‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig
Johannes 4

Jesus is die enigste een wat jou lewe kan verander. Hy is die enigste een wat jou begeerte na God, daardie behoefte na sin en betekenis, na heelheid en tevredenheid kan bevredig.
En die beste manier om dit reg te kry, is om, soos Eugene Petersen dit noem, ‘n aptyt vir God te ontwikkel, ‘n dors na Hom. Hoekom sê hy so? In The Message, vry vertaal, sê hy dit as volg: “God is die kos en wyn van die beste ete wat jy ooit sal eet.” (Matt 5:6).
Nou die interessante van God se manier, is dat Hy ons ontmoet waar óns is, in ons behoeftes en begeertes. Hy sit nie eers jou begeertes af en begin dán met jou werk nie. Hy vra nie eers dat jy darem net só ‘n bietjie meer volwasse moet raak in jou begeertes nie. God is nie ‘n askeet, een wat die vreugdes en genietinge van die lewe afsit, nie!
Nee – Hy is maar te bly as ons behoeftes het, want dan kan Hy daarby aansluit, dit bevredig, en ‘n geleentheid skep dat ons dieper dors na meer van Hom bevredig kan word.
Hoekom? Want verborge in ons behoeftes en begeertes is ‘n aptyt, ‘n dors vir God, die een wat ware lewe gee.
KOM ONS KYK EERS VAN JESUS SE KANT AF NA DIÉ VERHAAL:
Jesus is op reis na Galilea in die noorde. Hy vat die kortpad deur Samaria en nie die gebruiklike langer roete aan die oostekant van die Jordaanrivier om die Samaritane te vermy nie.
Nou ons moet onthou: Jode het nie met Samaritane geassosieer nie. En dit was wedersyds. Hulle onderlinge stryd het reeds 7 eeue tevore begin, toe die noordelike ryk, met Samaria as hoofstad, deur die Assiriërs verower is. ‘n Klomp Assiriërs het daar kom bly, wat tot grootskaalse ondertrouery tussen die Jode en Assiriërs gelei het. Dit het tot ’n gemengde godsdiens en ‘n gemengde rasse groep in daardie gebied gelei. Die Jode van Juda, die suidelike ryk, het die Samaritane dus as ’n onsuiwer groep mense beskou en hulle gehaat omdat hulle, volgens die Jode, hulle volk en godsdiens verraai het. Daarom het die Jode uit hulle pad gegaan om Samaria en die Samaritane te vermy.
Jesus laat Hom egter nie deur dié eeue lange stryd van stryk bring nie, en as hy by die fontein ‘n Samaritaanse vrou kry, vra Hy vir haar water.
Daarmee het Jesus twee grense oorgesteek. Hy steek 1) die rasse en sosiale grens oor, én Hy steek 2) die geslag- of gender grens oor – Hy as man praat met ‘n vreemde vrou op ‘n publieke plek.
En die interessante van sy gesprek met haar, is dat Hy haar baie spesifiek vra om sy dors te les. Daardeur erken Hy haar behoefte aan waardigheid, en Hy gee haar die mag om iets vir Hom te beteken.
As sy met Hom terug begin praat, bied Hy vir haar die lewende water aan, iets waarin sy onmiddellik belang stel, hoewel sy dit eers verkeerd verstaan.
En op haar vraag na die regte plek van aanbidding, lei Jesus haar na ‘n nuwe manier om God te aanbid, nie meer in Jerusalem of Samaria nie, maar op enige plek, solank dit in Gees en in waarheid geskied.
Daarmee steek Jesus natuurlik saam met haar ook 3) die godsdiens grens oor na ‘n nuwe plek waar almal voor God gelyk is en met Hom in ‘n geestelike verhouding kan leef.
Die afloop van die verhaal is treffend – die vrou wat ‘n verstoteling in haar eie gemeenskap was, dié dat sy op die middag kom water skep het, gaan terug na die Samaritaanse gemeenskap, bring hulle na Jesus toe, en herstel eintlik die gemeenskap nie net met God nie, maar ook tussen Jode en Samaritane.
Jesus bevredig dus haar behoefte aan menswaardigheid, aan gemeenskap met haar mense, maar ook aan die regte verhouding met God.
MAAR KOM ONS KYK NOU NA DIE VERHAAL UIT DIE VROU SE HOEK:
Sy gaan skep water op die warmste tyd van die dag, 12:00. Vroue het twee keer ‘n dag gaan water haal vir hulle huise in daardie tyd, soggens en saans, wanneer dit koeler was. Hierdie Samaritaanse vrou vermy dus die ander vroue van die dorp, miskien omdat sy verwerp gevoel het, of meer waarskynlik inderdaad ‘n verworpene was. En verwerpte mense weet ons mos, het ‘n behoefte aan aanvaarding en gemeenskap met ander mense – al sal hulle dit wegsteek of ‘n front voorhou. Die feit dat sy saamgebly het met iemand op dié stadium verraai dat sy ‘n behoefte aan mense gehad het, al was dit dan nou ‘n opeenvolging van mans.
As Jesus vir haar by die put vra na water, is haar eerste reaksie om Hom weg te stoot met die verweer dat Jode nie met Samaritane gepraat het nie, en mans weer nie met vroue in die openbaar nie.
Maar ‘n interessante ding gebeur. As Jesus vir haar antwoord en begin om God by haar behoefte uit te bring: “As jy geweet het wat God gee …” (vers 10) dan raak sy geïnteresseerd en wil sy by hierdie vreemdeling leer, haar behoefte na meer bevredig.
Eers toets sy nog ‘n laaste keer sy vermoë: “Jy is tog nie tot meer in staat as ons voorvader Jakob nie …” (vers 12), maar soos Jesus haar al hoe dieper inlei in alles wat God haar kan gee, ‘n fontein van water wat in haar binneste kan opborrel en vir haar die ewige lewe kan gee, dan raak sy leerbaar.
En haar leerbaarheid lei haar tot ‘n oorgawe aan Jesus se perspektief op God en die wyse waarop Hy aanbid moet word.
En as Jesus vir haar sê dat Hy die Christus is, raak sy ‘n getuie, wat nie net teruggaan na die dorp en die waarheid oor haarself vertel nie, maar nog meer belangrik, Jesus as die Christus aan hulle voorstel.
Dit is asof die ruimte in haar lewe vir God progressief groter word deur vier fases:
• Sy raak leerbaar.
• Sy gee haarself oor aan Jesus
• Sy vertel die waarheid oor haarself
• En sy raak ‘n getuie.
En nou moet u mooi luister, want ons leer ongelooflik baie hieruit: Jesus sluit aan by haar behoefte aan aanvaarding, haar behoefte om mens in eie reg te wees, haar behoefte om ingesluit te word in die gemeenskap waar sy bly, en Hy bevredig ál die behoeftes, oor en oor … maar sy leer ook die Messias ken, dié Een wat haar diepste begeerte na God kan bevredig.
En God laat water opborrel uit die fontein binne in haar, sodat sy in die dorpie gaan getuig van die lewende water wat Jesus bring. En haar getuienis maak die deure van die dorpie oop vir Jesus. Hulle reageer in gasvryheid, nooi Jesus om vir ‘n paar dae daar oor te bly, en raak op hulle beurt getuies: “Ons glo nie meer op grond van wat jy vir ons vertel het nie, want ons het self na Hom geluister, en ons weet dat Hy waarlik die Verlosser van die wêreld is.” (vers 42).
BETEKENIS
En dit gee ons ‘n diep insig in hoe die geestelike lewe werk:
Van God se kant af sluit Hy by die behoefte aan wat dié vrou het na aanvaarding, en selfs in die geval van die dorpie. En Jesus nooi haar uit, daag haar uit, moedig haar aan, vertoef by haar totdat sy kan reageer op die geskenk wat Hy gee.
En in die proses kom daar ruimte vir Hom in haar en in die dorpie se lewens.
Wat sien ons in die vrou?
• Leerbaarheid
• Oorgawe
• Getuienis!
• Praat die waarheid
En by die dorpie Sigar?
• Gasvryheid
• Getuienis
Van die vrou en die dorpie se kant af, maak hulle ruimte vir God in hulle lewe deur leerbaar te word, deur hulle oor te gee aan wat God deur Jesus vir hulle wys, deur nie stil te bly oor die geskenk van lewende water wat God deur sy Gees gee nie, deur die waarheid te begin omhels as die enigste manier waarop gemeenskap herstel word, deur gasvry te wees en deur te getuig.
En omdat dié dinge so kragtig gewerk het in hierdie mense se lewens, het dit deel geword van die geestelike wysheid van die kerk. Die kerk het agtergekom, mense wat leerbaar word, mense wat hulle aan God oorgee, mense wat die waarheid begin praat, mense wat gasvryheid begin leef, is mense wat die lewende water wat God gee, ervaar as ‘n fontein wat in hulle binneste opborrel.
Én … het die kerk geleer deur die eeue, as jy meer van God in jou lewe wil ervaar, is dit dié dinge wat jy as geestelike gewoontes of dissiplines kan aanleer, sodat dit jou gedrag kan bepaal en jy ruimte vir God kan maak in jou lewe. Dws, as jy leerbaar is, as jy jou oorgee aan God op ‘n daaglikse basis, as jy die waarheid praat, as jy gasvry lewe, dan gee jy God kans om sy werk te doen.
En dit is wanneer dié dinge ‘n lewenswyse word, wat jou lewe regtig vrug begin dra, dat jou behoeftes bevredig word, dat jy ‘n fontein van lewende water vir ander word.
Só word ‘n mens met jou volle menswees en met jou spesifieke behoefte ingetrek in God se werk en kom daar ‘n ruimte dat Hy ons lewens kan transformeer.
Natuurlik is die dieptepunt van al ons begeertes eintlik ‘n begeerte na God, maar jy begin op die plek waar jy is, soos die vrou, by haar verworpe ervaring, die middag by die put, en deur die ruimte wat daar in haar kom vir God se werk, in haar geval deur leerbaarheid en oorgawe aan Jesus lei dit haar tot ‘n lewe in waarheid en getuienis … En haar diepste begeerte na God word bevredig. Sy ontmoet die Messias.
View all posts in this series
- Wie is God?
- Vraag 1: Wat is God?
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38
- Vraag 3: Wat is die mens?
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104
- Vraag 5: Hoe ken jy God?
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- God bestaan en God praat – Psalm 19
- Vraag 6: Wat is die Bybel?
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod?
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte
- God wil ons heilig maak
- Vraag 15: Wat is sonde?
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Vraag 16: Wat is afgodery?
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte
- Gideon verruil God vir afgode
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte
- Die krag van die kruis
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte
- Tien woorde van Troos
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte
- As iemand nie van bo-af gebore word nie
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus?
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan?
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
- Vraag 26: Wat is die Vader?
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte
- Ek is doodsbenoud
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun?
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte
- Die Seun is die Woord van God
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11
- Blaaskans vir Pinkster
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte
- God-flavors en God-colors
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees?
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou?
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte
- Hoe “praat” die Heilige Gees?
- Vraag 40: Wat is gebed?
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte
- Tien gebede van Nehemia
- Vraag 41: Hoe moet jy bid?
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8
- Vraag 42: Wat moet jy bid?
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader?
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Laat u wil geskied
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Vertrou op die kragtige hand van God
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk?
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug?
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte
- Reik uit na dié wat teen jou sondig
- Vraag 49: Wat is die sakramente?
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14
- Vraag 50: Wat is die doop?
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne
- Vraag 49: Wat is die nagmaal?
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte
- Die belofte van die ewige lewe
Tags: Wie is God?
Trackback from your site.
Johan
| #
Baie dankie Chris, jy is regtig geseende met die insig wat jy weerspieel. Daar was so baie dwaal strome deur die lewe dat ek vandag eintlik verlig is dat iemand die waarheid oor ons Groot God vertel sonder bybedoelings, maar suiwer op grond van jou oortuigings uit die Bybel. Seen vir jou!!!!!
Reply
Chris van Wyk
| #
Hi Johan, dit bly my passie en plesier.
Reply