Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26

13 Julle, broers, is tog tot vryheid geroep. Moet net nie julle vryheid misbruik sodat dit aanleiding gee vir ons sondige aard nie, maar dien mekaar deur liefde. 14 Want die hele wet word in één uitspraak vervul: “Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” 15 As julle mekaar byt en verslind, pas op dat julle mekaar nie verteer nie! 16 Maar ek sê: Leef deur die Gees, dan sal julle beslis nie die begeertes van ons sondige aard uitvoer nie, 17 want ons sondige aard begeer teen die Gees, en die Gees begeer teen ons sondige aard; die twee opponeer mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle ook al wil nie. 18 As julle egter deur die Gees gelei word, staan julle nie onder die toesig van die wet nie. 19 Die praktyke van ons sondige aard is goed bekend, naamlik onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, 20 afgodery, towery, vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring, 21 afguns, dronkenskap, orgies en hierdie soort dinge —waarteen ek julle nou weer waarsku, soos ek julle vroeër gewaarsku het, naamlik dat diegene wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal beërf nie. 22 Maar die vrug van die Gees is: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, 23 sagmoedigheid, selfbeheersing. Teen hierdie soort dinge is daar nie ‘n wet nie. 24 Almal wat aan Christus Jesus behoort, het ons sondige aard saam met sy hartstogte en begeertes gekruisig. 25 Aangesien ons deur die Gees leef, moet ons ook volgens die Gees optree. 26 Laat ons nie verwaand wees, mekaar uittart of op mekaar jaloers wees nie. (BDV)
In die eerste deel van hoofstuk vyf beklemtoon Paulus dit dat die evangelie wat hy verkondig, die evangelie van genade is wat deur die Gees in hulle lewens aan die gang gesit is, ‘n genade wat hulle leer om hulle geloof deur die liefde in dade om te sit. Hulle is vry om God te dien. Sola gratia.
Paulus maak daarom ’n dringende appèl op hulle om nie hulle band met hierdie genade van de Here Jesus Christus te verloor deur die dwaasheid van die Joodse wetsdrywers nie. En hy maak aanspraak op die persoonlike band wat hom met hulle verbind. Om die waarheid te sê, hy vertrou dat hulle vas sal bly staan in wat hy hulle geleer het, en hoop dat die dwaalleraars liewer hulleself ernstig sal beseer …
Paulus gaan so ver as om te sê dat jy die genade van God verbeur as jy jou besny. Jy verloor jou vryheid. Want, dan moet jy die hele wet nakom. Jy kan nie selektief wees en net een of twee goed kies wat jou pas om na te kom nie. Daarom dat hy sê dat in die evangelie van genade: “Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan” (Gal. 5:6).
Ons geloof in Christus moet deur die liefde in dade omgesit word
Paulus probeer hiermee dus die volgende regkry:
- Hulle identiteit moet in die genade van Christus gesoek word en nie in die Joodse wet- en kultuurgebruike nie, anders loop hulle gevaar om terug te val in ’n eksklusiewe Joodse geloof en dit by mense wat nie eers ware Jode is nie. Hulle is juis vrygemaak van die las van die wet.
- Hulle gedrag moet in ’n geloofsverhouding met Christus gevestig wees deur die werk van die Gees, anders loop hulle gevaar om te leef dat hulle Christus se genade kan verbeur. Hulle is juis vrygemaak van die las van die sonde.
En moenie dink dat ons vry is van hierdie versoeking om die wet na te kom nie. Dink net terug aan die Sabbat wetgewing wat nog tot onlangs deel van ons land se wette was (nogal toegepas op ’n Sondag!) en in die kerk met oorgawe nagevolg is. Dit het berus op ’n Joodse interpretasie van die wet, nogal ’n verskraalde een, want ons het nie die besnydenis toegepas nie! En dan praat ons nie eers van die stig van aparte kerke wat op ’n ras-gebaseerde interpretasie van die Skrif begrond was nie, en eweneens ’n wet vir die gemeenskap van gelowiges geword het nie. Ons kerk ly nou nog aan die gevolge van daardie dwaasheid.
Die wet is nie ‘n toetrede riglyn waardeur jy die geloofsgemeenskap kan binne kom nie. Die wet het wel die funksie dat dit jou van jou sonde bewus maak, dat dit die boosheid beperk. Maar sy grootste funksie in die gelowige se lewe is dat dit ‘n reël van dankbaarheid is. Dit is ‘n gedragsriglyn. Die diepste betekenis van die wet lê in die lewenstyl wat God deur sy Gees in ons vestig sodat ons van binne af volgens sy wil kan lewe.
Paulus se woorde is dus gemik teen enige reël wat ons van toepassing maak op die gemeenskap van die gelowiges as ‘n hekkie waaroor ons moet kom om deel van die gemeenskap van gelowiges te raak, en wat nie met geloof en die genade van die Here Jesus Christus in die eerste en enigste plek te make het nie.
Om dit saam te vat: “Al wat van belang is, is geloof wat deur die liefde tot dade oorgaan”. Dit is wat die evangelie van genade van ons vra.
Dra die vrug van die Gees in die gemeenskap van gelowiges
In die laaste deel van hoofstuk 5 aan die Galasiërs fokus Paulus op die Heilige Gees. En verkondig hy dat die geheim van ’n Gees vervulde lewe is om onder beheer van die Gees te lewe, om in gelid te kom met Hom en met Hom te wandel (peripateō), en nie onder beheer van die wet of die sondige natuur nie. Jou keuse bepaal die rigting waarin jou lewe ontwikkel.
- Óf jy dra al hoe meer die vrug van die Gees en loop die pad saam met Hom; Óf jy word beheer deur jou sondige begeertes en loop die pad van die sonde;
- Óf jy lewe in die kragveld van die Gees deur in gelid met Hom te wees; Óf jy leef in die kragveld van die vlees deur die vlees toe te laat om te oorheers in jou lewe.
Dit is hoe God se genade tot sy reg kom in jou lewe … óf nie.
Kyk, as jy van ‘n skip afval en verdrink, maak dit nie veel saak van watter kant van die skip jy in die water val nie, so sê Maarten Luther.
- Jy kan die genade van God verbeur as jy deur jou goeie dade en deur jou wetsgehoorsaamheid die Here probeer tevrede stel. En dit is verskriklik dat ‘n mens jou só ‘n dubbele las oplê. Om jou hier te onthou van bv. vleis, omdat jy dink dit sal die Here behaag, en dan agter te kom dat jy die ewigheid gemis het.
- Maar jy kan die genade van God ook verbeur as jy aan die ander kant jou vryheid misbruik om in die sonde voort te leef. Soos Judas, die ander broer van Jesus, in sy brief daaroor skrywe: “Hulle misbruik die genade van ons God. Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe.” (vers 4). Wat hulle egter as vryheid verheerlik, sal hulle suur bekom in die hiernamaals, sê Judas. Verskriklik is hulle lot. Hier is hulle vasgevang in die moeras van hulle eie sonde. In die hiernamaals sal hulle vir ewig die straf van God oor die sonde moet dra.
Maar Paulus is van beter oortuig van die Galasiërs, al is hy in barensnood dat hulle weer die pad van die Gees sal bewandel. Daarom vermaan hy hulle om nie die genade te misbruik om sonde te doen nie, maar onder beheer van die Gees te lewe. “Dien mekaar deur liefde. Want die hele wet word in één uitspraak vervul: ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’” (Lev. 19:18).
Die lewe onder beheer van die Gees is dus ‘n lewe in die gemeenskap van gelowiges waar jy jou naaste lief het soos jouself. Jou vryheid bestaan daarin dat jy in liefde leef met almal wat deel is van die geloofsgemeenskap.
Moenie die sondige praktyke van jou sondige aard uitvoer nie
Dit beteken dat jy sekere sondige praktyke (let op die meervoud, met die klem op wat mense doen) binne die gemeenskap van gelowiges sal vermy, daarvan af sal wegvlug, die begeertes van jou sondige vlees nie sal uitvoer nie. Agt van die 15 sondige praktyke het met die konflik van liefdeloosheid in die gemeenskap van gelowiges te make: vyandskap, twis, jaloesie, woede, selfsug, tweespalt, skeuring en afguns.
Dit beteken ook dat jy jou persoonlike GEDRAG vry van sondige praktyke sal hou, dat jy daarvan sal wegvlug, dat jy die begeertes van jou sondige vlees nie sal uitvoer nie. Paulus wys hulle op sekere slegte moreel-etiese praktyke: onsedelikheid, onreinheid, losbandigheid, dronkenskap (dronk-drink partytjies) en orgies (oordadige gefuif) asook die navolg van verkeerde godsdienstige praktyke: afgodery (beeld-aanbidding) en towery (gebruik van magiese voorwerpe).
Daarteenoor staan die vrug van die Gees (let op die enkelvoud, met die klem op hoe ‘n mens is) wat jou laat vasstaan in die vryheid van die genade van God. Dit het eweneens direk met PERSOONLIKE GEDRAG binne die gemeenskap van die gelowiges te make: liefde, blydskap, vrede, geduld, vriendelikheid, goedheid, getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing. Jou vryheid in Christus maak jou verantwoordelik binne die gemeenskap van die geloof.
Maar belangrik, die dinge is nie soseer iets wat jy doen nie, dit is iets wat in jou groei deur die werk van die Heilige Gees. Dit dui ’n manier van omgaan met ander aan, ’n manier van wees.
Uitleggers wys gereeld daarop dat hier 3 groepe van 3 deugdes genoem word. In lyn daarmee sal ek dit ook só kan voorstel:
- Gawes vir jou innerlike lewe: liefde, blydskap, vrede;
- Gawes vir jou gedrag in die gemeente: geduld, vriendelikheid, goedheid;
- Gawes vir jou gedrag in die gemeenskap: getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.
Die lewe in die Gees het dus alles te make met ’n mens se gedrag in die gemeenskap van die gelowiges. Jou gedrag word bepaal deur die liefde vir die naaste. Dit is wat die Gees in ons laat groei. Daarom sê Paulus in vers 25: “Aangesien ons deur die Gees leef, moet ons ook volgens die Gees optree”. Die Griekse woord vir optree (stoicheō) beteken dat ons sy standaarde navolg, dat ons in gelid met sy leiding en insig binne die gemeenskap van gelowiges moet optree. Die Gees se standaarde bepaal dus die liefde tot die naaste.
Staan vas in die vryheid van Christus se genade
Kom ons vat die boodskap van Paulus tot dusver saam.
1. Omhels die vryheid wat Christus vir jou gebring het van die wet sowel as van die sonde. Ons moet ons vryheid geniet, die vryheid wat Christus gebring het.
- Ons is vry van die vloek van die wet.
- Ons is vry van die skuld van Adam.
- Ons is vry van veroordeling.
- Ons is vry van die skuld, die mag en die slawerny van sonde.
- Ons is vry van die mag van Satan.
- Ons is vry om God se erfenis in besit te neem.
2. Beskerm jou vryheid. Moenie weer aan die wet gehoorsaam word nie, ook nie aan die sonde nie. Vryheid moet nooit ‘n aanleiding wees vir die begeertes van jou sondige self nie, maar jou aanmoedig om in die liefde te leef soos die Gees jou lei.
3. Ontgin (express) jou vryheid. Dit sluit die verwagting en hoop op God se werk in jou lewe in, maar ook die aanmoediging om jou vryheid in dade van geloof in liefde uit te druk. Ons is vry om lief te hê. Ons is vry om nie te sondig nie. Dink daaraan: jy hoef nie te sondig nie, want jy is vry!
4. Gebruik jou vryheid. Jou vryheid is nie gemik op jou eie behoeftes en begeertes nie. Jou vryheid is gemik op diens aan medegelowiges onder leiding van die Heilige Gees. Moenie in sonde val nie, maar dien mekaar in liefde. Ons is geroep tot vryheid en moet dié kosbare roeping uitleef! Vryheid is nie rebellie teen God se wil nie. Die interessante is dat jy dan sal uitvind dat jy die wet nakom, nie in die spesifieke detail van die rituele en seremonies daarvan nie, maar in die intensie daarvan, om God lief te hê en ander soos jouself.
5. Ontwikkel (expand) jou vryheid. Laat die Gees jou lei dat jy nie swig voor die begeertes en versoekings van die vlees nie en jy die vrug van die Gees kan dra. Die wat aan Christus behoort, het immers hulle sondige natuur met al sy hartstogte en begeertes gekruisig! Daarvan moet ons vlug van alle seksuele, godsdienstige en sosiale kategorieë van begeertes van die vlees soos Paulus dit in vyftien aspekte hier vir ons uitspel, en dan ook nog byvoeg: “en dergelike dinge”.
Ons kan nie bekostig om die vlees, die dier in ons, te voed nie. Ons kan die mag daarvan net ontvlug as ons vasstaan in die vryheid waartoe Christus ons geroep het deur te fokus op die Gees, om op die akker van die Gees te saai, soos hfst. 6 gaan sê.
Ek sluit af. Die geestelike lewe is ‘n stryd tussen die Gees en die vlees. Jy sal óf die een gehoorsaam óf die ander. Jy kan nie doen wat jy wil nie, sê Paulus.
Jy kan jou aan die beheer van die Gees oorgee wat jou in die vryheid van die genade van die Here Jesus Christus sal laat vasstaan en sy vrug in jou lewe sal dra. Óf jy kan jouself oorgee aan die begeertes van jou sondige natuur wat jou sal laat vasval in seksuele, godsdienstige en sosiale sondige begeertes. En jy sal dink dat jy vry is om te doen wat jy wil, maar jy sal doodgewoon ‘n slaaf word van jou eie begeertes.
My gebed is dat jy sal vasstaan in die vryheid wat Christus jou gee deur die genade van die vergifnis wat Hy bewerk het vir jou aan die kruis. En om die Gees toe te laat om jou lewe skoon te maak en vas te laat staan in die vryheid van sonde sodat jou geloof deur die liefde sal oorgaan in dade. Sola gratia.
View all posts in this series
- Vraag 1: Wat is God? - August 27, 2018
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9 - August 28, 2018
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15 - August 29, 2018
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28 - August 30, 2018
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19 - August 31, 2018
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 1, 2018
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17 - September 2, 2018
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid? - September 3, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17 - September 4, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6 - September 5, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8 - September 6, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13 - September 7, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 8, 2018
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38 - September 9, 2018
- Vraag 3: Wat is die mens? - September 10, 2018
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28 - September 11, 2018
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10 - September 12, 2018
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24 - September 13, 2018
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11 - September 14, 2018
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 15, 2018
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester - September 16, 2018
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? - September 17, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31 - September 18, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5 - September 19, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9 - September 20, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28 - September 21, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte - September 22, 2018
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104 - September 23, 2018
- Vraag 5: Hoe ken jy God? - October 8, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21 - October 9, 2018
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96 - October 10, 2018
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20 - October 11, 2018
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10 - October 12, 2018
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 13, 2018
- God bestaan en God praat – Psalm 19 - October 14, 2018
- Vraag 6: Wat is die Bybel? - October 15, 2018
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21 - October 16, 2018
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112 - October 17, 2018
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12 - October 18, 2018
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27 - October 19, 2018
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 20, 2018
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24 - October 21, 2018
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees? - October 22, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8 - October 23, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27 - October 24, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35 - October 25, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17 - October 26, 2018
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte - October 27, 2018
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12 - October 28, 2018
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - October 29, 2018
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56 - October 30, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80 - October 31, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128 - November 1, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14 - November 2, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament - November 3, 2018
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? - November 4, 2018
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet? - November 5, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20 - November 6, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4 - November 7, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11 - November 8, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus - November 9, 2018
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis - November 10, 2018
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40 - November 11, 2018
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie? - November 12, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4 - November 13, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10 - November 14, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31 - November 15, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20 - November 16, 2018
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte - November 17, 2018
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia - November 18, 2018
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? - November 19, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25 - November 20, 2018
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11 - November 21, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21 - November 22, 2018
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4 - November 23, 2018
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte - November 24, 2018
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32 - November 25, 2018
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? - November 26, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26 - November 27, 2018
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48 - November 28, 2018
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32 - November 29, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26 - November 30, 2018
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte - December 1, 2018
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba - December 2, 2018
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? - December 3, 2018
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12 - December 4, 2018
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31 - December 5, 2018
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10 - December 6, 2018
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10 - December 7, 2018
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte - December 8, 2018
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus - December 9, 2018
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie - January 5, 2019
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? - January 14, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7 - January 15, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10 - January 16, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20 - January 17, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20 - January 18, 2019
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte - January 19, 2019
- God wil ons heilig maak - January 20, 2019
- Vraag 15: Wat is sonde? - January 21, 2019
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43 - January 22, 2019
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11 - January 23, 2019
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10 - January 24, 2019
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15 - January 25, 2019
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte - January 26, 2019
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood - January 27, 2019
- Vraag 16: Wat is afgodery? - January 28, 2019
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4 - January 29, 2019
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9 - January 30, 2019
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25 - January 31, 2019
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20 - February 1, 2019
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte - February 2, 2019
- Gideon verruil God vir afgode - February 3, 2019
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? - February 4, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6 - February 5, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7 - February 6, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15 - February 7, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20 - February 8, 2019
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte - February 9, 2019
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag - February 10, 2019
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? - February 11, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32 - February 12, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70 - February 13, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21 - February 14, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10 - February 15, 2019
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte - February 16, 2019
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou - February 17, 2019
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig? - February 18, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6 - February 19, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6 - February 20, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18 - February 21, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8 - February 22, 2019
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte - February 23, 2019
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom! - February 24, 2019
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? - February 25, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4 - February 26, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17 - February 27, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4 - February 28, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3 - March 1, 2019
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte - March 2, 2019
- Die krag van die kruis - March 3, 2019
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood? - March 4, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9 - March 5, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20 - March 6, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21 - March 7, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14 - March 8, 2019
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte - March 9, 2019
- Tien woorde van Troos - March 10, 2019
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word? - March 11, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17 - March 12, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29 - March 13, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17 - March 14, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9 - March 15, 2019
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte - March 16, 2019
- As iemand nie van bo-af gebore word nie - March 17, 2019
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus? - March 18, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2 - March 19, 2019
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28 - March 20, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20 - March 21, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24 - March 22, 2019
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte - March 23, 2019
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig - March 24, 2019
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan? - March 25, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7 - March 26, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6 - March 27, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14 - March 28, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6 - March 29, 2019
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte - March 30, 2019
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom - March 31, 2019
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? - April 1, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10 - April 2, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30 - April 3, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8 - April 4, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17 - April 5, 2019
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte - April 6, 2019
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof - April 7, 2019
- Vraag 26: Wat is die Vader? - April 8, 2019
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7 - April 9, 2019
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16 - April 10, 2019
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6 - April 11, 2019
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17 - April 12, 2019
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte - April 13, 2019
- Ek is doodsbenoud - April 14, 2019
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019 - April 15, 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun? - April 29, 2019
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11 - April 30, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16 - May 1, 2019
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20 - May 2, 2019
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7 - May 3, 2019
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte - May 4, 2019
- Die Seun is die Woord van God - May 5, 2019
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? - May 6, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38 - May 7, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5 - May 8, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5 - May 9, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18 - May 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte - May 11, 2019
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna - May 12, 2019
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? - May 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22 - May 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11 - May 15, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25 - May 16, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18 - May 17, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte - May 18, 2019
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56 - May 19, 2019
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? - May 20, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20 - May 21, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18 - May 22, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12 - May 23, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24 - May 24, 2019
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte - May 25, 2019
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3 - May 26, 2019
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? - May 27, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7 - May 28, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3 - May 29, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11 - May 30, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34 - May 31, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte - June 1, 2019
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11 - June 2, 2019
- Blaaskans vir Pinkster - June 3, 2019
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? - June 10, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24 - June 11, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10 - June 12, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9 - June 13, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8 - June 14, 2019
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte - June 15, 2019
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18 - June 16, 2019
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? - June 17, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2 - June 18, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14 - June 19, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23 - June 20, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14 - June 21, 2019
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte - June 22, 2019
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1 - June 23, 2019
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? - June 24, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16 - June 25, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16 - June 26, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13 - June 27, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8 - June 28, 2019
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte - June 29, 2019
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26 - June 30, 2019
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? - July 1, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11 - July 2, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12 - July 3, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17 - July 4, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19 - July 5, 2019
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte - July 6, 2019
- God-flavors en God-colors - July 7, 2019
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing? - July 8, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6 - July 9, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6 - July 10, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8 - July 11, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21 - July 12, 2019
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte - July 13, 2019
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14 - July 14, 2019
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? - July 15, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36 - July 16, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12 - July 17, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10 - July 18, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8 - July 19, 2019
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte - July 20, 2019
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13 - July 21, 2019
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees? - July 22, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15 - July 23, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12 - July 24, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11 - July 25, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13 - July 26, 2019
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte - July 27, 2019
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper - July 28, 2019
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou? - July 29, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14 - July 30, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5 - July 31, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10 - August 1, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23 - August 2, 2019
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte - August 3, 2019
- Hoe “praat” die Heilige Gees? - August 4, 2019
- Vraag 40: Wat is gebed? - August 5, 2019
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9 - August 6, 2019
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8 - August 7, 2019
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21 - August 8, 2019
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17 - August 9, 2019
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte - August 10, 2019
- Tien gebede van Nehemia - August 11, 2019
- Vraag 41: Hoe moet jy bid? - August 12, 2019
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2 - August 13, 2019
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20 - August 14, 2019
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22 - August 15, 2019
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14 - August 16, 2019
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 17, 2019
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8 - August 18, 2019
- Vraag 42: Wat moet jy bid? - August 19, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11 - August 20, 2019
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9 - August 21, 2019
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27 - August 22, 2019
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27 - August 23, 2019
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte - August 24, 2019
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7 - August 25, 2019
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader? - August 26, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13 - August 27, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13 - August 28, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22 - August 29, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46 - August 30, 2019
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte - August 31, 2019
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15 - September 1, 2019
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes? - September 2, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24 - September 3, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3 - September 4, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34 - September 5, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2 - September 6, 2019
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 7, 2019
- Laat u wil geskied - September 8, 2019
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes? - September 9, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16 - September 10, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15 - September 11, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18 - September 12, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13 - September 13, 2019
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte - September 14, 2019
- Vertrou op die kragtige hand van God - September 15, 2019
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk? - September 30, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16 - October 1, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18 - October 2, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20 - October 3, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33 - October 4, 2019
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte - October 5, 2019
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië - October 6, 2019
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? - October 7, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9 - October 8, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5 - October 9, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1 - October 10, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14 - October 11, 2019
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte - October 12, 2019
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15 - October 13, 2019
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug? - October 14, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19 - October 15, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20 - October 16, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10 - October 17, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20 - October 18, 2019
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte - October 19, 2019
- Reik uit na dié wat teen jou sondig - October 20, 2019
- Vraag 49: Wat is die sakramente? - October 21, 2019
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12 - October 22, 2019
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58 - October 23, 2019
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29 - October 24, 2019
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12 - October 25, 2019
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte - October 26, 2019
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14 - October 27, 2019
- Vraag 50: Wat is die doop? - October 28, 2019
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5 - October 29, 2019
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20 - October 30, 2019
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6 - October 31, 2019
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21 - November 1, 2019
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte - November 2, 2019
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne - November 3, 2019
- Vraag 49: Wat is die nagmaal? - November 4, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47 - November 5, 2019
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12 - November 6, 2019
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34 - November 7, 2019
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9 - November 8, 2019
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte - November 9, 2019
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23 - November 10, 2019
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? - November 11, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36 - November 12, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17 - November 13, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16 - November 14, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30 - November 15, 2019
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte - November 16, 2019
- Die belofte van die ewige lewe - November 17, 2019
- Wie is God? nou in kursusformaat beskikbaar - January 10, 2023
Discover more from Bybelskool
Subscribe to get the latest posts sent to your email.
ANDRE BOWER
Goeie more Chris,
Die “posting” lees ek elke oggend. Dit is treffend en praat met my, hard en duidelik.
Chris van Wyk
Dankie, André. Ek sien uit na die bydraes oor die Heilige Gees en gebed wat ons binnekort gaan begin lees.