Skip to main content

Wat is die doop? – Matteus 28:18-20

Jesus kom toe nader en sê vir sy dissipels: “God het die volle mag oor hemel en aarde aan My toevertrou. Gaan dan, maak al die nasies my dissipels, en doop hulle in die Naam van die Vader en die Seun en die Heilige Gees. Leer hulle om alles te gehoorsaam wat Ek aan julle opgedra het. En weet vir seker: Ek is vir altyd by julle, tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis.” (NLV)

Matteus fokus die verhaal van die opstanding van Jesus op die wonder van die leë graf en die talle getuies wat Hom as die lewende Jesus ontmoet het. Kort en kragtig sê hy, Jesus het opgestaan, Hy lewe, en dít is iets wat almal moet weet.

Die dissipels word uitgenooi om by die Groot Opdrag na die wêreld betrokke te raak. Jesus t alle mag in die hemel en op aarde ontvang en vra dat hulle dissipels gaan maak van al die nasies, hulle doop in die Naam van die Drie-enige God, Vader, Seun en Heilige Gees, en hierdie dissipels leer om alles te onderhou wat Jesus hulle beveel het.

En Jesus voeg daaraan by dat Hy met sy dissipels sal wees tot aan die voleinding van die wêreldgeskiedenis.

1. Wat beteken die doop in die Naam van die Vader, Seun en Heilige Gees vir jou?

2. Wat beteken dit vir jou dat alle mag aan Jesus behoort en dat Hy met ons tot aan die einde van die wêreldgeskiedenis is?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner om aan hierdie Groot Opdrag gehoorsaam te wees.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 28 en my bydrae daaroor: Matteus 28 – Jesus staan op uit die dood en gee die Groot Opdrag aan sy dissipels.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar