Skip to main content

Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22

Vroegdag op pad terug na Jerusalem het Jesus honger geword en ’n enkele vyeboom langs die pad sien staan. Hy gaan toe na die boom, maar al wat Hy daaraan gekry het, was blare. Hy sê toe vir die boom: “Mag jy nooit weer vrugte dra nie!” Die boom het onmiddellik totaal verskrompel. Jesus het hulle geantwoord: “Ek verseker julle dat as julle glo en nie twyfel nie, julle nie net dieselfde sal kan doen nie, maar baie meer. Julle sal selfs vir hierdie berg kan sê: ‘God sal jou oplig en in die see gooi,’ en dit sal so gebeur. Alles wat julle in die gebed van God vra, sal julle ontvang, mits julle glo.” (NLV)

1. Jesus soek verniet “ontbyt” by ’n vyeboom, maar tevergeefs.  Hy gebruik die verdroging van die vyeboom om die dissipels iets te leer oor die krag van geloof in die uitvoering van hulle roeping: “Alles wat julle in die gebed vra, sal julle ontvang as julle glo.” Hoe bemoedig dit jou in die uitvoering van jou roeping?

2. Daar is ook ’n duidelike simboliese betekenis in die verhaal, want die vervloeking van die vyeboom is ook ’n inleiding tot sy gesprek met die Joodse leiers wat net hierna volg en waarin Hy hulle leweloosheid aan die kaak sal stel.  Jesus het gekom om die vrug van die Joodse vyeboom te geniet, maar verniet. Daarom praat Hy met hulle oor sy gesag en die noodsaak van gehoorsaamheid en geloof. Kan jy aan parallelle dink vandag?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die krag van geloof in die gehoorsaamheid aan jou roeping.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Matteus 21 en my bydrae daaroor: Matteus 21 – Jesus het ’n groot impak op Jerusalem en die Joodse leiers.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar