Skip to main content

Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96

U woord, Here, is vir altyd, dit staan vas in die hemel. U trou is vir geslag na geslag, U het die aarde gevestig, en dit staan nog vas. U bepalings is vandag nog waar, want al hierdie dinge is u dienaars. As u gebooie nie vir my vreugde was nie, sou ek gesterf het van ellende. Ek sal u bevele nooit vergeet nie, want daardeur gee U my die lewe. Ek behoort aan U; red my tog! Want ek vra na u bevele. Bose mense wag my in om my dood te maak, maar ek neem u waarskuwings in ag. Selfs volmaaktheid het sy perke, maar u gebooie ken geen grense nie. (NLV)

1. Psalm 119 besing die wonder van die woord van God. Onderstreep al die beskrywings daarvan en oordink die betekenis daarvan vir jou. Watter vreugdes het die woord al vir jou gegee?

2. Gebruik dié verse as ‘n dank- en lofgebed in jou eie woorde. Onthou ook dat die Psalmis praat van die uitdaging van bose mense wat ‘n mens se getrouheid aan die woord kan beproef. Bring jou eie situasie voor die Here en bid vir volhardende vertroue.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die woord van God.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 119 (bydraes oor die hele Psalm is daar beskikbaarof my bydrae oor die gedeelte: Psalm 119:89-96 – LAMED – Vir ewig staan u woord vas.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar