Skip to main content

Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7

Ek is die Here. Ek is ’n God wat barmhartig en genadig is. Ek het geduld met mense. Ek is lojaal. Ek bly getrou. Ek bly vol liefde oor al die geslagte. Ek vergeef alles wat hulle verkeerd gedoen het. Ek laat sonde egter nie sommer verbygaan nie. (NLV)

1. Wat tref jou in die teks van God se houding en optrede teenoor mense? 

2. Dink na oor die impak wat dit op jou lewe sal hê as jy rekening hou beide met die feit dat God vergewe, maar ook geen sonde ongestraf laat verbygaan nie.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan God se genade en strengheid.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Eksodus 34 en my bydrae daaroor: Eksodus 34 – Ek is barmhartig en genadig, maar Ek laat niks ongestraf nie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar