Skip to main content

Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10

Die mens se hart is deur en deur bedrieglik en boos. Wie weet regtig hoe sleg dit is? Maar Ek weet! Ek, die Here, deursoek mense se harte en geheime motiewe. En Ek gee aan almal wat hulle toekom, volgens wat hulle gedoen het. (NLV)

1. Wat is jou ervaring van die rol wat motiewe speel? In jou eie lewe en in dié van ander?

2. Jeremia herinner ons dat God beter weet wat in ons hart aangaan as wat ons self weet! Dit is waarom die Bybel dit as lewensnoodsaaklik beskou dat ons ons motiewe altyd toets aan God se openbaring. Ter wille van onsself! Hoe dink jy daaroor?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan om alles wat jy doen te toets aan die Woord.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Jeremia 17 en my bydrae daaroor:Jeremia 17 – Ek, die Here, deurgrond en toets hart en verstand.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar