Skip to main content

Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21

Kinders, julle moet in elke opsig aan julle ouers gehoorsaam wees, want dan is die Here tevrede. Ouers, moenie aanhou foutvind met julle kinders sodat hulle moed verloor nie. (NLV)

1. Wat tref jou van Paulus se opdrag aan kinders en aan ouers?

2. Dink na oor die impak wat die gehalte van die onderlinge verhoudings tussen ouers en hulle kinders op hulle getuienis in die wêreld het.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die belangrikheid van goeie onderlinge verhoudings. Reik uit na jou ouers/kinders ter aansporing en aanmoediging.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Kolossense 3 sowel as my bydrae daaroor: Kolossense 3:1-4:1 – Leef as nuwe mense.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar