Skip to main content

Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20

Ek is saam met Christus gekruisig. Ek leef nie meer nie, maar Christus lewe in my. Die lewe wat ek nou op aarde leef, leef ek deur geloof in die Seun van God, Hy wat sy liefde vir my bewys het deur in my plek te sterf. (NLV)

1. Paulus verduidelik hier dat geloof nie net gedagtes is wat jy glo nie. Geloof is baie prakties. Dit is om Christus toe te laat om jou lewe te bepaal. Hoe verstaan jy dit?

2. Paulus gebruik die kruis as metafoor om hierdie tipe geloofslewe te beskryf. Soos Christus sy liefde vir my bewys het deur aan die kruis te sterf, só bewys ek my liefde vir Hom deur Hom toe te laat om sy werk deur my lewe voort te sit. Hoe doen jy dit?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy lewe deur die geloof in Jesus Christus, trouens, dat Hy in jou en deur jou lewe.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Galasiërs 2 sowel as my bydrae daaroor: Galasiërs 1-2 – om met vertroue, verwagting en volharding te leef.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar