Skip to main content

Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6

In al ons gebede dank ons God, die Vader van ons Here Jesus Christus, vir julle, want ons het gehoor dat julle in Christus Jesus glo en van julle liefde vir al God se mense. Julle doen dit omdat julle hoop om dit te ontvang wat in die hemel vir julle gereed lê. Julle het daarvan gehoor toe die waarheid van die Goeie Nuus aan julle verkondig is. Dieselfde Goeie Nuus wat julle bereik het, gaan ook oor die hele wêreld uit. In die hele wêreld dra dit goeie vrug en versprei dit, net soos dit by julle gebeur het vanaf die dag toe julle die waarheid oor God se genade gehoor en verstaan het. (NLV)

1. Daar is ‘n dankbare opgewondenheid in ‘n mens as jy hoor van gelowiges wat vasstaan in die geloof en help dat die Goeie Nuus van Jesus Christus oor die hele wêreld versprei. Lees ‘n paar verhale van die verspreiding van die evangelie in hierdie wêreld om jou eie geloof te versterk. Byvoorbeeld die verhaal van Gladys Aylward.

2. ‘n Mens kan in liefde lewe met medegelowiges, omdat ons dieselfde hoop en verwagting het van die ewige lewe. Is dit jou ervaring?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan medegelowiges wat dieselfde hoop as jy deel. Reik uit na ‘n medegelowige en bemoedig mekaar met hierdie woorde.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 1:1-14 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 1:1-14 – Om God te ken en vir Hom te lewe.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar