Skip to main content

Openbaring 15 – Die oordeel breek onafwendbaar aan

Hoofstuk 15 is ’n kort inleiding op die finale oordeel waarin die sewe goue bakke gloeiende kole van God se toorn op die aarde uitgegooi word.  Dié sewe bakke met oordele word as sewe plae geteken wat God se oordeel voltooi wat ook Babilon (Rome) se vernietiging insluit.

Hierdie einde verskaf groot vreugde vir die gelowiges wat die oorwinning behaal het.  Hulle sing die lied van Moses (vgl. Eks. 15), waarmee die oordele direk met die wyse waarop die plae in Egipte verlossing vir die Israeliete gebring het, verbind word (vgl. ook Deut. 32 wat Moses se lied met die Intog in Kanaän weergee).  Dit is ook die lied van die Lam waarin God vir sy Almag, reg en betroubaarheid geloof word en as Koning van die nasies aanbid word.

Dit dui dus op die feit dat verlossing en oordeel kante van dieselfde munt is.  Sonder die oordeel sal God se mense nie verlos word nie.  Sonder die verlossing sal die oordeel net so boos wees as dié wat geoordeel word.

Die sewe engele het uit die tent van die getuienis (N.A.V. vertaal “woonplek van God”) gekom.  Die woord getuienis in die oorspronklike Grieks verwys na die kliptafels van die wet wat in die ark in die tabernakel geplaas is en van God se wil vir die lewe getuig het (Vgl. Lev. 16:13).  Die engele kom dus uit God se teenwoordigheid en volledig in lyn met sy geopenbaarde wil om die oordeel uit te deel.

Hulle ontvang van die vier lewende wesens, verteenwoordigend van die skepping en God se teenwoordigheid daarbinne, die sewe bakke met gloeiende kole van God se toorn.  Dit kom ooreen met die vorige twee soortgelyke prosesse in Openb. 5:8 en 8:3-5 waar dit met die gebede van die gelowiges verbind word asook met vuur.

Dit lei tot groot ontsag vir God, uitgedruk met die beeld van die rook wat die tempel gevul het met die heerlikheid en mag van God.  Die feit dat niemand in die tempel kon ingaan tot die oordeel voltrek is nie, dui waarskynlik op die onafwendbaarheid van die oordeel waarop God besluit het.

Hoofstuk 16 vervolg dan met die verhaal van die uitgooi van die sewe bakke van God se toorn.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Openbaring


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Hannes. on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Middag Dr. Chris, Baie dankie vir ‘n insiggewende reis deur Psalms. Dit het beslis gehelp om my persoonlike gebedslewe te verbeter, en ek glo sterk dat elke gebed beslis my verhouding met die Here verdiep op ‘n manier waar ek tans baie meer pligsgetrou is teenoor my persoonlike stiltetyd en gesprekk…
  • Kobus on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Dit was vir my 'n wonderlike ervaring, ek kyk met 'n ander insig nou na die Psalms
  • Chris van Zyl on Hoe het “Bid die Psalms” jou gehelp?Bid die Psalms het vir my baie beter insig verskaf, veral die kontektualisering en verklarings wat elke gedeelte belig het. Ek is so dankbaar dat ek kon deel in hierdie bid-gerigte ervaring. Menige dag het ek gevoel dat die Psalm van die dag spesiaal vir my bedoel was. Dankie Chris van Wyk vir hierd…
  • Chris van Wyk on Psalm 137Dit is my voorreg. Groete!
  • Doreen Snyders on Psalm 137Net om weer 'n slag dankie te sê vir al die wonderlike verklarings en verduidelikings van al die Bybelse waarhede. Ons dien 'n wonderbare en allerheilige God. Ek sien baie uit na die Matteusevangelie. Nogmaals baie dankie. Doreen Snyders
  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…