Skip to main content

Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?

1. Wat verwag God van jou in sy wet soos Hy dit in die Tien Gebooie vasgestel het? Hoe sal jy dit opsom? Is die wet steeds geldig? Hoe hou die wet verband met die genade van die evangelie?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

Dat ek God sal liefhê bó alles en my naaste soos myself. Wat God verbied, mag ek nooit doen nie. Wat God gebied, moet ek altyd doen. God verwag persoonlike, volkome, noukeurige en volhardende gehoorsaamheid aan die wet. Die wet is in ooreenstemming met die genade van die evangelie. Die Gees van Christus stel my in staat om te voldoen aan die vereistes van die wet.

3. Die voorskrifte van die wet verskaf ‘n netwerk van vertikale en horisontale riglyne wat oorvloed in die lewe moontlik maak. Hoe help hierdie verklaring jou om die blywende waarde van die Tien Gebooie en die res van die OT raak te sien?

4. Lees Jesus se opsomming van die wet in Matteus 22:34-40. Wat tref jou?

5. Lees my opsomming van die boodskap daarvan en oordink dit.

’n Wetsgeleerde het Jesus gevra: “Leermeester, wat is die belangrikste opdrag in die wet van Moses?” Jesus se antwoord was: “Jy moet die Here jou God liefhê met jou hele hart en met jou hele siel en met jou hele verstand. Dit is die eerste en belangrikste opdrag.” Dit vat die eerste vier van die Tien Gebooie saam. Jesus sê toe: “Die tweede, ewe belangrike opdrag is: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.” Dit vat die laaste ses gebooie saam. Jesus som dit só op: “Al die ander vereistes van die wet en die profete berus op hierdie twee gebooie.”

6. Wat beteken dit dat alles in die wet en die profete op hierdie twee gebooie “berus”? Een manier om dit beter te verstaan, is om enige gedeelte van die OT te vat en na te dink hoe dit verband hou met die liefde tot God en die liefde tot die naaste. Byvoorbeeld: jy mag geen ander gode náás God aanbid nie – dit “berus” op die liefde vir God. Óf: jy mag geen valse verklarings aflê nie – dit “berus” op die liefde vir jou naaste. Dink self aan ‘n klomp voorbeelde en maak die verbintenis met die dubbele liefdesgebod (bv offers, reinheid, heiligheid, selfs gehoorsaamheid aan moeilike opdragte soos ‘n “heilige oorlog” of die aanvaarding van “ballingskap”).

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.
  • Marius smit on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieHoekom beskerm die Here jou juis aan jou regterkant?
  • runawayjoyous2427b27b07 on Eenjaar Bybelleesprogram – 366 daeBaie dankie!