Skip to main content

Die belofte van die ewige lewe

Ons kom aan die einde van my bydraes oor die 52 vrae in die boek Wie is God? Dit was ‘n wonderlike reis saam met julle almal. Dit is dan ook gepas om af te sluit met die belofte van die ewige lewe.

Ek gee vir julle twee skakels na wat ek reeds in Bybelskool oor die twee laaste hoofstukke in die Bybel geskrywe het. Lees dit en verheug jou in die gebeurtenis wat aan die een kant die einde van alles is, maar tegelykertyd ook ook die begin van alles is. Die volmaakte lewe saam met God. Die ewige lewe.

God is waarlik die Alfa en die Omega. Die begin en die einde.

‘n Ietsie ekstra:

Die heerlikheid van God

Die heerlikheid van God is ‘n ontsagwekkende kaleidoskoop van kleure. Johannes sê in Openbaring dat Hy die voorkoms het van ‘n kristalhelder Jaspissteen – groen (Openb 21:10-11). Op ‘n ander plek sê Johannes dat God ook die voorkoms van Karneool het – rooi. Trouens, rondom sy troon is ‘n reënboog of “halo” (iris) wat soos smarag (σμαράγδινος) skyn – ook groen (Openb 4:3).

Daarmee word natuurlik ‘n verband gelê met die OT teken van die reënboog (qěšěṯ) met sy betekenis as ‘n teken van die verbond van God met die aarde en almal daarop om nie weer die hele aarde met water te vernietig nie (Gen 9:12-17).

Esegiël beskryf sy troon as gebou van saffiere – blou – en sy voorkoms soos blinkende brandende metaal: “Die glans rondom was soos dié van die reënboog in ’n wolk na die reën.” (Eseg 1:22-28). Soos Moses dit ook in Eksodus doen: “onder sy voete was ’n plaveisel soos saffiersteen, so blou soos die hemel self.” (Eks 24:9)

Let op dat dit aan die een kant die primêre kleure is waarmee alle fotograwe werk, RGB, Rooi-Groen-Blou. Die beskrywing van God hou ook verband met die primêre kleure van die verf waarmee kunstenaars werk: rooi, geel, blou. Maar hier is dit veral die primêre kleure van lig wat in fokus is.

Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem

Die heerlikheid van die nuwe stad Jerusalem eggo God se heerlikheid, want die belangrikste boustof van die mure is ook Jaspis. Die stad is verder van suiwer goud gebou. Die glans daarvan is soos suiwer glas of kristal.

Die fondamente van die stad is versier met edelgesteentes, twaalf van die sogenaamde anisotropiese edelgesteentes wat nie net hulle eie kleur het nie, maar onder suiwer lig al die kleure van die reënboog aanneem. Interessant is dat daar nie isotropiese edelgesteentes op die fondamente is nie, want wanneer daar suiwer lig op hulle val, dan raak hulle swart of grys. Dit is dinge soos diamante of robyne.

Dit is nie iets wat Johannes in die eerste eeu van ons jaartelling sou geweet het nie. ‘n Getuienis van God se kennis wat allesomvattend is.

Dit is die 12 edelgesteentes waarmee die fondamente versien is, die fondamente waarop die name van die twaalf apostels van die Lam geskrywe staan:

Jaspis is ook groen, anders as in hierdie grafika
  1. JASPIS (ἴασπις) – groen – die hele stad Jerusalem is van japisstof gebou(Openb 21:10-11), maar dit is ook die eerste edelgesteente op die fondamente (Openb 21:19);
  2. SAFFIER (σάπφιρος) – blou (Openb 21:19);
  3. AGAAT (χαλκηδών) – melkerig grys (Openb 21:19);
  4. SMARAG (σμάραγδος) – groen (Openb 21:19);
  5. SARDONIKS (σαρδόνυξ) – wisselende kleure (Openb 21:20);
  6. KARNEOOL (σάρδιον – Sardius) – rooi (Openb 21:20);
  7. CHRISOLIET (χρυσόλιθος) – geelgoud (Openb 21:20);
  8. BERIL (βήρυλλος) – blou of groen (Openb 21:20);
  9. TOPAAS (τοπάζιον) – geel (Openb 21:20);
  10. CHRISOPRAAS (χρυσόπρασος) – groen (Openb 21:20);
  11. HIASINT (ὑάκινθος) – blou (Openb 21:20);
  12. AMETIS (ἀμέθυστος) pers of violet (Openb 21:20).[1]
Met suiwer lig daarop gefokus
Dieselfde lig op iets soos ‘n diamant

En dan is daar nog die poorte van die stad wat elkeen uit ‘n kosbare massiewe pêrel gebou is en die strate van goud wat so deurskynend soos glas is.


[1] Louw, J.P. & Nida, E.A., 1996. Greek-English lexicon of the New Testament: based on semantic domains, 1, p.24.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…