Skip to main content

Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16

Kyk af uit die hemel en sien ons tog raak van waar U sit, op u heilige en verhewe troon. Waar is u ywer van voorheen, u magtige dade? U weerhou u ontferming en genade van ons. U is mos nog ons Vader! Selfs as Abraham en Israel ons nie wil erken nie, bly U steeds ons Vader, Here. U is van altyd af ons Redder. (NLV)

1. Hierdie teks kom uit die Profete. Jesaja bid hier tot God dat in ‘n situasie van ballingskap in die vreemde God Hom weer as Vader sal bewys. Wat tref jou van die wyse waarop Jesaja met God in gesprek tree?

2. In die konteks van die res van Jesaja 63 is dit duidelik dat Israel se ballingskap weens hulle eie sonde en afvalligheid is. Die ballingskap was God se oordeel oor hulle. Tog is Jesaja se gebed steeds begrond in God se Vaderskap: “U is mos nog ons Vader!” Watter troos en verwagting hou dit ook vir jou in?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God se Vaderskap die oorsaak, oorsprong en begin van alles is. Jy kan Hom sonder enige twyfel vertrou om vir jou te sorg.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jesaja 63 en my bydrae daaroor: Jesaja 63 – Selfs in oordeel kan jy jou op God beroep.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar