Skip to main content

Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8

Alhoewel Hy self God was, het Hy nie vasgeklou aan die Goddelikheid wat Hom toekom nie, maar Hy het dit prysgegee: Hy het ’n slaaf geword en aan mense gelyk geword. En toe Hy as mens geleef het, het Hy Homself nog verder verneder deur tot die dood toe gehoorsaam te wees, ja, tot die kruisdood toe! (NLV)

1. Paulus fokus hier op Jesus se prysgawe van sy Goddelikheid en sy vernedering as mens tot met sy gehoorsaamheid in die kruisdood. Hoe laat hierdie geweldige gawe jou voel oor Hom?

2. Jesus gee nie net sy Goddelikheid prys nie, maar gebruik sy posisie as God tot voordeel van die mensdom en ook die skepping. Wat sê dit vir jou van ons eie rol as navolgers van Jesus?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die voordeel wat jy uit Jesus se prysgawe geput het. Loof Hom daarvoor deur Hom na te volg in jou eie konteks.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Filippense 2 sowel as my bydrae daaroor: Filippense 2:5-30 – Jesus se selfontlediging inspireer ons as ligdraers in die wêreld.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar