenadering tot God. Hy waarsku aan die ander kant selfs teen ‘n mors met woorde voor God. Hoekom?  Wat leer dit jou?

2. Twee keer word van God se alwetendheid gepraat. Hy weet wat in die binnekamer gebeur en Hy weet wat ons behoeftes is. Hoe kan dit jou gebede verander?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God altyd luister na jou gebed.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Matteus 6 sowel as my bydrae daaroor: Matteus 6 – Jesus fokus op die lewe van geregtigheid.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar