Skip to main content

Vraag 16: Wat is afgodery?

1. Wat is afgodery? Wat sluit dit alles in? Hoe kan ‘n mens jou daaraan skuldig maak?

2. Lees my antwoord op die vraag en oordink dit.

Afgodery is om God se werke eerder as God self te aanbid; om my vertroue te stel in iets wat ek uitdink of besit. Afgodery is om die verering van die onsterflike God met sterflike afbeeldings, menslike uitdinksels of aardse besittings te vervang en betekenis en blydskap, hoop en sekerheid daarin te soek. Daarmee word die ware kennis van God verkwansel vir die dwaasheid van die leuen.

3.Ons is geneig om afgodery met beelde en heidense godsdienste te assosieer. Calvyn het ons herinner dat die hart voortdurend ‘n fabriek van afgode is. Ook allerlei bygelowe het hy as afgodery beskou. Hy het selfs kerke wat nie by die waarheid van die Skrif bly nie, beskou as tempels van afgode, omdat hulle valse leringe die plek van die waarheid van die ware God ingeneem het. Hoe dink jy daaroor?

4. Lees die verhaal van Gideon in Rigters 6:1-32. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

Die Israeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here. Hy het hulle toe aan die Midianiete onderwerp. Toe die Israeliete by die Here soebat, het Hy ’n profeet na hulle toe gestuur. Die Here wou nie hê dat hulle afgode soos Baäl vertrou nie. Die Engel van die Here het aan Gideon verskyn en hom moed ingepraat. Hy het sy pa se altaar vir Baäl afgekap. Hy het ’n stewige altaar vir die Here gebou en aan Hom alleen geoffer. Met net 300 man het die Here Gideon gebruik om die Midianiete te verslaan. Baäl was hulpeloos, want afgode is nutteloos.

6. Gideon se verhaal demonstreer die hulpeloosheid van afgode as ‘n hoopvolle boodskap aan die hele volk van Israel. Maar, dit is terselfdertyd ‘n waarskuwende boodskap aan enigeen wat iets anders as God se waarheid bevorder of sy of haar sekerheid daarin soek. Watter “afgode” is daar nog in jou lewe waarop jy eerder vertrou as op God?

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda