Skip to main content

Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees

1. Die Heilige Gees is ‘n onderskeibare Persoon in die Drie-enige God (Jes 48:6; 1 Kor 12:4-6; 2 Kor 13:14; Ef 4:4-6; Mat 28:19; Joh 14-16; 1 Pet 1:2). Dit beteken dat as jy ‘n verhouding met God het, het jy ook ‘n verhouding met die Heilige Gees. Trouens, jy kan nie sê dat Jesus die Here is, as die Gees nie in jou is nie (1 Kor 12:3). Die Heilige Gees is immers die Gees van Jesus Christus (Gal 4:6; Rom 8:9; Fil 1:19) sowel as die Gees van God die Vader (Joh 15:26; Hand 2:33). Jy kan ook nie ‘n verhouding met die Vader hê sonder die Gees nie (Luk 11:13; Rom 8:15; Ef 2:18).

2. Die Heilige Gees het soos ‘n duif uit die oopgeskeurde hemel neergedaal en op Jesus kom bly (Mark 1:9-11; Matt 3:16-17; Luk 3:21-22). God het Jesus so met die Heilige Gees en krag gesalf (Hand 10:38).

3. Jesus is die Een wat nou doop met die Heilige Gees (Joh 1:31-33). Hy doen dit deur die wedergeboorte en die vernuwing van die Heilige Gees (Tit 3:5-6).

4. Die wedergeboorte is om “van bo-af” deur die Gees ‘n kind van God gemaak te word (Joh 3:5-6; Eseg 36:25-27).

5. Die vernuwing is om van die Heilige Gees ‘n nuwe hart en ‘n nuwe gees te ontvang waardeur ons in God glo en Hom gehoorsaam (Jer 31:31-34; Eseg 36:26-27; 2 Kor 3:3-6,13-18). Die Heilige Gees vloei daarna soos lewende water uit ons binneste (Joh 7:37-39). Hy lei ons om die werke van die vlees dood te maak en te lewe in die Gees (Rom 8:1-17; Gal 5:16-25).

6. Die eerste ervaring van die Heilige Gees in groepe word as ‘n uitstorting (Hand 2:1-4; 2:17; 2:33; 8:15-17; 10:44-48; 19:1-7) of gawe van die Heilige Gees (Hand 2:38) beskryf. Petrus verbind die uitstorting van die Heilige Gees ook aan die doop met die Heilige Gees (Hand 11:15-17; 15:8).

7. Die eerste ervaring van die Heilige Gees as individu word as ‘n vervulling met die Heilige Gees beskryf (Luk 1:15; 1:41; 1:67; Hand 9:17). Die Heilige Gees vervul ons daarna herhaaldelik om deur ons gedrag en getuienis die koninkryk van God te laat kom (Hand 2:1-4; 4:8; 4:23-31; 7:55; 9:17; 9:31; 13:9; 13:52). ‘n Mens kan dan as vol van die Gees beskryf word (Hand 6:3,10; 11:24). Hierdie vervulling is iets waarop ons hele wese gefokus moet wees (Ef 5:18; 6:18).

8. Die Heilige Gees gee vir ons gawes soos Hy dit wil tot opbou van die liggaam van Christus (Rom 12; 1 Kor 12-14) . Daar is ‘n groot verskeidenheid van gawes – die NT noem ongeveer 23 – waarvan niemand almal het nie, maar alle gelowiges een of meer.

9. Die Heilige Gees salf ons met die kennis van die waarheid (1 Joh 2:18-29; Openb 3:18) en lei ons in die waarheid, want die Gees is die Waarheid (Joh 14-16; Gal 5:16-25). Hy gebruik primêr die Woord (Ef 6:17), maar ook in en deur ons (Mark 13:11; Matt 10:19-20; Luk 12:12).

10. Die Heilige Gees dra die vrug van liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, en selfbeheersing in ons (Gal 5:22).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…