Skip to main content

Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17

Die engel het geantwoord: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou toevou. Daarom sal die kind wat gebore word, heilig en die Seun van God genoem word.” (NLV)

Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.” (NLV)

1. Onderstreep die beskrywings van die Drie-eenheid. Wat staan vir jou uit van elke persoon?

2. Die beskrywings van die Drie-eenheid word aan Jesus se geboorte sowel as die begin van sy bediening verbind. Watter boodskap het dit vir Jesus ingehou? En vir jou?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan die misterieuse openbaring van God se wese te herinner.

4. Jy kan later vanaand albei gedeeltes lees in die konteks van Lukas 1 en Matteus 3 sowel as my bydraes daaroor: Lukas 1:1-56 – Twee Godsmanne word vir twee Godsvroue belowe; Matteus 3 – Jesus doop met die Heilige Gees en met vuur.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar