Skip to main content

Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas

Hier is ‘n wonderlike hulpmiddel vir families wat Bybelverhale met hulle kinders wil deurwerk. Dit is die webtuiste Free Bible Images. Dit is ‘n webwerf waar jy gratis stelle Bybelverhaalprente (foto’s of illustrasies) kan aflaai om te gebruik in PowerPoint-, PDF-, Keynote- of JPEG-formate. Jy kan dit ook direk op jou rekenaar gebruik om die stories vir jou kinders te vertel.

Gebruik die Find a story op die spyskaart om ‘n Bybelverhaal volgens boek, karakter of tema te soek, of klik op die Photos, Illustrations of Contributors opsies in die hoofkieslys om deur die grafika te blaai.

Die vier verhale van Elia wat ek vanoggend in my preek gebruik het, kan jy bv by die Character spyskaart kry (daar is honderde!): Elia. Ek sluit ‘n paar van die grafika hieronder in om jou ‘n idee te gee hoe goed dit is.

Free bible Images is ‘n geregistreerde Christelike liefdadigheidsorganisasie. Dit word gefinansier deur skenkings. Hulle het ‘n hart vir besige mense en stel dié hulpmiddels gratis aan die wêreld beskikbaar as ‘n Christelike hulpbron.

 

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar