Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7

Toe het die goedheid van God ons Verlosser en sy liefde vir mense verskyn. Hy het ons verlos, nie op grond van wat ons gedoen het vir ons vryspraak nie, maar slegs op grond van sy eie ontferming. Dit het Hy vermag deur die reiniging van die weergeboorte en deur die Heilige Gees wat ons vernuwe. Hy het die Gees ryklik op ons uitgestort op grond van wat Jesus Christus ons Verlosser gedoen het. Só is ons vrygespreek deur sy genade, en het ons erfgename geword van die ewige lewe waarop ons hoop. (NLV)

1. Paulus beskryf die weergeboorte as ‘n reiniging van die sondes wat hy in vers 3 genoem het: Sondes van die persoonlike verslawing aan allerlei begeertes en singenot (“various passions and desires”); Sondes in die gemeenskap van ‘n lewe van kwaadwilligheid en jaloesie; “Ons was haatlik en het mekaar gehaat”. Hoe het jy die weergeboorte ervaar?

2. God gee ons die weergeboorte uit sy goedheid, liefde en genade. Hy spreek ons vry van ons sonde en maak ons erfgename van die ewige lewe. Hoe voel jy daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se goedheid, liefde en genade. Jy is vrygespreek van jou sonde en ‘n erfgenaam van die ewige lewe.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Titus 3 lees en my bydrae daaroor: Titus 3:1-15 – Gesonde lewe.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (3)

  • Chris – jy het my onlangs geweldig gehelp met n bekommernis oor n belofte wat ek jare gelede gemaak het.
    Sedert daardie gesprek, is my geloof geskud deur drie gebeurtenisse.
    Ek verstaan jou opmerkings hierbo – wat ek nie op die oomblik begryp nie is: Hoe kan ek my geloof weer opbou tot waar dit was? IS dit slegs genade van Bo – of is daar iets wat ek kan doen? Geloof is tog n genadegawe – maar watter rol moet ek daarin speel?
    Jammer – maar ek is n beginner wanneer dit kom by hierdie sake.

    • Hi Philip, geloof is ‘n gawe van God wat kom uit die luister na en leef uit die Woord van God (Rom 10:17). Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebr 12:1-2). Ons moet dus ons oog op Hom fokus en Hom toelaat om deur sy Woord ons te begelei na ‘n heilige lewe (Hebr 12:14). Dit sluit ons liggame en gedagtes in (Rom 12:1-2). Op ‘n baie praktiese vlak vind ek dat gebed en die fokus van my gedagtes op die goeie vir my die beste werk. Lees Filippense 4:4-9 en volg die raad daarin.

      • Dankie.
        Dis nie maklik nie – ek was vas oortuig dat my geloof onaangename gebeurtenisse sou verhoed deur God te vra – maar drie sterftes in ‘n kwessie van paar weke het geloof laat wankel.
        Ek verstaan God is in bevel, en dat Sy wee vir my aanvaarbaar moet wees – MAAR die twyfel – of ek werklik so gehoorsaam en goeie kind van God is – NOU GEWELDIG GROOT!
        Ek sal aanhou probeer die raad volg – maar beginpunt is lag.
        Groete

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: