Skip to main content

Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?

Ons het verlede week Hervormingsondag gevier. Dié dag waarop ons nadink oor ons Protestantse erfenis. Ons kon die baanbrekerswerk van die Waldense, Johannes Hus van Boheme, Maarten Luther van Duitsland, John Wycliff van Engeland, Johannes Calvyn van Genève, en talle ander hervormers in herinnering roep.

Ons kon nadink oor die vrug van hulle werk wat ‘n neerslag in ons Gereformeerde geloofsbelydenisse gevind het: Guido de Bres se Nederlandse Geloofsbelydenis (1561), Olevianus en Ursinus se Heidelbergse Kategismus (1563) en die bril waarmee ons dié belydenisse lees, die Dordtse Leerreëls (1618-19).

Waarmee hulle ons gehelp het, is om terug te beweeg na die Skrifte, om teenoor die kerktradisie die primêre plek van die Skrifte te beklemtoon (sola Scriptura). Om teenoor die aflaatstelsel die primêre plek van Christus wat sy genade deur geloof in ons lewens aan die werk sit te beklemtoon (solus Christus, sola gratia en sola fide). En oorhoofs vir ons te leer om tot God se eer te lewe (soli Deo Gloria).

Ek wil egter vandag ‘n bietjie verder terug gaan in die geskiedenis, na die basis van die belydenis van Sola Scriptura. Na die eerste gawe van God se Woord aan ons. Na die wet wat God op Sinai in sy eie handskrif aan ons gegee het.

Na die Tien Gebooie.

Die Tien Gebooie

Hier is ‘n kort weergawe vir memorisering wat ek op die PowerPoint wys:

  1. Jy mag nie nog ander gode buiten God aanbid nie.

  2. Jy mag nie vir jouself afgode maak en hulle aanbid nie.

  3. Jy mag nie die Naam van God sonder respek gebruik nie.

  4. Jy moet die rusdag vir God vier.

  5. Behandel jou ouers met respek.

  6. Moenie mense doodmaak nie.

  7. Moenie egbreuk pleeg nie.

  8. Moenie iets steel nie.

  9. Moenie valse verklarings aflê nie.

  10. Moenie afgunstig raak nie.

Ek lees egter die hele gedeelte in Eksodus 20.

1Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

2Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

3Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

4Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of van wat in die waters onder die aarde is nie.

5Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ’n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

6en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

7Jy mag die Naam van die Here jou God nie ydellik gebruik nie, want die Here sal die een wat sy Naam ydellik gebruik, nie ongestraf laat bly nie.

8Gedenk die sabbatdag, dat jy dit heilig.

9Ses dae moet jy arbei en al jou werk doen;

10maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God; danmag jy géén werk doen nie—jy of jou seun of jou dogter, ofjou dienskneg of jou diensmaagd, of jou vee of jou vreemdeling wat in jou poorte is nie.

11Want in ses dae het die Here die hemel en die aarde gemaak, die see en alles wat daarin is, en op die sewende dag het Hy gerus. Daarom het die Here die sabbatdag geseën en dit geheilig.

12Eer jou vader en jou moeder, dat jou dae verleng mag word in die land wat die Here jou God aan jou gee.

13Jy mag nie doodslaan nie.

14Jy mag nie egbreek nie.

15Jy mag nie steel nie.

16Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

17Jy mag nie jou naaste se huis begeer nie; jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie, of sy dienskneg of sy diensmaagd, of sy os of sy esel of iets wat van jou naaste is nie.” (Eks 20:1-17; vgl Deut 5:6-21)

Hoekom is die Tien Gebooie, die wet, so belangrik?

‘n Mens kan die vraag op baie maniere beantwoord. Maar, Psalm 119 is miskien die beste plek om by te begin.  Psalm 119 is ‘n loflied op God se openbaring waarin uitvoerig op die betekenis van die wet ingegaan word. Daar is talle en talle verwysings daarna.

Hoekom is dit wet so belangrik?

1. Die wet is een van die kragtigste werkinge van God in die lewe

Só sê Psalm 119 in sy 176 verse.

18Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.” (Ps 119:18)

Dit is waarom die Psalmis so baie tyd spandeer aan die wet. Want hy weet dat God se krag tot sy volle werking kom in sy lewe deur die wet.

55Selfs in die nag dink ek aan U, Here, en is ek gehoorsaam aan u wet.” (Ps 119:55)

Dit is God se wet wat hom die volharding in gehoorsaamheid gee ten spyte van mense wat spot:

51Ek moes die felle spot van hovaardige mense verduur, maar van u wet het ek nie afgewyk nie.” (Ps 119:51)

Die wet gee hom die krag ten spyte van ander se verontagsaming van die wet:

53Ontsteltenis het my oorval oor die goddeloses wat u wet verontagsaam.” (Psalm 119:53)

Trouens, die wet gee hom krag selfs as die goddeloses hom wil verstrik of vir hom ‘n gat wil grawe:

61Die goddeloses wou my in hulle strikke kry, maar ek het u wet nie verontagsaam nie.” (Psalm 119:61)

85Die hovaardiges, wat nie volgens u wet lewe nie, het vir my meer as een keer ’n gat gegrawe om in te val.” (Psalm 119:85)

70Hulle staan koud teenoor u wet, maar ék verlustig my daarin.” (Psalm 119:70)

72U wet is vir my kosbaarder as ’n oorvloed van goud en silwer.” (Psalm 119:72)

92As ek my nie in u wet verlustig het nie, het ek omgekom in my ellende.” (Psalm 119:92)

97Hoe lief het ek u wet! Dit bly my elke oomblik by.” (Psalm 119:27)

Daarom vra die Psalmis dat God sal ingrype teen diegene wat sy wet oortree:

126Dit is tyd dat die Here ingryp teen dié wat sy wet oortree.” (Psalm 119:126)

En hy doen dit met trane:

136My trane vloei sonder ophou omdat die mense u wet nie onderhou nie.” (Psalm 119:136)

Terwyl hy die Here loof vir die sekerheid wat die wet bring:

165Vir dié wat u wet liefhet, is daar groot sekerheid; niks kan hulle laat struikel nie.”  (Psalm 119:165)

En hy vra vir uitkoms, juis omdat hy in God se wet sy vreugde vind:

174Ek smag na u hulp, Here, in u wet vind ek my vreugde.” (Psalm 119:174)

Geen wonder die wysheidsleraar, die Prediker, som sy hele betoog oor die lewe op met hierdie waarheid:

13Die slotsom van alles wat jy gehoor het, is dit: Dien God en gehoorsaam sy gebooie. Dit is wat van die mens gevra word. 14God sal rekenskap eis oor alles wat gedoen word, ook oor wat in die geheim gedoen word, of dit goed is of kwaad.” (Pred 12:13-14)

2. Die wet is God se geskenk aan ons

Die belangrikste geskenk van God aan die volk Israel was nie hulle verlossing uit Egipte nie. Dit was nie die land Kanaän wat Hy aan hulle gegee het nie. Dit was die wet van God wat God met sy eie hand geskrywe het. Tien woorde van God wat die riglyn nie net vir hulle lewe sou word nie, maar vir alle gelowiges regdeur al die eeue.

Geen wonder dat Olevianus en Ursinus die wet só ‘n belangrike rol gegee het in die Heidelbergse Kategismus nie. Hoekom? Want die wet bly God se geskenk aan ons. Dit is die hart van die Skrif, van God se Woord aan ons.

In die NT is die wet uiteraard vir gelowiges meer net as ‘n uiterlike stel reëls. Dit is veral die innerlike riglyn wat deur die Gees op ons harte geskryf word. Maar, vir goddeloses bly die wet onveranderd van krag, soos Paulus verskeie kere skryf (Rom 1-3; 1 Tim 1).

Die wet bly egter ook vir gelowiges van krag, want dit is die basis van die hele Woord van God, soos Jesus dit ook in Matteus opgesom het as die somtotaal van wat Hy van ons vra

Hoekom? Want:

  1. Die wet wys vir ons hoe die lewe lyk .Die wet wys vir ons hoe die lewe lyk saam met God, en die lewe saam met ons naaste. Dit is soos ‘n padkaart na die lewe. Jy moet … jou ouers respekteer. Jy moet … die rusdag vier. Daar is geen beter beskrywing van hoe ons God moet liefhê en ons naaste soos onsself nie. ‘n Lewe van dankbaarheid, soos die Heidelbergse Kategismus dit vir ons beskryf.
  2. Die wet wys vir ons wat sonde is. Sonder die wet kan ons sonde nie herken of erken nie. Jy mag nie … nog ander gode naas God aanbid nie. Sonde is om God se wet te oortree en in sy wêreld te lewe asof Hy nie bestaan nie. as dit nie in die wet staan nie, hoe sal jy weet dat God nie ander gode duld nie? Jy moenie … mense doodmaak nie, óf egbreuk pleeg nie, óf steel nie.

Geen wonder dat die wêreld vandag die wet lig skat nie. Want waar die wet geïgnoreer word, is daar geen bewussyn van sonde nie. Kan mense hulle eie wette opstel en God se wet in die vergetelheid laat verdwyn. Kan jy die doodmaak van mense met ander terme beskryf, soos ‘n klomp dokters nou sê in Australië dat ‘n ma ‘n na-geboorte aborsie moet kan aanvra … egbreuk verdedig op ander gronde as wat die Bybel voorskryf … iets sonder verlof van ander vat, rasionaliseer, almal doen dit.

Dink vir ‘n oomblik na oor wat sal gebeur as God se wet verwyder word en ons nie meer daaraan gehou sou word nie. Want, onthou, dit is ook die basis vir die Romeins-Hollandse reg waarop ons land se wette gebaseer is.

Die eerste ding wat sal gebeur, is dat jou bewussyn van sonde sal verdwyn. Jy sal nie meer weet wat reg en verkeerd is nie. En niemand om jou sal weet nie. En anargie sal begin heers. Trouens, dit is die rede vir anargie waar dit ook al voorkom. Mense het hulle bewussyn verloor van wat reg en verkeerd is.

Die tweede ding wat sal gebeur, is dat jou bewussyn van wat die lewe moontlik maak, sal verdwyn. Jy sal nie meer kan onderskei wat is goed en wat is sleg nie. Jy sal oorgelaat wees aan jou eie planne, nie meer aan jou afhanklikheid van God en sy spesifieke wil vir die lewe nie.

En dit help nie jou probeer sê, ja maar die liefde sal bly nie. Want, hoe sal jy weet wat die inhoud van die liefde is? Hoe sal jy weet wat juis nie liefde is nie? Jy het ‘n maatstaf nodig om vir jou te vertel wat die liefde is, en wat nie, sodat jy kan onderskei en jy God se wil vir hierdie lewe kan doen. En ons definisies van wat liefde is, sal só verskil, dat ons mekaar se vyande sal word.

Die eerste tafel se vier gebooie leer ons dus hoe ons ons teenoor God moet gedra en wat ons moet vermy. Die tweede tafel se ses gebooie leer ons wat ons aan ons naaste verskuldig is en wat ons moet vermy (Heidelbergse Kategismus 93).

3. Die wet leer ons dus wat sonde is. Die wet leer ons wat liefde is.

Selfs in die NT!!!

So leer Jesus ons

Daar is die wanpersepsie by gelowiges dat Jesus die wet tot niet kom maak het. Dat Hy die werk van God in die OT kom vervang het met ‘n nuwe gebod wat niks met die ou gebod te make het nie.

Wat sê Jesus self oor die wet?

17“Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete ongeldig te maak nie. Ek het nie gekom om hulle ongeldig te maak nie, maar om hulle hulle volle betekenis te laat kry. 18Dit verseker Ek julle: Die hemel en die aarde sal eerder vergaan as dat een letter of letterstrepie van die wet sal wegval voordat alles voleindig is.” (Matt 5:17-18)

Wat sê Jesus vir mense wat die wet verwerp?

19“Wie dan ook een van die geringste van hierdie gebooie ongeldig maak en die mense so leer, sal die minste geag word in die koninkryk van die hemel.” (Matt 5:19a)

Wat sê Jesus vir dié wat die wet gehoorsaam?

“Maar wie die wet gehoorsaam en ander so leer, sal hoog geag word in die koninkryk van die hemel. 20Ek sê vir julle: As julle getrouheid aan die wet nie meer inhou as dié van die skrifgeleerdes en die Fariseërs nie, sal julle nooit in die koninkryk van die hemel ingaan nie.” (Matt 5:19b-20)

Trouens, Jesus verbind die wet aan die wil van God en sê dat waar jy die wet oortree, daar leef jy nie meer in God se wil nie:

21“Nie elkeen wat vir My sê: ‘Here, Here,’ sal in die koninkryk van die hemel ingaan nie, maar net hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemel is. 22Baie sal daardie dag vir My sê: ‘Here, Here, het ons dan nie in u Naam gepreek nie, deur u Naam bose geeste uitgedryf en deur u Naam baie wonders gedoen nie?’23Dan sal Ek openlik vir hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My af, julle wat die wet van God oortree.”(Matt 7:21-23)

Jesus betreur dit daar mense sal kom – en hy verwys na ons tyd – wat mense sal leer om die wet van God te minag:

11“Daar sal baie vals profete kom, en hulle sal baie mense mislei. 12Omdat die minagting van die wet van God sal toeneem, sal die liefde by baie verkoel. 13Maar wie tot die einde volhard, sal gered word. 14En hierdie evangelie van die koninkryk sal in die hele wêreld verkondig word, sodat al die nasies die getuienis kan hoor. Eers dan sal die einde kom.” (Matt 24:11-14)

So leer Paulus ons

As Paulus in sy Romeinebrief oor die impak van God se openbaring in die wêreld praat dan sê hy dat daar niemand is wat nie van die wet weet nie, Jode en heidene:

14Wanneer heidene, wat nie die wet het nie, tog vanself dinge doen wat die wet vereis, is hulle vir hulleself ’n wet al het hulle nie die wet nie. 15Die optrede van sulke mense bewys dat die eise van die wet in hulle harte geskrywe staan.” (Rom 2:14-15)

Dit beteken nie dat die wet ons red nie, maar dat ons deur geloof in Christus die wet tot sy reg laat kom:

“Nou weet ons dat ons nie deur die wet gered kan word nie. Ons word deur ons geloof in Jesus Christus gered. Maar sê Paulus: ”31Hef ons dan deur die geloof die wet op? Beslis nie. Ons laat die wet juis tot sy reg kom.” (Rom 3:30b-31)

As Paulus dan aan ons verkondig dat ons in Christus nie meer “onder die wet” staan nie, dan bedoel hy nie dat ons glad nie meer aan die eise van die wet hoef te voldoen nie, maar dat God se wet nou binne in ons harte geskrywe staan, sodat ons van binne af kan doen wat die uiterlike wet nie kon regkry nie!

Ons word dus vrygemaak van die wet van die sonde en die dood, sodat die wet van die Gees wat in ons harte ingeskryf word, sy werk kan doen in ons, só sê hy in Romeine 8.

Maar beteken dit dat ons daarom vry is van die voorskrifte van die wet? Nee, sê Paulus, omdat die Gees in ons is, kan ons nou die wet nakom:

4Nou kan ons aan die eise van die wet voldoen, óns wat ons lewe nie deur ons sondige natuur laat beheers nie, maar deur die Gees.” (Rom 8:4)

As Paulus Christus dus as die einde van die wet beskryf (Rom 10:4), is dit nie om te sê dat die wet ophou bestaan nie, maar net dat die locusvan die wet skuif vir gelowiges. Die wet neem sy intrek in ons hart sodat ons deur die Gees die wet kan nakom.

Daarom kan Paulus in sy verdediging voor Festus sê hy:

“Ek glo nog steeds alles wat in die wet en die profete geskrywe staan.” (Hand 24:14)

En as Paulus die evangelie van Jesus aan die Jode in Rome verduidelik terwyl hy in huisarres is, sê Lukas:

“Van vroeg die môre tot laat die aand het Paulus die koninkryk van God vir hulle verduidelik en hulle uit die wet van Moses en uit die profete probeer oortuig van Jesus.” (Hand 28:23).

So leer Jakobus ons

Jakobus, broer van Jesus, verklaar dieselfde onomwonde boodskap:

25Maar iemand wat hom verdiep in die volmaakte wet wat ’n mens vry maak, en hom daaraan hou en nie vergeet wat hy hoor nie, maar dit doen, hy sal gelukkig wees in wat hy doen. (Jak 1:25)

So leer Johannes, die apostel van die liefde, ons

Hy sê presies dieselfde. Want die wet is die primêre manier waarop God ons nie net die riglyne vir die lewe aandui nie, maar ook oortuig wat sonde is:

4Elkeen wat sonde doen, oortree die wet van God. Sonde is immers oortreding van die wet van God. (1 Joh 3:4)

4. God het die wet op jou hart geskryf

Daarom verkondig ek aan jou die boodskap van God. Hy het die wet op jou hart geskryf. Eenmaal was dit op kliptafels wat in die ark in die tabernakel en tempel gebêre is. Vandag is dit deur die Gees in jou hart geskryf.

Só het Jesaja dit voorspel (Jes 8:15). Só het Jeremia dit voorspel (Jer 31:31-34). Dit is waarvoor ons ‘n nuwe hart kry, soos Esegiël dit voorspel het (Eseg 11:19).

Hoor dus die wet van God op ‘n nuwe manier, en laat die Gees jou die krag gee om dit met jou hele lewe te vervul. Memoriseer dit. Laat dit jou doen en late struktureer:

  1. Jy mag nie nog ander gode buiten God aanbid nie.

  2. Jy mag nie vir jouself afgode maak en hulle aanbid nie.

  3. Jy mag nie die Naam van God sonder respek gebruik nie.

  4. Jy moet die rusdag vir God vier.

  5. Behandel jou ouers met respek.

  6. Moenie mense doodmaak nie.

  7. Moenie egbreuk pleeg nie.

  8. Moenie iets steel nie.

  9. Moenie valse verklarings aflê nie.

  10. Moenie afgunstig raak nie.

Dit is die beginsels vir die lewe. Dit is die basis vir ons etiek.  Dit is die basis vir leer en lewe. Toe, vandag, en vir altyd.

Ek sluit af met ‘n dringende oproep waaraan ‘n lewegewende belofte gekoppel is.

5. Bewaar die gebooie van God en die getuienis van Jesus Christus

Johannes skrywe hieroor in die Openbaring aan hom. Hy sê dat die stimulus en krag vir ons teenstand teen die duiwel en die wêreld lê in Jesus en die gebooie van God:

17En die draak was vertoornd op die vrou, en hy het weggegaan om oorlog te voer teen haar ander nakomelinge wat die gebooie van God bewaar en die getuienis van Jesus Christus hou.” (Open 12:17).

Hy herhaal dit as ‘n voorskrif vir die hele kerk waarin die krag van ons volharding lê:

12Hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hier is hulle wat die gebooie van God en die geloof in Jesus bewaar.” (Openb 14:12)

Want dit is dié mense wat uiteindelik sal eet van die boom van die lewe en in die heilige stad van God vir ewig sal lewe.

14Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hê op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad. (Openb 22:14).

Bonus vir dieperdelwers uit The Wycliffe Bible Encyclopedia

LAW. The word law is used to translate Heb. tôrâ (meaning “instruction”) and the Gr.nomos (meaning “established custom”). Fundamentally, both tôrâ and nomos designate some rule or regulation imposed upon man or nature by a higher power. The lawgiver reserves the right to punish all disobedience.

Those invisible forces resident in nature and productive of order and design in the universe are usually called the laws of nature. The Bible rarely speaks of such laws in the abstract. The reason often given is that the Bible is not a textbook on science. However, though not a textbook on science, the Bible has much to say about scientific laws as revelatory of the nature of God. Such verbs as “make” (Job 36:27–33), “direct” (37:3), “command” (37:12; 38:12), “cause” (37:13, 15, 38:26–27), “guide” (38:32), and such nouns as “way” (38:24), “ordinances” (38:33), “time” (39:1 f.), all indicate in non-technical language God’s control over nature by the laws He has established. It is impossible to posit actual conflict between these laws of nature and the laws that God has established in other realms of His universal government.

On another level are found God’s laws written in the hearts of men. A twofold distinction must be made here. On the one hand, God’s laws are written in the hearts of all men as a result of the image of God planted in man at creation (Gen 1:26 f.). These laws, as ineradicable as the color of one’s skin, make even pagan Gentiles “do by nature the things contained in the [Mosaic] law” (Rom 2:14). The evidence of such laws is manifested in conscience (2:15) and confirmed by nature (Rom 1:26 f.; 1 Cor 11:14). On the other hand, God’s laws are written on the hearts of believers in the new covenant (Jer 31:31–33; Ezk 11:19 f.; 36:25–27; 2 Cor 3:3, 7–8). These laws implanted by the “new creation” (2 Cor 5:17) are evidenced by the Spirit’s fruit (Gal 5:22 f.) and confirmed by “perfect love” (1 Jn 4:17 f.).

On yet another level are the laws of the stateinstituted as agents of God in human society (Rom 13:1–7; 1 Pet 2:13–15). (For collections of laws and legal documents from ancient Mesopotamia, Egypt and Asia Minor, see ANET, pp. 159–198, 212–222.) There are times, however, when the state, inspired by Satanic Hostility to God’s truth, makes laws which must be disobeyed by God’s true children (Dan 3:8–30; 6:1–28; Acts 5:26–29, 40–42). Unjust laws enacted inthe reign of the Antichrist will bring persecution and death to the followers of the Lamb (Rev 13:1–17; 20:4). The believer’s ultimate obedience must always be to God rather than man (Acts 5:29; Rev 1:9; 12:11).

At a higher level still are those laws instituted by God for man’s present stage of existence. They may be classified as judicial and ceremonial. The judicial, based largely on the Ten Commandments (q.v.), deal with those relationships in society where restrictions must be placed upon the evil propensities of human nature (Rom 7:6; Gal 3:19). These laws still have validity in the Gospel Age insofar as they represent basic relationships of life where sin and righteousness are involved. The ceremonial laws, however, were intended by God to be typical representations of gospel truths embedded in the OT. Now that Christ has fulfilled the types by His death on the cross, they have no further validity (Mt 27:51; Gal 5:1–9; Heb 9:1–28; 10:1–22).

At the highest level of all laws are God’s moral laws as summarized in the Ten Commandments. These laws are of eternal validity because they are based on the unchangeable nature of God. The believer will eventually pass into a realm of glory where disobedience to God’s laws will be not only unthinkable but also impossible. These laws of God enunciated in the Ten Commandments and reinterpreted in terms of absolute love to God and to our neighbor (Mt 22:36–40; Rom 13:8–11; Gal 5:14) find their present fulfillment and realization in the believer’s life now and then final consummation in his life and fellowship in the heavenly city throughout the ages of an endless eternity.

In summary, the following distinctions may be made: (1) laws made by God (Ex 20:1–17) and laws made by man (Dan 6:6–9); (2) laws of temporary significance (Heb 10:1–4) and laws of eternal duration (2 Sam 7:12–16; Ps 1–4); (3) laws written on tablets of stone (Deut 5:22) and laws written on the hearts of men (Heb 8:10; cf.2 Cor 3:3); (4) laws intended for the Jews only (Acts 15:1, 10) and laws designed for all mankind (Gen 1:28; 9:5–7).[1]

ANET Ancient Near Eastern Texts, J. B. Pritchard

q.v.quod vide(which see)

[1]W. B., 1975. LawC. F. Pfeiffer, H. F. Vos, & J. Rea, eds. The Wycliffe Bible Encyclopedia.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar