Skip to main content

Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10

Ware godsdiens saam met tevredenheid is ’n groot rykdom. Ons het immers niks saamgebring toe ons in die wêreld gekom het nie, en ons kan ook nie enigiets saamneem wanneer ons sterf nie. As ons dus genoeg kos en klere het, laat ons tevrede wees. Maar mense wat begeer om ryk te wees, val in versoeking en trap in die strik van baie dwase en skadelike begeertes wat hulle in die verderf en ondergang stort. Want die liefde vir geld is die wortel van alle soorte kwaad. (NLV)

1. Paulus se lering hier kan verbind word met die tiende gebod. Wat tref jou van Paulus se lering?

2. Paulus lê klem op ons eintlike rykdom. ‘n Godsdiens wat ons tevrede laat met God se voorsiening. Waarom is die liefde vir rykdom, van watter aard ook al, só ‘n gevaar?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die Here se sorg vir jou. Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van 1 Timoteus 6 sowel as my bydrae daaroor: 1 Timoteus 6:1-21 – Rykdom in God is die enigste belegging wat sal hou.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar