Skip to main content

Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?

1.  Dink jy dat God sonde en afgodery regtig straf? In hierdie lewe? In die toekomstige lewe? Hoekom? Hoe kan ‘n mens die straf ontwyk en in God se guns kom?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Ja, deur die grenslose genade van die Verlosser. Hy dra die straf vir die sonde en gee my vergifnis van sonde. Ek kan myself nie verlos nie, want God wil aan geen ander skepsel die sondeskuld wat ek gemaak het, toereken nie; en geen gewone skepsel kan die las van die ewige toorn van God teen die sonde dra en ander skepsels daarvan verlos nie.

3. Sonde en afgodery is nie kinderspeletjies nie. Dit laat God se toorn ontvlam en bring straf oor almal wat hulle teen Hom verset. Dit is persoonlik. Dit is werklik. Hoe laat dit jou voel oor God?

4. Lees die verhaal van die giftige slange in Numeri 21:1-9. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die verhale in die Ou Testament is voorbeelde vir ons. Ten spyte van gebedsverhoring kla die volk weer oor kos en water. Hulle sondig teen die Here en teen Moses. Die Here stuur as straf giftige slange onder hulle. Die volk bely hulle sonde en bid dat die Here die slange sal wegvat. Die Here laat Moses ’n afbeelding maak van ’n giftige slang bo-op ’n paal. As ’n slang iemand gepik het, het hy na die bronsslang gekyk en bly leef. Jesus verwys in die Nuwe Testament na dié verhaal. Hy dra aan die kruis die straf vir die sonde. Hy vergewe ons sonde.

6. Die verhaal van die giftige slange demonstreer dat God se straf werklik en persoonlik is. Maar, die giftige slange is gelukkig ten diepste God se manier om die volk te keer van hulle opstand teen Hom en sy pad vir die lewe. God wil hulle help om die pad van verlossing te ontdek, en só deur sy werk in hulle, aan Hom gehoorsaam te word. Watter boodskap het dit vir ons vandag?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…