Skip to main content

Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112

Hamer en beitel – simbool van die skryfwerk op die tafels van die wet.

U woord is ’n lamp vir my voete en ’n lig op my pad. Ek het reeds belowe, en ek bevestig: u regverdige bepalings sal ek gehoorsaam. Ek het baie swaar gekry, Here. Vernuwe my lewe volgens u woord. Here, aanvaar die offers van my mond, en leer my u bepalings. My lewe is gedurig in die weegskaal, maar u gebooie sal ek nie vergeet nie. Die goddeloses stel vir my ’n strik; tog sal ek van u bevele nie afdwaal nie. U verbondsbepalings is my erfdeel vir altyd; dit is die vreugde van my hart. Ek wil leef volgens u voorskrifte, vir altyd, tot die einde toe. (NLV)

1. Psalm 119 besing die wonder van die woord van God. Onderstreep al die beskrywings daarvan en oordink die betekenis daarvan vir jou. Watter vreugdes het die woord al vir jou gegee?

2. Gebruik dié verse as ‘n dank- en lofgebed in jou eie woorde. Onthou ook dat die Psalmis praat van die strikke van bose mense wat sy lewe in die weegskaal bring. Bring jou eie situasie voor die Here en bid vir volhardende gehoorsaamheid en vertroue.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die woord van God.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 (bydraes oor die hele Psalm is daar beskikbaarof my bydrae oor die gedeelte: Psalm 119:105-112 – NUN – Ek gehoorsaam U ten spyte van gevaar.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar