Skip to main content

Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die mens se wese en werke? Hoe laat dit jou voel? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 14

DIE SKEPPING VAN DIE MENS, DIE SONDEVAL EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; Hy het hom volgens sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil sê goed, regverdig en heilig sodat hy met sy wil in alles met die wil van God kon ooreenstem. Maar toe hy in aansien was, het hy dit nie verstaan nie en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter, deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde en daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp. Hy het immers die gebod van die lewe wat hy ontvang het, oortree en homself deur die sonde losgeskeur van God, wat sy ware lewe was; so het hy sy hele natuur verderf en daarmee die liggaamlike en geestelike dood verdien. Hy het deur dat hy in al sy doen en late goddeloos, verkeerd en verdorwe geword het, al sy voortreflike gawes wat hy van God ontvang het, verloor en hy het niks anders daarvan oorgehou nie as slegs klein oorblyfsels, wat egter genoegsaam is om hom alle verontskuldiging te ontneem. Al die lig wat in ons is, het immers in duisternis verander, soos die Skrif ons leer: En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie’ (Joh. 1:5), waar die heilige Johannes die mense duisternis noem. Daarom verwerp ons alles wat in stryd hiermee oor die vrye wil van die mens geleer word, aangesien die mens niks anders as `n slaaf van die sonde is nie en: `’n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie’ (Joh 3:27). Want wie is daar wat daarop sal roem dat hy uit homself iets goeds kan doen, terwyl Christus sê: `Niemand kan na My kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie’ (Joh. 6:44)?

Wie sal op sy eie wil roem as hy verstaan dat ‘…wat die vlees bedink, vyandskap teen God is’ (Rom. 8:7)?

Wie sal op sy eie kennis roem as die natuurlike mens die dinge van die Gees van God nie aanneem nie (1 Kor. 2:14)?

Kortom: Wie sal ook maar op ‘n enkele gedagte roem as hy verstaan dat ons uit onsself nie bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie maar dat ons bekwaamheid uit God is (2 Kor. 3:5)? Daarom is dit reg dat wat die apostel sê, onwrikbaar bly, want dit is God wat in julle werk. Hy maak julle gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Filp. 2:13).

Want daar is geen verstand en geen wil in ooreenstemming met die verstand en die wil van God as Christus dit nie in die mens tot stand gebring het nie. Dit leer Hy ons as Hy sê: ‘Sonder My kan julle niks doen nie’ (Joh. 15:5).

1 Pet. 2:9; Pred. 12:7; Ps. 8:5; 49:21; Jes. 59:2; Gen 3:17, 19; Pred. 7:30,. Rom. 5:12; Joh. 8:7; Ef. 4:24; Rom. 12:2; 3:10; 8:6; Hand. 14:17, Rom. 1:20-21; Hand. 17:27; Ef. 4:18; 5:8; Joh. 1:5; Ps. 37:9; Jes. 26:12; Ps. 94:11; Rom. 8:3; 1 Kon. 20:9; Ps. 28:8; Jes. 45:25; Joh. 3:27; 6:44 (1 Kor. 2:14); 2 Kor. 3:5; Filp. 2:13.

Heidelbergse Kategismus 6

Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).

a) Gen 1:31. (b) Gen I:26, 27. (c) Ef 4:24; Kol 3 2 Kor 3:18.

Westminster Geloofsbelydenis 4.2

After God had made all the other creatures, he created man, male and female,4with reasoning, immortal souls.5He endowed them with knowledge, righteousness, and true holiness in his own image6and wrote his law in their hearts.7God also gave them the ability to obey his law and the potential to disobey it; i.e., he gave them freedom of their own will, which could change.8In addition to this law written in their hearts, they were commanded not to eat from the Tree of the Knowledge of Good and Evil.9As long as they obeyed God’s law and kept this commandment, they were happy in fellowship with God10and had dominion over the other creatures.11

4. Gn 1.27.

5. Gn 2.7, Eccl 12.7, Lk 23.43, Mt 10.28, Ps 8.5-6, Gn 2.19-20.

6. Gn 1.26, Col 3.10, Eph 4.24.

7. Rom 2.14-15.

8. Eccl 7.29, Gn 3.6,17, 2.16-17, Col 3.10, Eph 4.24.

9. Gn 2.16-17.

10. Gn 2.17, 3.8-11, 23.

11. Gn 1.26,28, Ps 8.6-8, Gn 1.29-30.

Westminster Geloofsbelydenis 24

Marriage and Divorce

Marriage is a union between one man and one woman, designed of God to last so long as they both shall live.1

1. Gn 2.23-24, 1 Cor 7.2,39, Mt 19.4-6, Eph 5.28,31,33, 1 Cor 13.8,13, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3.

Marriage is designed for the mutual help of husband and wife;2for the safeguarding, undergirding, and development of their moral and spiritual character;3for the propagation of children and the rearing of them in the discipline and instruction of the Lord.4

2. Gn 2.18,24.

3. Gn 1.27-28, Eph 5.22-23, Col 3.18-19, Gn 2.18-25, 1 Cor 7.3-5, 9, 36.

4. Gn 1.27-28, 9.1, Mal 2.15, Mt 18.5-6,10,14, 19.14, Eph 6.1-4, Col 3.20-21, Mk 10.13-16, Lk 18.15-17.

All persons who are able with judgment to give their consent may marry,5except within the limits of blood relationship forbidden by Scripture,6and such marriages are valid before God in the eyes of the church.7But no marriage can be fully and securely Christian in spirit or in purpose unless both partners are committed to a common Christian faith and to a deeply shared intention of building a Christian home. Evangelical Christians should seek as partners in marriage only persons who hold in common a sound basis of evangelical faith.8

5. Gn 1.27-28.

6. Mk 6.18, 1 Cor 5.1, Lv 18.6-18.

7. Mk 1.30, Jn 2.1-2, 1 Tm 5.14, Heb 13.4, 1 Cor 7.7,36, 9.5, 1 Tm 4.3.

8. 1 Cor 7, esp. v. 39, 2 Cor 6.14-15.

Marriage for the Christian has religious as well as civil significance.9The distinctive contribution of the church in performing the marriage ceremony is to affirm the divine institution of marriage;10to invoke God’s blessing upon those who enter into the marital relationship in accordance with his word;11to hear the vows of those who desire to be married; and to assure the married partners of God’s grace within their new relationship.12

9. Prv 18.22, Mt 19.6, Eph 5.29-30, 32, Mk 10.9, 11-12.

10. Gn 1.27-28.

11. Mk 10.9.

12. Eph 5.22-23.

It is the divine intention that persons entering the marriage covenant become inseparably united, thus allowing for no dissolution save that caused by the death of either husband or wife.13However, the weaknesses of one or both partners may lead to gross and persistent denial of the marriage vows; yet only in cases of extreme, unrepented-of, and irremediable unfaithfulness (physical or spiritual) should separation or divorce be considered. Such separation or divorce is accepted as permissible only because of the failure of one or both of the partners, and does not lessen in any way the divine intention for indissoluble union.14

13. Gn 2.23-24, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3, 1 Cor 7.2, 10-11,39, Eph 5.28,31,33, Mt 19.4-9, 1 Cor 13.4-13.

14. Mk 10.4-9, 1 Cor 7.12-13, 15, Mt 19.7-9.

The remarriage of divorced persons may be sanctioned by the church in keeping with the redemptive gospel of Christ, when sufficient penitence for sin and failure is evident, and a firm purpose of and endeavor after Christian marriage is manifested.15

15. 2 Sm 12.13, Neh 9.17, Ps 32.5, 130.4, Mt 12.31a, 21.31-32, Jn 8.3,11, Rom 3.23, Gal 6.1, 1 Tm 2.4, Heb 7.25, 1 Jn 1.9, 2.1-2, Lk 7.36-50, 15.11-32, Jn 3.16-17, Rom 10.9-10.

Divorced persons should give prayerful thought to discover if God’s vocation for them is to remain unmarried, since one failure in this realm raises serious questions as to the rightness and wisdom of undertaking another union.16

16. Mt 5.31-32, 1 Cor 7.10-11, 20, 32-35, Mk 10.11, Lk 16.18.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ja Gerhard, ek sal eerder sê dat 'n mens jouself kan verafgod, as jou geloof as sodanig. Die Bybel praat nie so nie so ver ek kan agterkom. Die Bybel wys uiteraard afgode af, en dinge soos gierigheid wat 'n afgod kan raak. Daaruit kan 'n mens aflei dat enigiets wat in die plek van God gestel word, o…
  • Gerhard on Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25Ds ek is besig om afgodery na te slaan. Ek het 'n ds gehoor met die opmerking dat jy jou geloof kan verafgod? Afgodery is tog weg van God af soos wat ek verstaan. Groete Gerhard
  • Chris van Wyk on DaniëlHi Elma, ek het so 15 verwysings na Daniël in die komende bydraes van Openbaring by die kronologiese lees van die Bybel. Ek het ook 'n paar verwysings na Openbaring in die vorige bydraes van Daniël. Maar, ek het dit nie pertinent êrens hanteer nie.
  • Elma Bosch on DaniëlDs Chris, daar is sekere ooreenkomste in Daniel en Openbaring - Het jy dit al in die verlede behandel en indien wel, waar kan ek dit vind? Of gaan ons dit behandel wanneer ons Openbaring later doen met die kronologiese leesplan? Baie dankie Elma
  • Chris van Wyk on JESAJA 6:1-8God praat hier met almal in sy teenwoordigheid in die hemel, ook met Jesaja wat die voorreg van hierdie openbaring kry. Hy wil iemand stuur om sy boodskap aan die volk te gaan lewer. Jesaja reageer positief en word dan gestuur om God se boodskapper te wees.
  • Miche Africa on JESAJA 6:1-8Wat is die betekenis van Jesiah 6 vers 8
  • Chris van Wyk on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus geeWanneer Jesus in Matteus 11:6 sê: “Geseënd is hy wat nie aan My aanstoot neem nie,” bedoel Hy dat ons gelukkig is as ons nie ophou glo omdat God dinge anders doen as wat ons verwag het nie. Johannes die Doper het gedink die Messias sou oordeel bring, maar Jesus bring eers genesing en redding. Dit wa…
  • optimistica231f5e58a on Matteus 11 – Kom na My toe en Ek sal julle rus gee"Vers 6 is dan ’n baie spesifieke oproep aan Johannes om nie aan Jesus aanstoot te neem, omdat hy in die tronk is en nie wonders ervaar nie. Dit is mense wat leer om met die paradoks van onvervulde beloftes te lewe en nie aan Jesus aanstoot neem in die proses nie, wat geseënd is. Mense wat hulle lew…
  • Chris van Wyk on Efesiërs 6:10-24Dankie Carel!
  • cupcakevaliantlye36950698b on Efesiërs 6:10-24Uitstekende uitleg van die teks, baie dankie Chris! Ons stryd is wel teen die bose, maar ons fokus is nie op hulle nie, ons fokus op ons Here, op ons herstelde verhouding met Hom en op mense wat die goeie nuus nodig het. Kosbaar! Groetnis en seën Carel Smith
  • Chris van Wyk on Boek oor OpenbaringLekker om te hoor!
  • Emmarentia Vermeulen on Boek oor OpenbaringOns dames Bybelstudie groep is besig om die boek te behandel, ons trek na 8 maande by hoofstuk 7. Ons doen dit baie stadig en deeglik en ons leer baie. Baie dankie. Vanuit Perth, Wes Australië.
  • runawayjoyous2427b27b07 on Boek oor OpenbaringBaie baie dankie!!
  • inventive3b503adfaf on Boek oor OpenbaringVreeslik dankie! God's seën!
  • Chris van Wyk on Psalm 121 – God, jou Beskermer, slaap nieDie Here, die Beskermer, is soos die skaduwee aan jou regterhand, d.w.s. as jy jou skild in jou linkerhand hou, soos soldate dit gewoonlik gedoen het, sal Hy aan jou onbeskermde kant die wag hou. Hy is daar waar jy nie kan bykom nie. GOD SORG VIR JOU TEEN ONVOORSIENE AANVALLE.