Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18

13 MAAR, broeders, ek wil nie hê dat julle onkundig moet wees met betrekking tot die ontslapenes nie, sodat julle nie treur soos die ander wat geen hoop het nie.

14 Want as ons glo dat Jesus gesterwe en opgestaan het, dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.

15 Want dit sê ons vir julle deur die woord van die Here, dat ons wat in die lewe oorbly tot by die wederkoms van die Here, die ontslapenes hoegenaamd nie sal vóór wees nie.

16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees.

18 Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde.

Is daar hoop?

Kurt Vonnegut het ‘n boek geskryf, Cat’s Cradle. John, die hoofkarakter, beplan ‘n boek oor die dag dat die wêreld eindig. Terwyl hy besig is met sy navorsing kom John op ‘n hoofstuk in ‘n boek af met die titel: “What Can a Thoughtful Man Hope for Mankind on Earth, Given the Experience of the Past Million Years?” Dit neem John nie lank om die hoofstuk te lees nie, want dit bestaan uit net een woord: “Nothing”, gevolg deur ‘n punt.

Die boek beskryf die gevoel wat baie mense vandag het. Daar is geen hoop op die langtermyn nie. “Nothing”. Oor die onmiddellike toekoms kan mens dalk optimisties wees. Maar op die langtermyn lyk dinge bleek. Daar is geen hoop nie.

Is ons uitgelewer aan die noodlot?

‘n Inskripsie in ‘n grafkelder in die einste Tessalonika illustreer hoe dié hooploosheid nie net ‘n moderne gevoel is nie. Min mense in die heidense bevolking van die stad het enige hoop vir ‘n lewe anderkant die graf gehad. So staan dit geskryf:

Vanweë haar besondere geaardheid en aangename persoonlikheid, het haar toegewyde eggenoot, Eutropos, hierdie grafkelder vir haar gebou. Dit is ook vir homself, sodat hy later ‘n plek sal hê waar hy saam met sy geliefde vrou kan rus. Dit is vir wanneer hy die einde van die lewe bereik op die tyd wat die noodlot onafwendbaar vir hom voorberei het.

Eutropos se enigste hoop vir na die dood is om saam met sy vrou begrawe te word in die familie se grafkelder.

Dit is egter heel anders met die Christelike geloof, skryf Paulus.

Daar is hoop

Paulus skryf in sy eerste brief aan die Tessalonisense oor die drie Christelike deugdes. Geloof, liefde en hoop. In die gedeelte wat ons gelees het, is hy spesifiek besig met die derde deug: hoop.

Dit wil voorkom asof sommige gelowiges in Tessalonika depressief geraak het oor die lot van hulle geliefdes na hulle dood.  Soos baie van hulle ongelowige tydgenote. Dit kan selfs wees dat van dié sterftes was weens die vervolging vir hulle geloof waarvan Paulus vroeër in die brief melding maak. 

Paulus wil egter nie hê die gelowiges in Tessalonika onkundig moet wees oor die dood nie. Ook nie oor diegene wat al dood is nie, sodat hulle nie treur soos mense wat geen hoop het nie.

Die hoop is vir ons hele lewe

Die hoop waarvan Paulus praat, het betrekking op ons hele lewe.

Dit het betrekking op die verlede.

Paulus verkondig dat die mense wat reeds dood is, by God lewe. In kort, sê hy, die wat reeds gesterf het, is by die Here.

Dit het betrekking op die toekoms wat vir ons wag.

Paulus verkondig dat Jesus Christus weer sal kom om die aarde nuut te maak. Dit wat God aan Christus se liggaam in die graf gedoen het – om dit op te wek tot lewe – is wat God in Christus met die res van die skepping gaan doen.

Dit het ook betrekking op die hede, dié ervaring van vandag.

Die feit dat ons geliefdes by die Here is, troos ons. Die feit dat Jesus alles weer nuut sal maak, troos ons. Maar, heel spesifiek, die feit dat Jesus se opstanding ook ons voorland is, laat ons met hoop lewe. Vandag. En elke dag. Dit vul ons die vreugde van die teenwoordige Here.

Want dit is nou reeds waar dat die Here vir altyd by ons is, soos ons aan die einde van die tyd altyd by Hom sal wees.

Ons hartseer word getemper deur hoop

Ons sal natuurlik die verlies aan geliefdes betreur en groot hartseer ervaar. Ook in opstand kom oor die dood, want selfs al verwag ons die dood weens ons verganklikheid, is dit steeds ‘n vergryp aan God se goeie skepping.

Ons hoef egter nie te treur soos mense sonder hoop nie. Jesus het nie net gesterf het, maar ook uit die dood opgestaan. En Hy belowe dit vir almal wat in Hom glo.

En ons het hierdie toekomsverwagting dat ons weer met ander gelowiges herenig sal word. Soos Paulus dit aan ons verkondig: “dan sal God ook so die wat in Jesus ontslaap het, saam met Hom bring.”

Vreugdevolle ontmoeting

Wanneer die bevel aan die einde van die tyd gegee word en die stem van die aartsengel en die basuin (trompet) van God weerklink, sal daar ‘n paar dinge gebeur. Die Here Jesus sal uit die hemel neerdaal. Dan sal dié wat in Christus gesterf het, liggaamlik opstaan uit die dood, en saam met Hom die koninkryk van God betree. Daarna sal diegene wat nog lewe by die wederkoms, verander word en saam met die ontslape gelowiges die koninkryk van God betree.

Dit is met hierdie vaste verwagting wat ons mekaar troos. Die dood is nie die einde nie. Vir elkeen wat wedergebore is, sal daar die ewige lewe wag. Die tweede dood sal oor ons geen mag hê nie. Vir dié wat egter die Here se werk in hulle lewe weerstaan het in dié lewe, sal die tweede, en ewige dood wag.

Soos iemand opgemerk het: “Once born, twice dead. Twice born, once dead.” Alle wedergeborenes sal die dood net een keer ervaar en daarna die ewige lewe binnegaan. Alle onwedergeborenes sal die dood twee keer ervaar, en die tweede dood sal vir ewig wees.

Jesus is ons hoop

Wat Paulus vir ons hier in sy brief onderstreep, is dat ons hoop uiteindelik in Iemand is, in die Here Jesus Christus self, wat was en wat is en wat kom. God self is die bron van ons hoop. Ons kan verseker wees van Hom, van wie en wat Hy is, van wat Hy gedoen het en nog sal doen.

Ons word deur sy woorde en werke vertroos. Hy vervul ons met verwagting en vertroue, omdat Hy self die inhoud van die beloftes en die hoop van die ewige lewe is, omdat Hy self die waarborg daarvan is.

Ons hoop is dus ten diepste nie die lewe na die dood nie, maar die Here Jesus Christus self. Dit is hierdie Jesus wat ook vir ons gesterwe en opgestaan het. In Hom het ons lewe, in hierdie wêreld, en in die wêreld wat kom.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Skakel in by Veritas!Hi Hanneke, ek het die skakel gestuur.
  • Hanneke Meyer on Skakel in by Veritas!Ek fasiliteer reeds vir n geruime tyd modules 1 en 2, maar sou graag tog n paar van die zoom-byeenkomste bywoon vir verryking. Ek het n handleiding. Vriendelike groete Hanneke Meyer
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
%d