Skip to main content

God wil ons heilig maak

Ons het dié week gefokus op die vraag hoekom God ons aan die wet hou al kan niemand dit volmaak hou nie. Die antwoord wat vir my die meeste sin maak, is antwoord 115 van die Heidelbergse Kategismus.

God wil ons heilig maak.

Daarom het ons 1 ) nodig om ons sondige natuur hoe langer hoe beter te leer ken (Rom 3:20; 1 Joh 1:9; Ps 32:5) sodat ons 2) met groter verlange na die vergewing van sondes en na die geregtigheid in Christus kan soek (Matt 5:6; Rom 7:24, 25). Dit is net wanneer ‘n mens weet hoe verdorwe jou eie sondige natuur regtig is, dat jy die absolute noodsaak van verlossing besef.

Daardie sondebesef, saam met die dankbaarheid vir die verlossing, is 3) die kragte wat God in ons loslaat om ons te beweeg om sonder ophou ons te beywer en vir God te bid dat Hy die genade van die Heilige Gees vir ons sal gee, sodat ons altyd meer en meer na die ewebeeld van God vernuwe mag word totdat ons na hierdie lewe die volmaaktheid as doel bereik (1 Kor 9:24; Fil 3:12-14).

Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons heiligmaking

Die Here Jesus is die Apostel en Hoëpriester van ons belydenis (Hebr 3:1). Hy het eenmaal self gely onder versoeking. Daarom kan Hy dié help wat versoek word. So verseker die Hebreërskrywer ons (Hebr 3:18).

En Jesus se doel met ons lewe is ons heiligmaking.

Die Hebreërskrywer waarsku ons egter teen ongeloof en ongehoorsaamheid. Ons word opgeroep om aan God vas te hou en onwrikbaar aan sy Woord vas te hou met verwysing na die Israeliete in die woestyn. 

“Vandag as julle sy stem hoor, 8verhard julle harte nie soos in die verbittering, in die dag van die versoeking in die woestyn nie, 9waar julle vaders My versoek, My beproef het en my werke veertig jaar lank gesien het. 10Daarom het Ek vertoornd geword op daardie geslag en gesê: Altyd dwaal hulle met die hart. Maar húlle het my weë nie leer ken nie, 11sodat Ek in my toorn gesweer het: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.”

Die agtergrond hiervoor vind ons in Numeri 14 waar die volk gestruikel het oor die laaste hekkie om in die land Kanaän in te gaan, ‘n gedeelte waaroor ek later vandag gaan preek. Lees meer by Vier voorbidders vir die volk.

Die oproep aan ons as gelowiges is soos volg:

12Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. 13Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie. 14Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou.”

Dit is ‘n opdrag wat ons nie kan weier nie. Ons is saam hierin: 

4:1Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. 2Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle (‘n verwysing na Josua en Kaleb se pleitrede in die woestyn om die Here te vertrou en Hom te gehoorsaam); maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.”

Dit is iets wat ons self moet gehoorsaam:

9Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; 10want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. 11Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie.”

En waaraan ons gehoorsaam moet wees, is uiteraard presies die Woord van God wat Hy vir ons gegee het. Hoekom?:

12Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ’n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. 13En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.” (Hebr 3:18-4:13 OAV)

Dit is die Here Jesus self wat dié Woord van God gebruik in ons lewe. Hy help ons om die Woord te gehoorsaam en ons lewe op God se woorde te bou. Sodat ons in die proses van heiligmaking die volmaaktheid in Christus kan bereik, al is dit dan eers ná ons dood.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.