Skip to main content

Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12

Ons het die Sondag bymekaargekom vir die maaltyd van die Here. Paulus het ’n bespreking met hulle gehou, en omdat hy die volgende dag wou vertrek, het hy tot middernag aanhou praat. Daar was taamlik baie lampe in die bovertrek waar ons vergader het. Terwyl Paulus aanhou en aanhou met die bespreking, het ’n jong man met die naam Eutigus, wat op die vensterbank gesit het, in ’n diep slaap begin wegsink. Vas aan die slaap het hy uit die derde verdieping tot onder geval. Hulle het hom as ’n lyk opgetel. Paulus het ondertoe gegaan, op Eutigus gaan lê, sy arms om hom gesit en gesê: “Moenie julle ontstel nie. Hy lewe!” Paulus het weer boontoe gegaan, brood gebreek en geëet. Hy het nog ’n hele ruk met hulle gepraat, tot dagbreek toe, en toe vertrek. Die mense het die seun lewend huis toe gevat. Dit was vir hulle ’n buitengewoon bemoedigende ervaring. (NLV)

Paulus is op pad na Jerusalem toe aan die einde van sy derde sendingreis. Hy doen by Troas in Turkye aan waar hy die gelowiges vir ‘n week onderrig en bemoedig. Aan die einde van die week vier hulle die Sondag die nagmaal, die maaltyd van die Here. Paulus sou die Maandag vertrek en het daarom tot middernag aanhou praat. Met die onbedoelde gevolg dat Eutigus aan die slaap raak en drie verdiepings ver hom dood val. Die wonderwerk van sy opwekking sou hulle nie net herinner het aan Elia en Elisa se soortgelyke handelinge in die OT nie. Maar ook aan die soortgelyke wonderwerke van Jesus, en ‘n keer ook van Petrus.

1. Watter verwagtings maak hierdie verhaal by jou los?

2. Die nagmaal en die opwekking van Eutigus dra dieselfde boodskap. Selfs die prediking. Dit getuig van die lewende krag van die Here Jesus wat in ons werk. Hoe verander dit jou gedagtes oor die nagmaal?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God se krag in jou aan die werk is. Die nagmaal is een van die belangrikste tekens daarvan.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Handelinge 20 te lees en my bydrae daaroor: Handelinge 19:21-20:38 – Om te gee, maak ’n mens gelukkiger as om te ontvang.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar