Skip to main content

Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die Nederlandse Geloofsbelydenis 22, Heidelbergse Kategismus 21, 32-33 en Westminster Geloofsbelydenis 10. Wat leer jy oor geloof in Jesus Christus? Wat beteken dit vir jou? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 22

ONS REGVERDIGING DEUR DIE GELOOF

Ons glo dat die Heilige Gees ‘n opregte geloof in ons harte laat ontvlam om die ware kennis van hierdie groot geheimenis te verkry. Die geloof omhels Jesus Christus met al sy verdienstes. Dit maak Hom ons eie en soek na niks anders as na Hom nie. Daar is dus net twee moontlikhede: In Jesus Christus is nie alles wat vir ons saligheid nodig is nie, óf dit is alles wél in Hom, en dan het hy wat Jesus Christus deur die geloof besit, sy volle saligheid. Om nou te beweer dat Christus nie genoegsaam is nie maar dat daar buite Hom nog iets meer nodig is, sou gruwelike godslastering wees, want dit sou beteken dat Christus slegs ‘n halwe Verlosser is. Ons sê daarom tereg saam met Paulus dat ons deur die geloof alleen of deur die geloof sonder die werke geregverdig is (Rom. 3:28).

Om presies te wees: Ons bedoel nie dat die geloof self ons regverdig maak nie, want die geloof is slegs die middel waardeur ons Christus, ons Geregtigheid, omhels, maar wel dat Jesus Christus ons Geregtigheid is. Hý reken ons sy hele verdienste toe en ook al sy heilige werke wat Hy vir ons en in ons plek gedoen het, terwyl die geloof die middel is wat ons in die gemeenskap aan al sy weldade aan Hom verbind. En as die weldade ons eiendom geword het, is hulle meer as genoeg om vryspraak vir ons sondes te verkry.

Ps. 51:8; Ef. 1:17-18; 1 Tess. 1:6; 1 Kor. 2:12; Gal 2:21; Jer. 23:6; 1 Kor. 1:20; Jer. 51:10; 1 Kor. 15:3; Matt. 1:21; Rom. 8:1; 3:20, 28; Gal. 2:16; Heb. 7:19; Rom. 8:29, 33; Hand. 13:28; 1 Pet. 1:4; Rom. 10:3, 5, 9; Luk. 1:77; Tit. 3:5; Ps. 32:1; Rom. 4:5; 3:24, 27; Filp. 3:9; 2 Tim. 1:9; Ps. 115:1; 1 Kor. 4:7; Rom. 4:2.

Heidelbergse Kategismus 21, 32-33

Vraag 21: Wat is ‘n ware geloof?

Antwoord: ‘n Ware geloof is nie alleen ‘n vasstaande kennis waardeur ek alles wat God in sy Woord aan ons geopenbaar het (a) vir waar aanvaar nie, maar ook ‘n vaste vertroue (b) wat die Heilige Gees (c) deur die evangelie in my hart werk (d), naamlik dat God nie net aan ander nie, maar ook aan my uit loutere genade, slegs op grond van die verdienste van Christus (e), vergewing van sondes, ewige geregtigheid en saligheid (f) geskenk het.

(a) Jak 2:19. (b) Heb 11:1, 7; Rom 4:18-21; 10:10; Ef 3:12; Heb 4:16; Jak 1:6. (c) Gal 5:22; Matt 16:17; 2 Kor 4:13; Joh 6:29; Ef 2:8; Fil 1:19; Hand 16:14. (d) Rom 1:16; 10:17; 1 Kor 1:21; Hand 10:44; 16:14. (e) Ef 2:8; Rom 3:24; 5:19; Luk 1:77, 78. (f) Rom 1:17; Gal 3:11; Heb 10:10, 38; Gal 2:16.

Vraag 32: Waarom word jy ‘n Christen genoem (a)?

Antwoord: Omdat ek deur die geloof ‘n lid van Christus is (b) en daardeur deel aan sy salwing het (c) sodat ek sy Naam kan bely (d), myself as ‘n lewende dankoffer aan Hom kan toewy (e) en in hierdie lewe met ‘n vrye gewete teen die sonde en die duiwel kan stry (f) en hierna met Christus in ewigheid oor alle skepsels kan regeer (g).

(a) Hand 11:26. (b) 1 Kor 6:15. (c) 1 Joh 2:27; Hand 2:17. (d) Matt 10:32; Rom 10:10. (e) Rom I2:1; 1 Pet 2:5, 9; Op 1:6; 5:8, 10. (f) 1 Pet 2:11; Rom 6:12, 13;. Gal 5:16, 17; Ef 6:11; 1 Tim 1:18, 19. (g) 2 Tim 2:12; Matt 25:34.

Vraag 33: Waarom word Christus die eniggebore Seun van God genoem terwyl ons tog ook kinders van God is?

Antwoord: Omdat alleen Christus die ewige natuurlike Seun van God is (a), terwyl ons om sy ontwil uit genade tot kinders van God aangeneem is (b).

(a) Joh 1:14; Heb 1:1, 2; Joh 3:16;1 Joh 4:9; Rom. 8:32. (b) Rom 8:16; Joh 1:12; Gal 4:6; Ef 1:5, 6.

Westminster Geloofsbelydenis 10

Effectual Calling

1. At the right time, appointed by him, God effectually calls all those and only those whom he has predestined to life. He calls them by his word and Spirit out of their natural state of sin and death into grace and salvation through Jesus Christ.1 He enlightens their minds spiritually with a saving understanding of the things of God.2 He takes away their heart of stone and gives them a heart of flesh.3 He renews their wills and by his almighty power leads them to what is good.4 And so he effectually draws them to Jesus Christ.5 But they come to Jesus voluntarily, having been made willing by God’s grace.6

1. Rom 8.28,30, 11.7, Eph 1.5,10-11, 2 Thes 2.13-14, 2 Cor 3.3,6, Rom 8.2, 2 Tm 1.9-10, Jn 15.16, Acts 13.48, 1 Thes 5.9, Jas 1.18, 1 Cor 2.12, Eph 2.1-10.

2. Acts 26.18, 1 Cor 2.10,12, Eph 1.17-18, 2 Cor 4.6.

3. Ez 36.26.

4. Ez 11.19, Phil 2.13, Dt 30.6, Ez 36.27, Phil 4.13, Jn 3.5, Gal 6.15, Ti 3.5, 1 Pt 1.23.

5. Eph 1.19, Jn 6.44-45.

6. Sg 1.4, Ps 110.3, Jn 6.37, Rom 6.16-18, Mt 11.28, Rv 22.17; see under figure 5 above.

2. This effectual call is freely made by God and is entirely an act of his special grace. It does not depend on anything God foreknew or foresaw about the person called, 7 who is completely passive. God himself gives life and renewal by the Holy Spirit.8 He thereby enables each person to answer his call and to accept the grace he offers and actually gives.9

7. 2 Tm 1.9, Ti 3.4-5, Eph 2.4-5, 8-9, Rom 9.11.

8. 1 Cor 2.14, Rom 8.7-9, Eph 2.5.

9. Jn 6.37, Ez 36.27, Jn 5.25.

3. Elect infants, dying in infancy, are regenerated and saved by Christ, through the Spirit,10 who works when, where, and how he pleases.11 The same is true of all other elect persons who are incapable of being outwardly called by the ministry of the word.12

10. Lk 18.15-16, Acts 2.38-39, Jn 3.3,5-6, 1 Jn 5.12, Rom 8.9, Gn 17.7, Ps 105.8-10, Ez 16.20-21, Gal 3.29, Acts 16.15,31-33, 1 Cor 1.16.

11. Jn 3.8.

12. 1 Jn 5.12, Acts 4.12, Jn 3.8, 16.7-8.

4. Others, not elect, may be called by the ministry of the word, and the Spirit may work in them in some of the same ways he works in the elect. However, they never truly come to Christ and therefore cannot be saved.13 And, of course, people, not professing the Christian religion, cannot be saved in any other way at all,14 no matter how hard they try to live a moral life according to their own understanding or try to follow the rules of some other religion. To say they can be saved is extremely harmful and should be denounced.15

13. Mt 22.14, 7.22, 13-15, 20-21, Heb 6.4-6, Jn 6.64-66, 8.24, 1 Jn 2.19, Acts 28.24.

14. Acts 4.12, Jn 14.6, Eph 2.12-13, Jn 4.22, 17.3.

15. 2 Jn 9-11, 1 Cor 16.22, Gal 1.6-8.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die geloofsbelydenisse jou gee oor geloof in Jesus Christus.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda