Skip to main content

Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25

Ja, hulle het ’n Godsbesef gehad, maar tog het hulle Hom nie as God geëer of aan Hom dankbaarheid betoon nie. Inteendeel, hulle het vir hulleself allerlei belaglike voorstellings oor ’n godheid begin maak en hulle verdwaasde harte het heeltemal toegeslaan. Alhoewel hulle daarop aanspraak maak dat hulle danig slim is, het hulle in werklikheid heeltemal in dwaasheid verval – in so ’n mate dat hulle die verering van die onsterflike God met afgode vervang het wat sterflike mense en voëls en diere en slange uitbeeld. Om hierdie rede het God hulle aan hulle eie sondige hartstogte oorgegee, met die gevolg dat hulle onsedelikheid begin bedryf het deur oor en weer immorele praktyke met mekaar se liggame te beoefen. Hulle het immers so ver gegaan om die ware kennis van God te verkwansel vir die leuen en God se handewerk te vereer en te dien in plaas van die Skepper self – dié God wat vir ewig geprys behoort te word. (NLV)

1. Paulus is duidelik daaroor dat afgodediens nie net bestaan in die afbeeldings wat van afgode en hulle begeerlikheid gemaak word nie, maar dat dit ook sigbaar is in die verheerliking van die mens en sy begeerlikheid. Hoe dink jy daaroor? 

2. God se reaksie op die verheerliking van die mens – skepsels in plaas van die Skepper – is om hulle aan hulle eie sondige hartstogte oor te gee sodat hulle onsedelikheid met mekaar in immorele praktyke bedryf. Hoe dink jy oor hierdie tipe “oorgee”-aksie van God? Hoe laat dit jou dink oor seksualiteit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God bó alles gedien moet word, selfs in die wyse waarop jy jou seksualiteit uitleef.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Romeine 1 sowel as my bydrae daaroor: Romeine 1 – God spreek mense vry enkel en alleen omdat hulle glo.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar