Skip to main content

Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 22, Heidelbergse Kategismus 21, 32-33 en Westminster Geloofsbelydenis 10. Wat leer jy oor geloof in Jesus Christus? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 22

ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF

Ons glo dat die Heilige Gees ‘n opregte geloof in ons harte laat ontvlam om die ware kennis van hierdie groot geheimenis te verkry. Die geloof omhels Jesus Christus met al sy verdienstes. Dit maak Hom ons eie en soek na niks anders as na Hom nie. Daar is dus net twee moontlikhede: In Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, óf dit is alles wél in Hom, en dan het hy wat Jesus Christus deur die geloof besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar dat daar buite Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs ‘n halwe Verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is (Rom. 3:28).

Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hý reken ons sy hele verdienste toe en ook al sy heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry.

Ps. 51:8; Ef. 1:17-18; 1 Tess. 1:6; 1 Kor. 2:12; Gal 2:21; Jer. 23:6; 1 Kor. 1:20; Jer. 51:10; 1 Kor. 15:3; Matt. 1:21; Rom. 8:1; 3:20, 28; Gal. 2:16; Heb. 7:19; Rom. 8:29, 33; Hand. 13:28; 1 Pet. 1:4; Rom. 10:3, 5, 9; Luk. 1:77; Tit. 3:5; Ps. 32:1; Rom. 4:5; 3:24, 27; Filp. 3:9; 2 Tim. 1:9; Ps. 115:1; 1 Kor. 4:7; Rom. 4:2.

Heidelbergse Kategismus 21, 32-33

Vraag 21: Wat is ‘n ware geloof?

Antwoord: ‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.

Vraag 32: Waarom word jy ‘n Christen genoem (a)?

Antwoord: Omdat ek deur die geloof ‘n lid van Christus is (b) en daardeur deel aan sy salwing het (c) sodat ek sy Naam kan bely (d), myself as ‘n lewende dankoffer aan Hom kan toewy (e) en in hierdie lewe met ‘n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry (f) en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer (g).

(a) Hand 11:26. (b) 1 Kor 6:15. (c) 1 Joh 2:27; Hand 2:17. (d) Matt 10:32; Rom 10:10. (e) Rom I2:1; 1 Pet 2:5, 9; Op 1:6; 5:8, 10. (f) 1 Pet 2:11; Rom 6:12, 13;. Gal 5:16, 17; Ef 6:11; 1 Tim 1:18, 19. (g) 2 Tim 2:12; Matt 25:34.

Vraag 33: Waarom word Christus die eniggebore Seun van God genoem terwyl ons tog ook kinders van God is?

Antwoord: Omdat alleen Christus die ewige natuurlike Seun van God is (a), terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van God aangeneem is (b).

(a) Joh 1:14; Heb 1:1, 2; Joh 3:16;1 Joh 4:9; Rom. 8:32. (b) Rom 8:16; Joh 1:12; Gal 4:6; Ef 1:5, 6.

Westminster Geloofsbelydenis 10

Effectual Calling

1. At the right time, appointed by him, God effectually calls all those and only those whom he has predestined to life. He calls them by his word and Spirit out of their natural state of sin and death into grace and salvation through Jesus Christ.1 He enlightens their minds spiritually with a saving understanding of the things of God.2 He takes away their heart of stone and gives them a heart of flesh.3 He renews their wills and by his almighty power leads them to what is good.4 And so he effectually draws them to Jesus Christ.5 But they come to Jesus voluntarily, having been made willing by God’s grace.6

1. Rom 8.28,30, 11.7, Eph 1.5,10-11, 2 Thes 2.13-14, 2 Cor 3.3,6, Rom 8.2, 2 Tm 1.9-10, Jn 15.16, Acts 13.48, 1 Thes 5.9, Jas 1.18, 1 Cor 2.12, Eph 2.1-10.

2. Acts 26.18, 1 Cor 2.10,12, Eph 1.17-18, 2 Cor 4.6.

3. Ez 36.26.

4. Ez 11.19, Phil 2.13, Dt 30.6, Ez 36.27, Phil 4.13, Jn 3.5, Gal 6.15, Ti 3.5, 1 Pt 1.23.

5. Eph 1.19, Jn 6.44-45.

6. Sg 1.4, Ps 110.3, Jn 6.37, Rom 6.16-18, Mt 11.28, Rv 22.17; see under figure 5 above.

2. This effectual call is freely made by God and is entirely an act of his special grace. It does not depend on anything God foreknew or foresaw about the person called, 7 who is completely passive. God himself gives life and renewal by the Holy Spirit.8 He thereby enables each person to answer his call and to accept the grace he offers and actually gives.9

7. 2 Tm 1.9, Ti 3.4-5, Eph 2.4-5, 8-9, Rom 9.11.

8. 1 Cor 2.14, Rom 8.7-9, Eph 2.5.

9. Jn 6.37, Ez 36.27, Jn 5.25.

3. Elect infants, dying in infancy, are regenerated and saved by Christ, through the Spirit,10 who works when, where, and how he pleases.11 The same is true of all other elect persons who are incapable of being outwardly called by the ministry of the word.12

10. Lk 18.15-16, Acts 2.38-39, Jn 3.3,5-6, 1 Jn 5.12, Rom 8.9, Gn 17.7, Ps 105.8-10, Ez 16.20-21, Gal 3.29, Acts 16.15,31-33, 1 Cor 1.16.

11. Jn 3.8.

12. 1 Jn 5.12, Acts 4.12, Jn 3.8, 16.7-8.

4. Others, not elect, may be called by the ministry of the word, and the Spirit may work in them in some of the same ways he works in the elect. However, they never truly come to Christ and therefore cannot be saved.13 And, of course, people, not professing the Christian religion, cannot be saved in any other way at all,14 no matter how hard they try to live a moral life according to their own understanding or try to follow the rules of some other religion. To say they can be saved is extremely harmful and should be denounced.15

13. Mt 22.14, 7.22, 13-15, 20-21, Heb 6.4-6, Jn 6.64-66, 8.24, 1 Jn 2.19, Acts 28.24.

14. Acts 4.12, Jn 14.6, Eph 2.12-13, Jn 4.22, 17.3.

15. 2 Jn 9-11, 1 Cor 16.22, Gal 1.6-8.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor geloof in Jesus Christus.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.