Skip to main content

Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28

Ons het immers almal gesondig. Ons almal het God beroof van die eer wat Hom toekom. Maar nou spreek God ons in sy genade vry op grond van die verlossing wat Christus Jesus vir ons verkry het – en dit sonder enige verdienste van ons kant. Want God het Hom gestuur as ’n offer wat deur sy sterwe versoening bewerk het vir almal wat glo. Op hierdie manier het Hy duidelik aangetoon wat sy vryspraak behels: Aan die een kant het Hy die sondes vergewe wat vroeër in die tyd van sy verdraagsaamheid begaan is; aan die ander kant het Hy ook duidelik aangetoon wat sy vryspraak nóú behels. Op hierdie manier blyk dit dat Hy nie net regverdig is nie, maar terselfdertyd ook elkeen regverdig verklaar wat in Jesus glo. Kan ons ons dus daarop beroem dat ons enigiets gedoen het om die vryspraak te verdien? Dis heeltemal buite die kwessie, want ons vryspraak berus nie op ons goeie dade nie, maar op ons geloof. Ons is immers daarvan oortuig dat mense vrygespreek word deurdat hulle glo en nie deur wetsgehoorsaming nie. (NLV)

1. Ons het almal gesondig en God van die eer beroof wat Hom toekom, soos Paulus in van Romeine 1 tot 3 verkondig. Ons vryspraak berus dus nie op ons goeie dade nie, want ons almal is sondig. Ons vryspraak berus op ons geloof in Jesus Christus. Hoe dink jy daaroor? Geld dit alle mense? Wat moet jy glo dat jy die vryspraak kan ontvang?

2. Jy is deur geloof met Christus Jesus versoen met God. Watter rol speel goeie dade nou? Watter rol speel gehoorsaamheid aan die wet?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat jy volkome vrygespreek is deur God.

4. Jy kan later vanaand die verse weer lees in die konteks van Romeine 3 en my bydrae daaroor: Romeine 3 – God gee vryspraak sonder onderskeid aan elkeen wat glo.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar