Skip to main content

Die belofte van die ewige lewe

Ons kom aan die einde van my bydraes oor die 52 vrae in die boek Wie is God? Dit was ‘n wonderlike reis saam met julle almal. Dit is dan ook gepas om af te sluit met die belofte van die ewige lewe.

Ek gee vir julle twee skakels na wat ek reeds in Bybelskool oor die twee laaste hoofstukke in die Bybel geskrywe het. Lees dit en verheug jou in die gebeurtenis wat aan die een kant die einde van alles is, maar tegelykertyd ook ook die begin van alles is. Die volmaakte lewe saam met God. Die ewige lewe.

God is waarlik die Alfa en die Omega. Die begin en die einde.

‘n Ietsie ekstra:

Die heerlikheid van God

Die heerlikheid van God is ‘n ontsagwekkende kaleidoskoop van kleure. Johannes sê in Openbaring dat Hy die voorkoms het van ‘n kristalhelder Jaspissteen – groen (Openb 21:10-11). Op ‘n ander plek sê Johannes dat God ook die voorkoms van Karneool het – rooi. Trouens, rondom sy troon is ‘n reënboog of “halo” (iris) wat soos smarag (σμαράγδινος) skyn – ook groen (Openb 4:3).

Daarmee word natuurlik ‘n verband gelê met die OT teken van die reënboog (qěšěṯ) met sy betekenis as ‘n teken van die verbond van God met die aarde en almal daarop om nie weer die hele aarde met water te vernietig nie (Gen 9:12-17).

Esegiël beskryf sy troon as gebou van saffiere – blou – en sy voorkoms soos blinkende brandende metaal: “Die glans rondom was soos dié van die reënboog in ’n wolk na die reën.” (Eseg 1:22-28). Soos Moses dit ook in Eksodus doen: “onder sy voete was ’n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.” (Eks 24:9)

Let op dat dit aan die een kant die primêre kleure is waarmee alle fotograwe werk, RGB, Rooi-Groen-Blou. Die beskrywing van God hou ook verband met die primêre kleure van die verf waarmee kunstenaars werk: rooi, geel, blou. Maar hier is dit veral die primêre kleure van lig wat in fokus is.

Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem

Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem eggo God se heerlikheid, want die belangrikste boustof van die mure is ook Jaspis. Die stad is verder van suiwer goud gebou. Die glans daarvan is soos suiwer glas of kristal.

Die fondamente van die stad is versier met edelgesteentes, twaalf van die sogenaamde anisotropiese edelgesteentes wat nie net hulle eie kleur het nie, maar onder suiwer lig al die kleure van die reënboog aanneem. Interessant is dat daar nie isotropiese edelgesteentes op die fondamente is nie, want wanneer daar suiwer lig op hulle val, dan raak hulle swart of grys. Dit is dinge soos diamante of robyne.

Dit is nie iets wat Johannes in die eerste eeu van ons jaartelling sou geweet het nie. ‘n Getuienis van God se kennis wat allesomvattend is.

Dit is die 12 edelgesteentes waarmee die fondamente versien is, die fondamente waarop die name van die twaalf apostels van die Lam geskrywe staan:

Jaspis is ook groen, anders as in hierdie grafika
  1. JASPIS (ἴασπις) – groen – die hele stad Jerusalem is van japisstof gebou(Openb 21:10-11), maar dit is ook die eerste edelgesteente op die fondamente (Openb 21:19);
  2. SAFFIER (σάπφιρος) – blou (Openb 21:19);
  3. AGAAT (χαλκηδών) – melkerig grys (Openb 21:19);
  4. SMARAG (σμάραγδος) – groen (Openb 21:19);
  5. SARDONIKS (σαρδόνυξ) – wisselende kleure (Openb 21:20);
  6. KARNEOOL (σάρδιον – Sardius) – rooi (Openb 21:20);
  7. CHRISOLIET (χρυσόλιθος) – geelgoud (Openb 21:20);
  8. BERIL (βήρυλλος) – blou of groen (Openb 21:20);
  9. TOPAAS (τοπάζιον) – geel (Openb 21:20);
  10. CHRISOPRAAS (χρυσόπρασος) – groen (Openb 21:20);
  11. HIASINT (ὑάκινθος) – blou (Openb 21:20);
  12. AMETIS (ἀμέθυστος) pers of violet (Openb 21:20).[1]
Met suiwer lig daarop gefokus
Dieselfde lig op iets soos ‘n diamant

En dan is daar nog die poorte van die stad wat elkeen uit ‘n kosbare massiewe pêrel gebou is en die strate van goud wat so deurskynend soos glas is.


[1] Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.24.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Inleiding op JakobusJesus en Jakobus is halfbroers deur Maria. Hulle het dieselfde ma, maar nie dieselfde pa nie. Josef was Jakobus se pa. God was Jesus se Vader.
  • Betsy Bester on Inleiding op JakobusHoekom word daar verwys Na Jakobus as Jesus Se halfbroer in die 83 vertaling
  • Chris van Wyk on Hosea 4:1-5:7Juda is op hierdie punt gewaarsku (ongeveer 740 vC), en hulle het veral onder koning Hiskia 'n paar dekades later die Here weer gedien. Maar, uiteindelik het hulleself onder die oordeel gekom weens die wydverspreide sondes van die konings, priesters, en gewone mense, en is in ballingskap weggevoer i…
  • Renier on Hosea 4:1-5:7Goeie more. Verstaan ek reg? Die Juda-lyn was gewaarsku, nie ook veroordeel nie? En wat beteken dit vir ons wat daarna verwek was?
  • Chris van Wyk on Lukas 23Ek stuur.
  • Elma Bosch on Lukas 23Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Kan u dit asb vir my email na elmab0708@gmail.com
  • Trudie Vorster on Nuusbrief Mei 2025Prys die Here🙏🙏🙏
  • Chris van Wyk on Matteus 27Ek waardeer die terugvoer. Ek stuur vir jou die lêers per e-pos.
  • briefly31ea27a91f on Matteus 27Baie dankie, ek doen die bybelstudies saam met u en lees ook die bybel kronologies saam, ek waardeer dit werklik.. Ek stel baie belang in die elektroniese lêer van die 4 Evangelies langs mekaar. Is dit moontlik om dit ook vir my te stuur. E-pos : heydenrychwilma1961@gmail.com Ek is van die NG Gemeen…
  • Chris van Wyk on Matteus 27Hi Neels, ons lees nie in die NT dat Petrus eksplisiet sy sonde voor die Here bely en om vergifnis vra nie. Ons sien wel dat dit indirek gebeur met sy hartseer in die voorhof ná hy die Here Jesus verloën het (Luk. 22:62). Ons sien dit ook in sy keuse om na Jesus te gaan op die strand en in die gespr…
  • Neels Fourie on Matteus 27Goeie more prof, kan jy vir my die skrif stuur waar Petrus vergifnis gevra het asb
  • Chris van Wyk on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afEk sien self uit na die reis!
  • Dianne on Lees Handelinge en die NT briewe kronologies saam met my deur van 7 Junie afBaie dankie vir die geleentheid om saam met julle deur die woord te reis.Amen
  • andrebrophy812 on Johannes 17Good day sir. Thank you for the meaningful insight. May the Good Lord bless and keep your own spirit always in connection with the Holy spirit
  • Chris van Wyk on SubscribeWelkom. Ek stuur na jou Inbox.