Skip to main content

Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12

So ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons. (NLV)

1. Daar is min gedeeltes wat die werklikheid van die vergifnis van sondes só helder verwoord as juis Psalm 103. Ons sondes verdwyn letterlik in die vergetelheid in. Hoe laat dit jou voel?

2. Psalm 103 sê onomwonde dat God genadig is. Dat sy troue liefde eksponensieel groter is as ons sonde en sondeskuld. Dat Hy vir dié wat vir Hom ontsag het (vertikale as) hulle sondes ligjare ver verwyder (horisontale as). ’n Verskuilde manier om die kruis van Golgota in spel te bring!  Watter wonderlike wete! Wat wil jy vir God in respons hierop sê?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner daaraan dat God jou sondes regtig ligjare van jou af verwyder het – so ver as die hemel van die aarde af is, en die ooste van die weste.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Psalm 103 sowel as my bydrae daaroor: Psalm 103 – Ek wil die Here loof met alles wat in my is.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Jesaja 1Hi Elsa, jy is welkom. Hier is die skakel: https://bybelskool.com/jesaja-1/
  • jan Smith on Openbaring 11 – God beskerm sy mense en vestig sy heerskappy deur hulle getuienisOpenbaring 11 - Kan dit wees dat die twee getuies tans lewendig word? in die lig van die chaos wereld-wyd
  • Elsa Perold on Jesaja 1Ons is 'n Bybelstudiegroep in Tulbagh en wil die boek Jesaja bestudeer. Ek het onderneem om meer oor oorsprong en rede vir die boek Jesaja asook die profeet Jesaja na te vors. Ek moet ook Hoofstuk 1 voorberei vir volgende Woensdag. Ek wil weet of ek die materiaal rondom Jesaja wat deur uself saamges…
  • Chris van Wyk on Psalm 82Hi, ek verstaan. Ek het die subscribe opsie afgesit, want dit is in elk geval in 'n widget aan die regterkant, maar die cookies is 'n belangrike een vir "consent". Dit kan ek nie afsit nie, en behoort nie baie te verskyn nie.
  • optimistica231f5e58a on Psalm 82Beste Chris. Jammer, maar ek moet die medium gebruik om jou in te lig omtrent die "Subscribe" boodskappe wat my deesdae verpes. Ek kan jou nie op ander "comments" kontak en moet vra hoekom na ek ingeteken het en weer "Subscribe" het soos hul vra, weee en weer die boodskap oor Cookies en Subscribe kr…
  • Chris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanDankie Doreen, waardeer.
  • Doreen Snyders on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanGoeiedag, net om baie baie dankie te sê vir al u wonderlike en insiggewende bydraes wat ons so gereeld ontvang. Ek besef hoe geweldig baie die navorsing en skrywe daarvan verg. Nogmaals dankie. Doreen Snyders.
  • Chris van Wyk on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanDankie Chris, my voorreg.
  • Chris van Zyl on Ons nader die einde van die OT gedeelte van ons kronologiese BybelleesplanBaie dankie Chris vir die ekstra waarde wat jy toevoeg deur die interpretasies en kontektuele uitleg van die Bybel met ons te deel. Dit alles maak baie sin. Mag God jou seën met hierdie bydraes tot geestelike groei. Voorspoed.
  • Chris van Wyk on Esegiël 45-46👍
  • Louisa Meyer on Esegiël 45-46Ek staan al hoe meer verwonderd oor die volledigheid van Godse woord en die relevansie van elke gedeelte. Baie dankie.
  • Chris van Wyk on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor KersfeesHi Richard, jy is reg, maar die belangrike is om nie saam te doen nie, en die dag as 'n Christusfees te vier, terwyl 'n mens in hierdie tyd fokus op uitreik na ander, en ook familiewees vier. Groete.
  • Richard on Wees versigtig vir die verkeerde idees oor KersfeesMôre oom Chris. Gaan dit goed? Dankie vir hierdie skrywe, wat seker vir altyd in debat sal wees, ongelukkig. Nietemin, ek wil tog vra vir ń nuwe artikel rakende die onverantwoordelikheid waarmee ons Kersfees vier. Wat ek bedoel is die volgende: Hoe kan ons derduisende rande spandeer aan bome, liggie…
  • Chris van Wyk on PREKE: 2008 TOT 2018Die Bybel, soos jy weet, het geen probleem met die matige gebruik van drank nie, en verbind dit baie keer met feestelikheid, bv as drankoffer (Num 28:7) en tydens die fees van die tiendes (Det 14:26). Dit was wel verbode vir sommiges onder sommige omstandighede: vir Leviete wat in die tent van samek…
  • Wilma Heydenrych on PREKE: 2008 TOT 2018Goeiemore Pastoor. Ek het iets wat my vreeslik pla en dis die verkoop van sterk drank deesdae by ons kerk kermisse/besaars... ek is lid van die NG Kerk...ek is nie daarmee gemaklik nie aangesien ek weet wat alkohol aan mense/families doen... kom uit so huwelik... Ek weet en verstaan die gebruik van…