Skip to main content

Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9

Wees altyd bly omdat julle weet dat julle aan die Here behoort. Ek sê dit weer: “Wees bly!” Laat almal sien hoe bedagsaam julle lewe. Onthou: Die Here kom binnekort! Moet oor niks bekommerd wees nie, maar bid oor alles. Vra alles wat julle nodig het van God, terwyl julle Hom ook dank vir alles wat Hy doen. En God se vrede, wat meer is as wat ’n mens dink, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou omdat julle aan Christus Jesus verbonde is. Ten slotte, broers en susters, vul julle gedagtes met alles wat waar, eerbaar, skoon, suiwer, lieflik en lofwaardig is. En leef volgens alles wat julle van my geleer, oorgeneem, gehoor en gesien het. Dan sal die God wat vrede gee, by julle wees. (NLV)

1. Daar is seker nie ‘n meer praktiese gedeelte in die Bybel oor die fokus van ‘n mens se gedagtes nie. Let op hoe ‘n fokus op blydskap en bedagsaamheid omdat die Here binnekort kom jou gebedslewe beïnvloed. Dink na oor hoe jy dit prakties kan navolg.

2. Paulus gee ses algemene dinge wat ons gedagtes moet volmaak sowel as ‘n viertal invloede vanuit sy eie lewe. Watter gedagtes is dit in jou geval? Watter invloede van Paulus het ‘n impak op jou lewe? Skryf dit neer en fokus daarop vandag.

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner dat God deur ons gebede ‘n reuse verskil aan ons gedagtewêreld maak.

4. Jy kan later vanaand die gedeelte weer lees in die konteks van Filippense 4 sowel as my bydrae daaroor: Filippense 4:2-23 – Om saam in die Here te wees, bid en leef.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar