Skip to main content

Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?

1. Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Dat ek eendag uit die dood sal opstaan en vir ewig saam met God en sy mense sal lewe. Christus sal by ons kom bly in die nuwe hemel en nuwe aarde. Ons sal by God self woon en Hom vir ewig kan geniet as ons God. Ons sal vir altyd verlos wees van die sonde en die dood en Hom dien in ’n verheerlikte liggaam.

3. Agtergrond

Die oorwinning oor die Satan en die oordeel oor die mensdom waarvan hoofstuk 20 ons vertel het, word opgevolg in hoofstuk 21 met 1) die koms van die nuwe hemel en nuwe aarde (vers 1), 2) die vestiging van die Nuwe Jerusalem uit die hemel op die aarde as die woonplek van God waarmee alles nuut gemaak word (vers 2-8), en 3) die beskrywing van die heerlikheid van die Nuwe Jerusalem – die bruid, die vrou van die Lam – wat in wese eintlik ook die beskrywing van God se heerlikheid is (vers 9-27).

Hoofstuk 22 sal dié prentjie afrond met ’n beskrywing van die water van die lewe wat uit die troon van God en die Lam uit die stad vloei, afgesluit met ’n versekering van die spoedige en besliste wederkoms belofte van die Here Jesus as aanmoediging vir die gelowiges om vas te hou aan die woorde van God.

4. Lees Openbaring 21:1-8. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan. Watter hoop laat hierdie teks in jou opvlam? Hoe verander dit jou lewe nou?

God die Vader is die Alfa en die Omega

God die Vader is die Almagtige, die Skepper van die hemel en die aarde, die oorsaak, oorsprong en begin van alles. Hy het die eerste hemel en aarde gemaak en sorg vir alles en almal. Hy sal die nuwe hemel en die nuwe aarde maak. Hy sal ons as sy kinders ook nuut maak. Hy sal by ons kom woon as ons God en vir altyd vir ons sorg. Daar sal geen hartseer of dood meer wees nie. Hy is die Alfa en die Omega, die Begin en die Einde. Hy sal vir ons ’n God en ons vir Hom sy kinders wees.

5. Wat beteken die hoop op die ewige lewe vir jou?

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar