Skip to main content

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24

Die Here sê: “Mense met insig moenie spog met hulle kennis nie. Sterk mense moenie grootpraat oor hulle krag nie. Ryk mense moenie roem in hulle rykdom nie. Laat hulle wat wil grootpraat, spog dat hulle My ken, en begryp dat Ek die Here is wat reg en regverdig is, wie se liefde onfeilbaar is, en dat dit ook die dinge is wat My bly maak. Ek, die Here, het dit gesê!” (NLV)

Die Here spel hier die regte verhouding met Hom uit, dít waarop alle mense moet fokus, die mense met insig, die mense met krag, en die mense met rykdom.  Die enigste insig, krag en rykdom lê in Godskennis. Wat God bly maak, is helder en duidelik: onfeilbare liefde (lojaliteit), reg (justice) en regverdigheid (billikheid). Dit is hoe Hy is. Dit is wat Hy van ons verwag.

1. Waar het jy nog groei nodig in jou lewe in terme van liefde, reg en regverdigheid?

2. Dat liefde, reg en regverdigheid belangriker is as insig, krag en rykdom bly ’n fundamentele feit. Dit is waarop ‘n mens fokus as jy die Here ken en Hom in alles wil erken. Hoe hanteer jy egter die konflik wat dit bring met wêreldse insig, krag en rykdom?

3. Lees die verse later vandag weer om jou aan liefde, reg en regverdigheid te herinner en dit deel van jou normale lewenstyl te maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Jeremia 9 sowel as my bydrae daaroor: Jeremia 9:3-26 – Hulle weier om My te erken.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar