Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8

Dink aan die vrou van Lot!
Jesus is besig om met sy dissipels te gesels oor die koninkryk van God. Veral oor die feit dat daar dae gaan kom wat hulle verlang daarna dat die koninkryk sal aanbreek. Wat hulle die nuwe hemel en aarde sal wil beleef.
- Dit sal dae wees waarin hulle baie valse berigte oor Hom sal hoor. Dat mense ‘n valse idee van die Here Jesus sal skep en ander só sal leer. En hulle sal verlang daarna dat die waarheid sal seëvier.
- Dit sal dae wees waarin hulle sal dit sal beleef dat baie mense die Here sal verwerp soos in die dae van Noag en die dae van Lot. Dat mense die rug sal keer op God en sy gebod, en sal leef soos hulle wil. En hulle sal verlang daarna dat die afvalligheid tot ‘n einde sal kom.
Jesus stel hulle gerus met twee voorbeelde uit die verlede. Hulle kan moed skep uit die tyd van Noag en die tyd van Lot.
- Die afvalligheid in die tyd van Noag is kort geknip deur die sondvloed waar die bekende wêreld deur water vernietig is.
- Die afvalligheid in die tyd van Sodom en Gomorra is kort geknip deur die vuur en swael wat van die hemel neergereën het en die vier stede daar by die Dooie See vernietig het.
Nie dat dit maklik sal wees nie, want die einde sal kom met toestande wat sal herinner aan die tyd van Noag en die tyd van Lot.
Hulle moet volhard in geloof, want: “Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.” En Jesus herinner hulle aan Lot se vrou wat in ‘n soutpilaar verander het toe sy teruggedraai het na dít wat sy reeds agter gelaat het.
Jesus waarsku die dissipels. Moenie met verlange terugdraai na die genot van die wêreld nie, want dan sal jy die koninkryk mis. Wanneer die Seun van die mens kom, sal Hy die skape van die bokke skei, selfs al slaap hulle saam op een bed of werk hulle skouer aan skouer by die meul. Die een sal saamgeneem word en die ander een agtergelaat word.
Jesus maak dit duidelik dat ewige lewe afhanklik daarvan is of ons gereed sal wees by sy koms.
“Dink aan die vrou van Lot!”
Die gelykenis van die weduwee en die regter
Maar waarmee Jesus hulle veral wil bemoedig is om aan te hou bid, nie maar net vir hulleself nie, maar vir die koms van die koninkryk.
Dit is waarom Hy die gelykenis van die onregverdige regter vertel.
1 Hy het vir hulle ‘n gelykenis vertel oor hoe nodig dit is om altyd te bid en nie moed te verloor nie. 2 Hy het gesê: “Daar was ‘n sekere regter in ‘n bepaalde stad wat nie ontsag vir God gehad het nie en hom aan geen mens gesteur het nie. 3 Daar was ook ‘n weduwee in daardie stad, wat hom bly opsoek het met die versoek, ‘Laat reg aan my geskied in my saak teen my opponent.’ 4 ‘n Tyd lank wou hy nie, maar naderhand het hy by homself gedink, ‘Al het ek geen ontsag vir God en steur ek my aan geen mens nie, 5 sal ek, omdat hierdie weduwee my moeite gee, tog maar reg aan haar laat geskied; anders gaan sy my nog gedaan maak.’ ” 6 Toe sê die Here: “Luister na wat die onregverdige regter sê. 7 Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie? Sal Hy hulle lank laat wag? 8 Ek sê vir julle, Hy sal baie gou aan hulle reg laat geskied. Die vraag is net: Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind?”
Die onregverdige regter
Die regter was adikia – onregverdig. Hy het hom nie gesteur aan wat reg is voor God nie – soos in die dae van Noag. Hy het hom ook nie gesteur aan wat reg is voor mense nie – soos in die dae van Lot.
Die weduwee was iemand wat ‘n probleem gehad het met ‘n opponent. Iemand wat haar teëgestaan het. Wat haar regte benadeel het.
Die regter wou haar egter nie help nie, selfs al was die reg waarskynlik aan haar kant. Maar, die weduwee het aangehou en hom “bly opsoek het met die versoek”. Sy het haar saak aan mekaar voor hom gaan bepleit. Sy het hom geen rus gegee nie.
Dit het ‘n tyd lank só aangehou. Tot die regter onverwags besluit het, die vrou gee hom darem net te veel moeite. Hy raak net nie van haar en haar saak ontslae nie. So, al het hy vir God geen ontsag nie, en steur hy hom nie aan mense nie, hy gaan haar gee wat sy vra. Voordat sy hom nog gedaan maak!
God sal reg laat geskied
Dan lê Jesus die gelykenis vir sy dissipels uit. Hy moedig hulle aan om te luister na wat die onregverdige regter sê, want dit sal hulle bemoedig in hulle gebed vir die koninkryk.
Die eerste punt wat Jesus uit die gelykenis maak, is dat God nie so die onregverdige regter is van wie ‘n mens op ‘n soortgelyke wyse moet verwag dat hy onverwags tot sy sinne sal kom en help omdat hy gedaan is nie.
Nee, God is nie net baie meer gereed om te help as die onregverdige regter nie. Nee, God sal sy uitverkorenes nie lank laat wag nie. Hy sal “baie gou aan hulle reg laat geskied”.
“Sal God dan nie reg laat geskied aan sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie?” Hy is immers die Een wat in die wet van Moses alreeds gesê het dat Hy persoonlik vir die reg van weduwees sal opkom (Deut 27:19). Hoeveel te meer nie in die saak van sy uitverkorenes wat dag en nag na Hom roep nie.
Die tweede punt wat Jesus uit die gelykenis maak, is dat die probleem nie by God lê nie, maar by die mense. Nie by die regter nie, maar by die weduwee.
Die vraag is net, sê Jesus: “Sal die Seun van die Mens, wanneer Hy kom, geloof op aarde vind.” Sal sy dissipels Hom genoeg vertrou om te wag vir sy wederkoms, wanneer Hy alles sal kom regstel?
God slaap nie – sal ons wakker bly?
Die Godsbeeld wat Jesus hier teken is van ‘n God wat nie slaap nie, en sy uitverkorenes se gebede om verlossing hoor en inderdaad verhoor. Hy sal reg laat geskied – die Griekse frase beteken letterlik: Hy sal regstel (of wraak neem, of herstel bring – in Engels revenge, retribution).
Die vraag is dus nie of God sal optree nie – Hy sal.
Die vraag is of die dissipels (en ons) met hierdie tipe geloof sal lewe en sal volhard. Sal hulle wakker bly, dag en nag, in gebed tot God. Sal hulle die waarskuwings van Lot se vrou ter harte neem, die vrou wat teruggedraai het na die wêreld? Sal hulle die aanmoediging van die weduwee ter harte neem, die vrou wat volhard het om vir geregtigheid te bid?
Hoe kan ons tot die einde volhard?
’n Logiese vraag wat ons dus moet vra, is, hoe kan ons tot die einde volhard? Hoe bly ons gereed vir Jesus se koms?
Daar is veral vier faktore wat gelowiges se oë kan wegtrek van die uiteindelike koms van God se koninkryk, soos ‘n mens dit in die vorige perikoop raaklees:
- Die sleur van die daaglikse lewe: mens raak so vasgevang in die roetine en eise van elke dag dat jy nooit meer kans kry om verder te dink as die uitdagings wat jy nou die hoof moet bied nie – soos in die tyd van Noag;
- Gemaklik en tuis: Soos Lot se vrou kan mens die teenswoordige wêreld so liefkry, so gemaklik wees in jou knusse bestaan, so tuis in jou groewe, dat jy nie meer die verlange na meer ervaar nie – soos in die tyd van Lot;
- Afvalligheid: Mens kan afvallig raak van God en sy gebod, leef in sy wêreld asof Hy nie bestaan nie. Jy kan jou lewe volgens ‘n ander ritme as God s’n begin leef. Jy kan jou afsluit van die samelewing se nood, en doodgewoon ophou om iets daaraan te probeer doen. Jy kan God en jou naaste vir ander prioriteite inruil – soos die regter.
- Moedeloosheid: Mens kan so afgesloof raak, so vasgeval in die krisisse van elke dag; jy kan so wegteer as gevolg van die onreg en lyding wat jy verduur, of rondom jou sien, dat jy hoop en geloof op God se toekoms verloor – anders as die weduwee wat volhard het.
Hoe bly ons volhard in die geloof? Hoe vermy ons die suigkrag van die dinge wat ons oë wegdraai van God se komende koninkryk?
Vra sonder ophou
Die weduwee verteenwoordig wat die houding van gelowiges in sulke tye moet wees: om te vra sonder ophou.
Ons mag nie ophou glo in God en sy geregtigheid in tye wat die sleur van die lewe en die gemaksug van ons eie voorspoed ons geestelike lewe begin afstomp nie. Ons durf nie ophou om te glo in tye van afvalligheid nie.
Ons moedeloosheid in tye van onrus en onreg kan net getroef word deur voortdurende volhardende gebed om verandering. Ons moet leer om dag en nag te roep na God. Om wakker te wees, om ons slaap op te offer, en voor die troon van God te verskyn vir hierdie lewe.
Om soos Noag in te tree vir die goddeloosheid van sy tyd. Om soos Abraham voor God in te tree vir die sedeloosheid van sy tyd. Miskien is daar vyftig Here? Miskien is daar vyf en veertig? Of dan Veertig? Dertig? U sal darem seker nie twintig regverdiges laat omkom saam met die onregverdiges nie? En as daar net tien regverdiges is (Gen 18:22-33)?
Versugting na geregtigheid
Die vraag is dus watter impak ons omstandighede op ons het? Watter rol speel ons omstandighede in ons lewe? Trek dit ons stadig maar seker weg van God? Maak al die onreg en hopeloosheid ons bloot verder sinies met die gevoel ons is bloot op ons eie?
Daar is soveel pyn en gebrokenheid in die wêreld. Soveel mense wat worstel met die ellende wat mens-wees meebring. Daar is ‘n diepe nood na ‘n gemeenskap van mense wat sug na geregtigheid, na lewensruimte vir elkeen, na genesing en herstel van die verskeurdheid waarin ons leef.
Ons as die uitverkorenes van God, die liggaam van Christus, is daardie gemeenskap. ‘n Gemeenskap van mense wat nie ophou om te roep na God, om dag en nag te vra, Here bring genesing. Here, herstel u beeld in mense. Here, gee bekering sodat ons land en sy mense vrede sal ervaar soos ’n rivier en geregtigheid soos die golwe van die see (Jes 48:18).
Ons kan die belofte van God vasgryp. Dit is Hy wat belowe dat Hy reg sal doen aan die mense wat dag en nag tot Hom roep om geregtigheid.
Sal Hy ons lank laat wag? Jesus sê vir ons: Nee, Hy sal baie gou aan ons reg laat geskied.
View all posts in this series
- Wie is God?
- Vraag 1: Wat is God?
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38
- Vraag 3: Wat is die mens?
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104
- Vraag 5: Hoe ken jy God?
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- God bestaan en God praat – Psalm 19
- Vraag 6: Wat is die Bybel?
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod?
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte
- God wil ons heilig maak
- Vraag 15: Wat is sonde?
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Vraag 16: Wat is afgodery?
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte
- Gideon verruil God vir afgode
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte
- Die krag van die kruis
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte
- Tien woorde van Troos
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte
- As iemand nie van bo-af gebore word nie
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus?
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan?
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
- Vraag 26: Wat is die Vader?
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte
- Ek is doodsbenoud
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun?
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte
- Die Seun is die Woord van God
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11
- Blaaskans vir Pinkster
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte
- God-flavors en God-colors
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees?
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou?
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte
- Hoe “praat” die Heilige Gees?
- Vraag 40: Wat is gebed?
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte
- Tien gebede van Nehemia
- Vraag 41: Hoe moet jy bid?
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8
- Vraag 42: Wat moet jy bid?
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader?
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Laat u wil geskied
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Vertrou op die kragtige hand van God
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk?
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug?
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte
- Reik uit na dié wat teen jou sondig
- Vraag 49: Wat is die sakramente?
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14
- Vraag 50: Wat is die doop?
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne
- Vraag 49: Wat is die nagmaal?
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte
- Die belofte van die ewige lewe
Tags: Wie is God?
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Este – ek lees juis die teks “letterlik”, en verwag dat mense dit nie simbolies sal interpreteer nie. Jeremia skryf vir die Jode in die 6de eeu vC. Hy wil keer dat hulle afgode in hulle huise toelaat. Die Jode het nie Kersbome gehad daardie tyd nie. Dit kan dus op geen manier met Kersfees verbind word nie.
Este
| #
Hi.
Baie dankie vir hierdie boodskap. Ekt nooit gedink aan kersfees as n afgod funksie nie maar was. nuuskierig om jou artikel te lees. Ek dink wel jou artikel het my die teenoorgestelde laat besef as wat jy wou voorgee in die artikel. Ekt Jeremia gaan lees, en dis n kersboom… presies… waarteen hy ons waarsku. Hy praat selfs van afgode geklee in rooi wolstof. Jou redenasie is ons moet dit nie so letterlik opvat nie maar dis letterlik in die Bybel geskryf. Waarom kies ons wat ons moet glo in die Bybel en wat nie. Eks jammer maar my kersboom word Vanaand afgeslaan. Baie dankie dat jy my gehelp het xxx
Chris van Wyk
| #
Geboortes was vreugdevolle gebeure in antieke tye (Gen 4:1,25; 21:1-7; 29:31-35; Rut 4:14 ens), soos dit vandag ook is. So was daar ook vreugde by Johannes die Doper (Luk 1:57-66) se geboorte, sowel as by die Here Jesus se geboorte, soos ons uit die verhaal van die herders kan aflei (Luk 2:1-20).
Daarom is geboortedae, dws verjaarsdae, gevier in die Ou Nabye Ooste, soos ons uit Persiese en Egiptiese bronne verneem. Dit geld ook die Jode. Ons lees drie keer eksplisiet van die viering van verjaarsdae in die Bybel: Job se kinders (Job 1:4,13,18), Farao (Gen 40:20), en Herodes (Matt 14:6).
Veral konings se verjaarsdae is gevier, so dit was ‘n logiese ontwikkeling om die geboorte van die Here Jesus te vier, omdat Hy die Koning van die konings is.
Ons het nie ‘n Bybelse opdrag om Jesus se verjaarsdag te vier nie. En die wyse waarop Kersfees baie keer gekommersialiseer word is irriterend oppervlakkig. Maar waar die behoefte bestaan om Jesus se koms na die wêreld te vier, kan dit as ‘n belangrike herinnering van die betekenis van sy koms dien.
Niemand word gedwing om Kersfees te vier nie. Ons kan egter ook niemand verbied om dit te vier nie. Solank dit tot eer van die Here gedoen word (Rom 14:5-6).
Deon Vermeulen
| #
Hi
Waar in die Bybel staan dit dat ons Jesus se verjaarsdag moet vier? Inteendeel is daar niemand behalwe Job se kinders wat daar van gelees kan word oor verjjaarsdag waarna hul ook gesterf het.
Moet ons doen wat die Bybel vir ons sê of kan ons self ook besluit wat ons moet doen. Kersfees is ñ wêreldse ding. En ons moet nie gelykvormig word aan die wêreld nie. Ek stap in winkels hoor mense praat. Ek sal nooit my Jesus daaraan kan koppel nie. Nee wat ek volg maar wat in die Woord geskryf staan.
Pieter
| #
Baie dankie Chris. Waardeer
Chris van Wyk
| #
Hi Pieter, jy kan lees wat ek oor Matteus en Daniël geskrywe het by hierdie skakel: https://bybelskool.com/matteus-243-51-jesus-motiveer-sy-dissipels-tot-waaksaamheid-en-gereedheid-betroubaarheid-en-verstandigheid/
Pieter
| #
Middag Chris.
Kan jy my help met die waarvan Jesus in Matteus 24 vers 35 praat
“Die tyd kom wanneer julle die afskuwelike voorwerp wat verontreiniging veroorsaak en waarvan die profeet Daniel gepraat het in die tempel sal sien staan dan moet julle heuwels toe vlug”
Daniel 9 vanaf vers 26 vertel Daniel “Na die tydperk van 62 eenhede van sewes sal die gesalfde leier doodgemaak word. Die stad en tempel sal vernietig word wanneer ‘n koning en sy leer daar kom. Sy einde sal met oorstromings kom. (27) Hy sal met baie ‘n ooreenkoms sluit vir ‘n tydperk van een eenheid van sewe. Vir ‘n halwe eenheid sal hy die praktyk van die offer ophef. Hy sal ‘n veragtelikke ding oprig wat die tempel verontreinig totdat die tyd aanbreek dat dit wat oor hom bepaal is oor hom sal losbars.
In Daniel 11 verse 31 en 32 praat Daniel ook oor om en by dieselfde.
Dankie vir die goeie werk wat jy hier doen
Groete
Herman Steyn
| #
Hi Chris
Baie dankie hiervoor – ek deel dit met al my Veritas groepe – wil juis weer liefde vir Bybellees aanwakker en hierdie gaan beslis help.
Staan sterk!
Chris van Wyk
| #
Hi Jurgens, die OT boeke is nog net in pdf beskikbaar en kan nie só gebruik word nie. Jy kan Bybelgenootskap vra om die beperkings vir julle af te haal, maar ek vermoed ter wille van sekuriteit dat hulle dit nie sal doen nie. Die NT boeke sowel as Psalms kan via Kindle gekopieer en geplak word. Jy kan dit soos gewoonlik kopieer (10% beperking) of highlight en dan via read.amazon.com/notebook almal op een plek bekom. Daar is ook ‘n beperking, maar dit is ruim genoeg om te gebruik.
Jurgens
| #
Chris
Ons is ‘n klompie leraars wat vir die Bybelgenootskap ‘n 40dae veldtog oor die bybel geskryf het. Hoe maak mens om die teks te copy en paste in ons document?
NG Witrivier 079292545