Skip to main content

Vraag 42: Wat moet jy bid?

1. Wat moet jy bid?

2. Lees my antwoord en oordink dit.

 Die hele Woord van God inspireer en begelei my deur sy Gees in wat ek moet bid. Ek bid vir alle liggaamlike en geestelike behoeftes, persoonlik sowel as in die gemeente en gemeenskap, in die verwagting dat God ter wille van Christus my gebede sal verhoor volgens die beloftes in die Woord.

3. Lees die verhaal van God se belofte aan Salomo in 2 Kronieke 7:12-16. Wat tref jou?

4. Lees my opmerkings daaroor. Oordink dit.

God belowe aan Salomo dat Hy gebede sal verhoor

Een nag het die Here aan Salomo verskyn en belowe dat Hy sy gebede sal verhoor. Soms sal daar geen reën wees nie, of sprinkane sal die oeste opvreet, of daar kan plae kom. God se belofte is egter: “Wanneer die volk wat my Naam dra, hulle verootmoedig en bid, en My weer soek en hulle afkeer van hulle bose lewens, sal Ek in die hemel hoor en hulle sondes vergewe en hulle land gesond maak.” Die Here belowe dat Hy ’n oog sal hou oor ons en sal luister na elke gebed wat opgestuur word. Daarop kan ons altyd staat maak.

5. Die Jode het drie gebedstye gehad, soos mens in Daniël se lewe geïllustreer sien. Hy het drie maal per dag voor God gekniel en Hom geprys, aanbid en gedank (Dan 6:11). In die Joodse tradisie is daar mettertyd ’n uitgebreide aantal voorskrifte vir dié gebede ontwikkel wat vandag nog nagevolg word. Lees my bydrae oor drie vaste gebedstye hier.

Jy kan egter hierdie vaste gebedstye inrig soos jy wil. Ek gee hier my eie drie voorbeelde daarvan met die volledige Bybelteks wat jy kan gebruik. Jy kan dit in hierdie bydrae op jou selfoon lees of die pdf aflaai om uit te druk.

Laai dit hier af in pdf formaat: Drie vaste gebedstye.pdf

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar