Skip to main content

Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte

1. Lees die aanhalings uit die belydenisskrifte hieronder. Wat leer jy van die mens se wese en werke? Hoe laat dit jou voel? Wat vra dit van jou?

Nederlandse Geloofsbelydenis 14

DIE SKEPPING VAN DIE MENS, DIE SONDEVAL EN DIE GEVOLGE DAARVAN

Ons glo dat God die mens uit die stof van die aarde geskep het; Hy het hom volgens sy beeld en gelykenis gemaak en gevorm, dit wil sê goed, regverdig en heilig sodat hy met sy wil in alles met die wil van God kon ooreenstem. Maar toe hy in aansien was, het hy dit nie verstaan nie en sy uitnemendheid nie besef nie. Hy het homself egter, deur na die woord van die duiwel te luister, willens en wetens aan die sonde en daarmee aan die dood en die vervloeking onderwerp. Hy het immers die gebod van die lewe wat hy ontvang het, oortree en homself deur die sonde losgeskeur van God, wat sy ware lewe was; so het hy sy hele natuur verderf en daarmee die liggaamlike en geestelike dood verdien. Hy het deur dat hy in al sy doen en late goddeloos, verkeerd en verdorwe geword het, al sy voortreflike gawes wat hy van God ontvang het, verloor en hy het niks anders daarvan oorgehou nie as slegs klein oorblyfsels, wat egter genoegsaam is om hom alle verontskuldiging te ontneem. Al die lig wat in ons is, het immers in duisternis verander, soos die Skrif ons leer: En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie’ (Joh. 1:5), waar die heilige Johannes die mense duisternis noem. Daarom verwerp ons alles wat in stryd hiermee oor die vrye wil van die mens geleer word, aangesien die mens niks anders as `n slaaf van die sonde is nie en: `’n Mens kan niks aanneem as dit hom nie uit die hemel gegee is nie’ (Joh 3:27). Want wie is daar wat daarop sal roem dat hy uit homself iets goeds kan doen, terwyl Christus sê: `Niemand kan na My kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie’ (Joh. 6:44)?

Wie sal op sy eie wil roem as hy verstaan dat ‘…wat die vlees bedink, vyandskap teen God is’ (Rom. 8:7)?

Wie sal op sy eie kennis roem as die natuurlike mens die dinge van die Gees van God nie aanneem nie (1 Kor. 2:14)?

Kortom: Wie sal ook maar op ‘n enkele gedagte roem as hy verstaan dat ons uit onsself nie bekwaam is om iets as uit onsself te bedink nie maar dat ons bekwaamheid uit God is (2 Kor. 3:5)? Daarom is dit reg dat wat die apostel sê, onwrikbaar bly, want dit is God wat in julle werk. Hy maak julle gewillig en bekwaam om sy heilige plan uit te voer (Filp. 2:13).

Want daar is geen verstand en geen wil in ooreenstemming met die verstand en die wil van God as Christus dit nie in die mens tot stand gebring het nie. Dit leer Hy ons as Hy sê: ‘Sonder My kan julle niks doen nie’ (Joh. 15:5).

1 Pet. 2:9; Pred. 12:7; Ps. 8:5; 49:21; Jes. 59:2; Gen 3:17, 19; Pred. 7:30,. Rom. 5:12; Joh. 8:7; Ef. 4:24; Rom. 12:2; 3:10; 8:6; Hand. 14:17, Rom. 1:20-21; Hand. 17:27; Ef. 4:18; 5:8; Joh. 1:5; Ps. 37:9; Jes. 26:12; Ps. 94:11; Rom. 8:3; 1 Kon. 20:9; Ps. 28:8; Jes. 45:25; Joh. 3:27; 6:44 (1 Kor. 2:14); 2 Kor. 3:5; Filp. 2:13.

Heidelbergse Kategismus 6

Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed (a) en na sy ewebeeld geskep (b). Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys (c).

a) Gen 1:31. (b) Gen I:26, 27. (c) Ef 4:24; Kol 3 2 Kor 3:18.

Westminster Geloofsbelydenis 4.2

After God had made all the other creatures, he created man, male and female,4with reasoning, immortal souls.5He endowed them with knowledge, righteousness, and true holiness in his own image6and wrote his law in their hearts.7God also gave them the ability to obey his law and the potential to disobey it; i.e., he gave them freedom of their own will, which could change.8In addition to this law written in their hearts, they were commanded not to eat from the Tree of the Knowledge of Good and Evil.9As long as they obeyed God’s law and kept this commandment, they were happy in fellowship with God10and had dominion over the other creatures.11

4. Gn 1.27.

5. Gn 2.7, Eccl 12.7, Lk 23.43, Mt 10.28, Ps 8.5-6, Gn 2.19-20.

6. Gn 1.26, Col 3.10, Eph 4.24.

7. Rom 2.14-15.

8. Eccl 7.29, Gn 3.6,17, 2.16-17, Col 3.10, Eph 4.24.

9. Gn 2.16-17.

10. Gn 2.17, 3.8-11, 23.

11. Gn 1.26,28, Ps 8.6-8, Gn 1.29-30.

Westminster Geloofsbelydenis 24

Marriage and Divorce

Marriage is a union between one man and one woman, designed of God to last so long as they both shall live.1

1. Gn 2.23-24, 1 Cor 7.2,39, Mt 19.4-6, Eph 5.28,31,33, 1 Cor 13.8,13, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3.

Marriage is designed for the mutual help of husband and wife;2for the safeguarding, undergirding, and development of their moral and spiritual character;3for the propagation of children and the rearing of them in the discipline and instruction of the Lord.4

2. Gn 2.18,24.

3. Gn 1.27-28, Eph 5.22-23, Col 3.18-19, Gn 2.18-25, 1 Cor 7.3-5, 9, 36.

4. Gn 1.27-28, 9.1, Mal 2.15, Mt 18.5-6,10,14, 19.14, Eph 6.1-4, Col 3.20-21, Mk 10.13-16, Lk 18.15-17.

All persons who are able with judgment to give their consent may marry,5except within the limits of blood relationship forbidden by Scripture,6and such marriages are valid before God in the eyes of the church.7But no marriage can be fully and securely Christian in spirit or in purpose unless both partners are committed to a common Christian faith and to a deeply shared intention of building a Christian home. Evangelical Christians should seek as partners in marriage only persons who hold in common a sound basis of evangelical faith.8

5. Gn 1.27-28.

6. Mk 6.18, 1 Cor 5.1, Lv 18.6-18.

7. Mk 1.30, Jn 2.1-2, 1 Tm 5.14, Heb 13.4, 1 Cor 7.7,36, 9.5, 1 Tm 4.3.

8. 1 Cor 7, esp. v. 39, 2 Cor 6.14-15.

Marriage for the Christian has religious as well as civil significance.9The distinctive contribution of the church in performing the marriage ceremony is to affirm the divine institution of marriage;10to invoke God’s blessing upon those who enter into the marital relationship in accordance with his word;11to hear the vows of those who desire to be married; and to assure the married partners of God’s grace within their new relationship.12

9. Prv 18.22, Mt 19.6, Eph 5.29-30, 32, Mk 10.9, 11-12.

10. Gn 1.27-28.

11. Mk 10.9.

12. Eph 5.22-23.

It is the divine intention that persons entering the marriage covenant become inseparably united, thus allowing for no dissolution save that caused by the death of either husband or wife.13However, the weaknesses of one or both partners may lead to gross and persistent denial of the marriage vows; yet only in cases of extreme, unrepented-of, and irremediable unfaithfulness (physical or spiritual) should separation or divorce be considered. Such separation or divorce is accepted as permissible only because of the failure of one or both of the partners, and does not lessen in any way the divine intention for indissoluble union.14

13. Gn 2.23-24, Mt 5.31-32, Mk 10.5-9, Rom 7.2-3, 1 Cor 7.2, 10-11,39, Eph 5.28,31,33, Mt 19.4-9, 1 Cor 13.4-13.

14. Mk 10.4-9, 1 Cor 7.12-13, 15, Mt 19.7-9.

The remarriage of divorced persons may be sanctioned by the church in keeping with the redemptive gospel of Christ, when sufficient penitence for sin and failure is evident, and a firm purpose of and endeavor after Christian marriage is manifested.15

15. 2 Sm 12.13, Neh 9.17, Ps 32.5, 130.4, Mt 12.31a, 21.31-32, Jn 8.3,11, Rom 3.23, Gal 6.1, 1 Tm 2.4, Heb 7.25, 1 Jn 1.9, 2.1-2, Lk 7.36-50, 15.11-32, Jn 3.16-17, Rom 10.9-10.

Divorced persons should give prayerful thought to discover if God’s vocation for them is to remain unmarried, since one failure in this realm raises serious questions as to the rightness and wisdom of undertaking another union.16

16. Mt 5.31-32, 1 Cor 7.10-11, 20, 32-35, Mk 10.11, Lk 16.18.

2. Loof die Here in gebed vir die spesifieke wysheid en insig wat die inhoud van hierdie geloofsbelydenisse jou gee.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda