Vraag 1: Wat is God?

1. Hoe dink jy oor God? Watter eienskappe van Hom beteken vir jou die meeste?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Theta – Griekse letter-simbool vir God

God is groot en genadig, goed en getrou. God sorg vir alles en almal, vol liefde en trou. God is oneindig, onbegryplik en onveranderlik in wese en volmaaktheid, alwetend en almagtig, volkome wys en regverdig, barmhartig en heilig, die alleroorvloedigste fontein van alles wat goed is. Hy alleen moet aanbid, gehoorsaam en gedien word. Niks gebeur behalwe deur Hom en volgens sy wil nie.

3. Hoe verander hierdie beskrywing van God jou gedagtes. Hoe laat dit jou voel?

4. Lees die verhaal van Elia en die weduwee van Sarfat in 1 Konings 17. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap en oordink dit.

God is groot en almagtig. Hy het ’n groot droogte oor Israel gebring weens hulle sonde. God is genadig en getrou. Hy het vir Elia gesorg met water. Die kraaie het elke oggend en aand brood en vleis vir hom gebring. Toe die droogte te erg raak, het God ’n wonderwerk gedoen. Hy het gesorg dat die weduwee van Sarfat se meel en olie nie opraak nie. God het haar seuntjie wat gesterf het weer laat lewe om sy goedheid te wys. Hy het dit ook weer laat reën toe Israel tot inkeer gekom het. God is vol liefde en trou.

6. Watter verwagtings skep die verhaal by jou? Bring jou behoeftes in gebed voor God.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (5)

  • Hello Dominee, en tog murmereer ons soos die volk Israel by Moses. Daar is soveel tasbare bewyse dat God sorg ten spyte van alles.

  • Chris,
    Moet ons nie liewer konsekwent praat van: “Wie” is God nie? God is mos is persoon en daarom vra ons nie: “Wat” is God nie.
    Dit is vir my belangrik in die lig van die panenteïsme in die teologie.
    Jan

    • Ek het dit oorweeg, maar wou ‘n onderskeid maak met die volgende vraag na die Drie-Eenheid wat die “Wie”-vraag na my mening antwoord (volgende week se plasings). Vandaar die “Wat”-vraag.

      “Wat” en “wie” is albei vraende of betreklike voornaamwoorde (HAT).

      • Met die vraende voornaamwoord “wat” vra jy meer ‘n inhoudelike of beskrywende vraag: “Wat is gebed?” Daarom: “Wat is God?” of “Wat is sy Naam?” (Eks 3:13)
      • Met die vraende voornaamwoord “wie” vra jy meer ‘n persoons- of identiteitsvraag: “Wie bid?” Daarom sal ‘n mens dit só aantref in terme van God: “Wie sal ons red uit die mag van hierdie geweldige God? Dit is dié God deur wie die Egiptenaars in die woestyn getref is met allerhande plae.” (1 Sam 4:8)

      “Wie” kan verder vervang word met “watter” soos in “watter persoon?” “Wat” kan egter nie op dieselfde wyse vervang word met ‘n ander woord nie.

      Daarom gebruik ‘n mens die betreklike voornaamwoord “wat” eerder as “wie” in die volgende sin: “Die man, wat nou net hier was.” Dit word ook in die Bybel gebruik vir God: “Ek is die God wat daar aan jou verskyn het.” (Gen 35:1)

      Ek het ook oorweeg om te praat van “watter soort God” is God, maar dit het vir my gevoel te omslagtig geword. Vandaar “Wat is God?” En dan die volgende vraag: “Wat is die Drie-Eenheid?”

      Die titel van die boek is natuurlik “Wie is God?” Dit maak die Godsbeeld van die boek ‘n persoonlike een: Vader, Seun en Heilige Gees.

  • Dankie dat jy aandag gegee het aan my standunt Chris. Ek hoor wat jy sê, maar is nie oortuig nie.
    “What is God (like)?” kan bv vertaal word met: “Wat is God se karakter?” Dan antwoord jy: Hy is liefde ens.
    Ek ken egter jou hart en sal dit nie teen jou hou nie!

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Numeri 36Ja, alles het eintlik met alles te make in die Skrif. Dit onderstreep die waarde van elke enkele deel daarvan vir alle tye.
  • Chris van Wyk on Numeri 36My voorreg!
  • Ansie Lessing on Numeri 36Dankie. Ek mis die stukkies vir niks nie. Groete, Ansie
  • Chris van Zyl on Numeri 36Baie dankie vir jou bydraes, Chris, en betekenisse wat vir my soveel beter insig verskaf het. Die kruisverwysings tussen OT en NT het my laat besef dat die OT se verhale konteks verskaf vir die Jesus se oorwinning in die NT. Baie dankie, ek sien uit na Deut.
  • Chris van Wyk on JeremiaHi Petro, my bydraes oor Jeremia is net op die Internet by hierdie skakel beskikbaar.
  • Petro on JeremiaMiddag Waar kan ek net die boek Jeremia aflaai Dankie
  • Chris van Wyk on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesDie boodskap van die drie hoofstukke is dat God se oordeel werklik is en dat sy waarskuwings nie in die wind geslaan moet word nie. Dit geld ook sy volk om hulle te bekeer van hulle verkeerde weë. Hulle status as God se uitverkore volk moet nie ligtelik opgeneem word nie. Groter kennis van die waarh…
  • Marizanne Louw on Jesaja 21-23 – God se oordeel bereik alle nasiesHi ek is besig met bybelstudie..en ek kry va oggend Jesaja 21..maar ek kry nie n vers op toepassing van my nie..ek kan nie opsevasie maak nie..ook nie hoe dit op toepassing van my is nie. Kan u dalk dit vir my uiteensit?/verduidelik asb??
  • Chris van Wyk on LukasHi Susanna, Lukas skryf daarvan in Lukas 24:50-53 JESUS SE HEMELVAART (Mark 16:15,19; Hand 1:4-11) 50Daarna het Jesus hulle uit die stad gelei, tot by Betanië. Hy het sy hande opgehef en hulle geseën. 51Terwyl Hy hulle seën, het Hy van hulle af weggegaan, en is in die hemel opgeneem. 52Hulle het Hom…
  • Susanna Ellis on LukasWaar in Lukas en in Markus verskyn die woord Hemelvaart in die verse.
  • Chris van Wyk on Numeri 13Hi, daar is baie teorieë oor die Nefilîm (reuse - soos die Griekse vertaling van die Hebreeuse teks dit interpreteer). Die Joodse boek 1 Henog open die moontlikheid dat van Noag se skoondogters Nefilîm gebaar het om die voorkoms na die sondvloed te verklaar. Maar, die Bybelse weergawe is stil daaroo…
  • Jerimy on Numeri 13Baie dankie vir die Skrif en bemoeding dat ons nie 45 jaar moet wag soos Kaleb om genoeg geloof bymerkaar te skraap en sdan nie eers ons erf porsie in besit wil neem nie.Is dit nie moontlik dat Noag se seuns se vroue die Nefilîm gene gedra het nie,daarom die melding van reuse na die vloed ?
  • Chris van Wyk on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapHi Rudi, ja, jy is reg, maar Dan word daar net genoem as "seun" van Jakob, maar anders as met die ander stamme, word die geslagsregister van Dan nie in die res van 1 Kronieke 1-9 gegee nie. Ek het dit nou helderder gestel: "Dit korreleer onder andere met die Kronis wat die stam van Dan ook in die ge…
  • Rudi van Tonder on Openbaring 7 – God beskerm en versorg die kerk as geloofsgemeenskapDan is in 1 Kronieke 2 vers 1?
  • Chris van Wyk on Levitikus 27Menseoffers is in verskeie antieke kulture en selfs in meer onlangse kulture beoefen. Green het sy omvattende studie van menslike offerandes in die antieke Nabye Ooste opgesom met die algemene stelling dat “menslike offerande dwarsdeur hierdie streek opgespoor kan word,” d.w.s. dwarsdeur Mesopotamië…
%d bloggers like this: