Skip to main content

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18

Deur sy een offer het Hy al sy mense vir altyd volmaak geheilig. Die Heilige Gees bevestig dit vir ons wanneer Hy in die eerste plek verklaar: “Dít is nou die verbond wat Ek hierna met die volk Israel gaan sluit, verklaar die Here: Ek sal my opdragte inskryf in hulle harte en Ek sal dit in hulle verstand graveer.” Dan voeg Hy daarby: “Ek sal aan hulle sondes en hulle oortredings nooit weer dink nie.” Inderdaad, waar sondevergifnis ’n werklikheid is, is geen verdere offer vir die sonde nodig nie. (NLV)

1. Jesus het met sy kruisdood nie net al ons sondes vergewe nie, maar ons vir altyd volmaak geheilig. Dink na oor die betekenis daarvan vir jou. Nie net vandag nie, maar vir altyd.

2. God belowe dat Hy nooit weer aan jou sondes en oortredings sal dink nie. Hy belowe ook dat Hy sy opdragte inskryf in jou hart en ingraveer in jou verstand. Wat beteken dit vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die vryheid en volmaaktheid wat vergifnis van al jou sondes vir jou gebring het.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Hebreërs 10 en my bydrae daaroor: Hebreërs 9:23-10:18 – Jesus Christus verskyn in die heiligdom voor God ter wille van ons.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar