Skip to main content

Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14

Dit is God wat ons verlos en gekies het om ’n toegewyde lewe te lei. Hy het dit gedoen, nie omdat ons dit verdien het nie, maar omdat dit sy plan was lank voor die begin van die wêreld, naamlik om sy genade aan ons te bewys deur Christus Jesus. En nou het Hy dit alles aan ons duidelik gemaak deur die koms van Christus Jesus, ons Verlosser, wat die mag van die dood verbreek het en aan ons, deur die Goeie Nuus, die weg gewys het na die onverganklike lewe. En God het my gekies om ’n prediker te wees, ’n apostel en ’n leermeester van dié Nuus. Dit is waarom ek hier in die tronk ly. Maar ek is nie skaam daaroor nie, want ek ken die Een op wie ek vertrou en ek is seker dat Hy sal bewaar wat Hy aan my toevertrou het, tot op die dag van sy koms. Hou vas aan die maatstaf van gesonde lering wat jy van my geleer het. En onthou om te lewe in die geloof en liefde wat jy in Christus Jesus het. Bewaar met die hulp van die Heilige Gees wat in ons woon, die kosbare skat wat aan jou toevertrou is. (NLV)

Paulus skryf in sy laaste brief aan Timoteus oor die noodsaak van getrouheid aan die evangelie. Timoteus moet homself herinner aan dié dinge wat Paulus hom geleer het, sodat hy sy getrouheid kan versterk en die passie van sy roeping soos ‘n vuur kan aanblaas in afhanklikheid van die Heilige Gees. Hy moet vashou aan die maatstaf van die gesonde lering wat hy ontvang het. Dan sal hy nie skaam wees om die evangelie te verkondig nie, en sy deel van die ontberings dra vir die evangelie, met die krag wat God gee. Dié getrouheid moet volgehou word in die konteks van mense wat juis die teenoorgestelde doen (Figelus en Hermongenes). Gelukkig is daar ook die  getroues soos Onesiforus wie se onbaatsugtige ondersteuning van Paulus in die tronk as voorbeeld en motivering kan dien.

1. Watter impak het beide die teenstanders van die gesonde leer as die voorstanders daarvan op jou eie geloof en lewe?

2. Paulus spel drie riglyne in die laaste drie reëls uit – Hou vas aan die gesonde lering, lewe in geloof en liefde, en bewaar die skat van die evangelie deur die Heilige Gees. Dink ná oor elke aspek en oorweeg hoe jy dit kan navolg.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan jou opdrag om vas te hou, in geloof en liefde te leef en die evangelie te bewaar.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van 2 Timoteus 1 en my bydrae daaroor: 2 Timoteus 1:1-18 – Getrou aan die evangelie.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar