Skip to main content

Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23

Die vrug wat die Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing. Teen sulke dinge is daar nie ’n wet nie. (NLV)

1. Dit is die tweede baie praktiese manier waarop ‘n mens die werk van die Heilige Gees in jou lewe agterkom. Dink na oor jou lewe. Waar kom jy aspekte van hierdie vrug in jou lewe agter? Waarmee sukkel jy?

2. Paulus beskryf die vrug van die Heilige Gees as iets wat deur die Gees voortgebring word in ons lewe. Wat dink jy is nodig dat dit kan gebeur? Lees ‘n bietjie wyer in Galasiërs 5 om jou daarmee te help.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jou lewe in die Gees vrug sal dra. Wy jou aan Hom toe dat Hy jou gedrag bepaal.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 5 sowel as my bydrae daaroor: Galasiërs 5:13-6:17 – VRYHEID: dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar