Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia
Wat doen jy wanneer jy worstel met ‘n saak?
Waarmee worstel jy op die oomblik? ‘n Groot besluit oor jou toekoms? ‘n Konflik binne jou familie? ‘n Deur wat vir jou toegegaan het? ‘n Deur wat vir jou oopgegaan het? Want, laat ons eerlik wees, beide oop en toe deure is uitdagings!
Hoe hanteer jy jou worsteling? Wat doen jy om by ‘n oplossing uit te kom?
Kronieke sê dat jy die gewoonte moet aanleer om God te soek in elke saak
Die boek Kronieke sê dat die oplossing vir die worsteling in enige situasie is om “God te soek”. Om die gewoonte aan te leer om vir God te soek in elke situasie, maak nie saak wat die situasie is nie.
Ons almal ken daardie wonderlike belofte in 2 Kronieke 7:14 waar die Here vir Salomo en die volk by die inwyding van die tempel uitnooi om telkens as dinge swaar gaan – droogte, teenspoed, pes:
“hulle te verootmoedig en te bid en sy aangesig te soek en hulle te bekeer van hul verkeerde weë, want dan sal God uit die hemel hoor en hulle sonde vergewe en hulle land genees.”
God hoor waar mense sy aangesig soek, sy leiding vra in gebed – terwyl hulle hulle verootmoedig en bekeer van hulle verkeerde weë – en vergewe en genees. Hy verander en gee helderheid oor die pad vorentoe, waar mense sy aangesig soek.
Dit is waar: “vir elkeen wat sy hart daarop gerig het om God die Here, die God van sy vaders, te soek,” sê Hiskia, een van die goeie konings van Juda (2 Kron 30:19).
Trouens, dit was dié onderskeidingsteken van die goeie konings van Israel teenoor die slegte konings. Konings soos Dawid, Salomo en Hiskia het die Here gesoek, en Hom gevind. Konings soos Jerobeam, Agab en Agas het Hom nie gesoek nie, en ondergegaan in die proses.
Martin Selman sê in sy kommentaar op Kronieke.
“’Seeking’ in Chronicles describes the habit of looking to God in every situation, and also the attitude which God looks for in those who pray (2 Chr. 7:14; 30:19)”
Josia was net agt jaar oud toe hy koning geword het
Ons lees in 2 Kronieke 34:1:
“1Josía was agt jaar oud toe hy koning geword het.
Sy oupa Manasse was een van die wreedste konings van Juda. Hy het ook op ‘n jong leeftyd – 12 jaar oud – koning geword en die aller verskriklikste gruwels begaan. Afgodsdiens, towery, waarsêery, en kinderoffers. Hy het selfs ‘n afgodsbeeld in die tempel opgerig.
Die openbaring van God in sy Woord is nie meer gelees nie. Die priesters het nie meer hulle opvoedingstaak ernstig geneem nie. Die ouers het nie meer hulle kinders van die Here geleer nie. Die herinnering aan wie God is, en wat Hy vra, wat Hy doen, het uit die kollektiewe geheue van die volk verdwyn.
Manasse se naam beteken: “die een wat laat vergeet”. En dit is wat hy gedoen het. Hy het die volk van God en sy Woord laat vergeet.
En al het Manasse tot inkeer gekom – toe hy deur die Assiriese koning gevange geneem is, en die Here hom uit sy penarie verlos het toe hy ernstig gebid het – was sy seun Ammon, Josia se pa, weer ‘n slegte, goddelose koning. Die skade was net te groot.
Ammon het trouens skaars 2 jaar geregeer, toe sy eie mense hom doodgemaak het. Hoekom? Kronieke sê hy het hom nie verootmoedig voor die aangesig van die Here soos sy vader Manasse nie. ‘n Tragiese verhaal van verspilde kanse.
Toe word Josia koning en die druk is groot op hom. Net agt jaar oud. Met die paleis personeel wat hom dophou oor wie se voorbeeld hy gaan volg. En geen regtig goeie voorbeeld om ná te volg nie.
Josia begin om die God van sy vader Dawid te soek
Ons lees verder in 2 Kronieke 34:3a:
3aEn in die agtste jaar van sy regering, terwyl hy nog jonk was, het hy begin om die God van sy vader Dawid te soek.
Toe Josia vyftien jaar oud word – in die agste jaar van sy koningskap – het hy ‘n besluit geneem om nie in die spore van sy pa Ammon te volg nie, maar om die God van sy vader Dawid te soek, soos sy oupa aan die einde van sy lewe.
‘n Mens weet nie hoe Josia by daardie punt gekom het nie. Miskien het hy van die koninklike annale gelees. Miskien het hy van Dawid se Psalms gelees, soos ‘n mens uit vers 2 miskien kan aflei. Miskien was daar wel iemand wat hom onderrig het. Ons weet nie. Maar, wat ons wel weet, is dat Josia sy hart op God geplaas het, en begin het om in sy worsteling met sy omgewing en met die besluite wat hy as koning moet neem, sy aandag op God binne die situasie te vestig.
Dit is die eerste ding wat Josia ons leer: begin waar jy is; begin met wat jy weet. Maar, soek die Here!
Josia begin om die land te reinig van afgode
Ons lees verder 2 Kronieke 34:3b-7:
3ben in die twaalfde jaar het hy begin om Juda en Jerusalem te reinig van die hoogtes en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde. 4En hulle het voor sy oë die altare van die Baäls omgegooi; en die sonpilare wat daar bo-op was, het hy stukkend gekap en die heilige boomstamme en die gesnede beelde en die gegote beelde verbreek en vermaal en dit oor die grafte gestrooi van die wat aan hulle geoffer het. 5En die beendere van die priesters het hy op hulle altare verbrand en Juda en Jerusalem gereinig. 6En in die stede van Manasse en Efraim en Símeon en tot by Náftali, in hulle puinhope rondom, 7het hy die altare omgegooi, en die heilige boomstamme en gesnede beelde het hy tot stof vergruis en al die sonpilare in die hele land van Israel het hy omgekap. Daarna het hy na Jerusalem teruggekom.
Dit neem Josia vier jaar om genoeg agter te kom in sy soeke na die Here dat die een ding wat die Here teen die bors stuit, is die afgode. Die Here duld nie dat ander gode langs Hom of in sy plek aanbid word nie.
Josia het in die vier jaar genoeg gelees in die bronne tot sy beskikking – hetsy uit die stof van Dawid of uit die koninklike annale, of van sy leermeesters in die paleis – om daarom die afgode te begin afbreek. Want jy kan nie God aanbid saam met die afgode nie.
En Josia doen dit persoonlik. Hy raak gehoorsaam. Hy leef wat hy lees. Hy reis deur die land en sorg dat al die boomstamme, beelde en pilare vir die afgode omgegooi, vergruis en omgekap word. Dit neem hom amper ses jaar om dié proses in die land te voltooi.
Dit is die tweede ding wat die Here ons leer. Verwyder die afgode uit jou lewe. Bekeer jou van jou sonde. Laat staan alle dinge wat teen God se wet is, want dit is wat sonde is, oortredings van God se wet. Wat God verbied, mag jy nooit doen nie. Wat God gebied, moet jy altyd doen.
Josia begin om die tempel te reinig van afgode
Ons lees verder in Kronieke 34:8-13:
8En in die agttiende jaar van sy regering, toe hy besig was om die land en die tempel te reinig, het hy Safan, die seun van Asálja, en Maäséja, die owerste van die stad, en Joag, die seun van Jóahas, die kanselier, gestuur om die huis van die Here sy God te herstel. 9Toe hulle by die hoëpriester Hilkía kom, het hulle die geld afgegee wat in die huis van God gebring was, wat die Leviete, die drumpelwagters, versamel het uit Manasse en Efraim en uit die hele oorblyfsel van Israel en uit die hele Juda en Benjamin en die inwoners van Jerusalem. 10Hulle het dit naamlik oorhandig aan die uitvoerders van die werk wat aangestel was oor die huis van die Here, en dié het dit gegee aan die arbeiders wat gewerk het aan die huis van die Here, om die huis reg te maak en te herstel. 11En hulle het dit gegee aan die skrynwerkers en die bouers, om gekapte klippe en hout vir die kappe aan te koop en om die geboue wat die konings van Juda verniel het, van balke te voorsien. 12En die manne het getrou gearbei aan die werk; en oor hulle was aangestel: Jahat en Obádja, Leviete uit die kinders van Merári, en Sagaría en Mesúllam uit die kinders van die Kehatiete, om leiding te gee; en die Leviete, elkeen wat verstand gehad het van musiekinstrumente, 13was én oor die lasdraers én het al die werksmense bestuur by elke soort arbeid; uit die Leviete was ook skrywers en opsigters en poortwagters.
Josia het ‘n klomp van die top leiers, veral Safan en Jóahas, saam met die hoëpriester, Hilkía, aangestel om die geld wat die Leviete ingesamel het – en let op dat ‘n aantal van die oorblywendes van die noordelike tien stamme ook bygedra het – te gebruik om die huis van die Here reg te maak en te herstel. ‘n Hele skare Leviete en skrynwerkers en bouers het getrou gearbei om die tempel in ere te herstel.
Josia vind die wetboek van die Here in die tempel
Ons lees verder in Kronieke 34:14-19:
14En toe hulle die geld uithaal wat in die huis van die Here gebring was, het die priester Hilkía die wetboek van die Here gevind wat deur die diens van Moses gegee is. 15Daarop het Hilkía aan die skrywer Safan gesê: Ek het die wetboek in die huis van die Here gevind! Toe gee Hilkía die boek aan Safan, 16en Safan het die boek na die koning gebring en aan die koning verder verslag gegee en gesê: Alles wat in die hande van u dienaars gegee is, doen hulle: 17hulle het die geld wat daar in die huis van die Here was, uitgeskud en oorhandig aan die opsigters en die uitvoerders van die werk. 18Toe gee die skrywer Safan aan die koning te kenne en sê: Die priester Hilkía het aan my ’n boek gegee; en Safan het aan die koning daaruit voorgelees. 19En toe die koning die woorde van die wet hoor, het hy sy klere geskeur.
Dit is darem ongelooflik dat die Bybel kan wegraak in die tempel, in die huis van God. Dat die hart van God se wil vir sy volk onder die puin van verval en verwaarlosing kan verdwyn. Dat hierdie boek, wat die riglyne vir leer en lewe uitspel, weg kan raak, kan verdwyn uit die geheue en gewete van mense.
Dit staan so as ’n simbool van enige gemeente/kerk wat nie meer werk met die geopenbaarde waarheid van God soos dit in die kanonieke boeke van die Bybel opgeteken is nie. ’n Mens kan jou fokus verloor sodat die stem van die Here van die eeue kan verstil en verdwyn uit jou bewussyn.
Ons weet nie presies wat hierdie wetboek alles behels het nie. Dit word lateraan in die hoofstuk ook die verbondsboek genoem. Maar uit die beskrywing van die boek as die Tôra-Jahwe, waaruit al: “sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge” aan die volk voorgehou is, is dit waarskynlik dat die wetboek ‘n vroeë weergawe van ten minste die boek van Deuteronomium en meer waarskynlik ‘n vroeë weergawe van die hele Pentateug was. Dit is immers hoe die Pentateug bekend gestaan het, as die Tôra-Jahwe.
Josia skeur sy klere as hy die woorde van die wet hoor, want hy hoor daarin die lewende stem van God. En hy besef dat in sy soeke na die Here hy al baie goeie goed gehoor het, en ‘n klomp goed vir die Here kon doen. Maar, hier is hy nou by die eintlike kern van alles.
En daar is steeds ‘n groot verskil tussen wat hulle in gehoorsaamheid aan die Here begin doen het, en wat die Here in werklikheid alles van hulle vra.
Josia verootmoedig hom dus persoonlik by die aanhoor van die wetboek van God.
Dit is dan ook die derde ding wat Josia ons leer. Laat die Woord van die Here jou hele lewe volmaak. Leef wat jy lees.
Josia raadpleeg die Here oor die wetboek
Ons lees verder in 2 Kronieke 34:20-21:
20en die koning het bevel gegee aan Hilkía en Ahíkam, die seun van Safan, en Abdon, die seun van Miga, en Safan, die skrywer, en Asája, die dienaar van die koning, en gesê: 21Gaan raadpleeg die Here vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die Here wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die Here nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.
Josia besef dat hy hulp nodig het om op hierdie woorde van God te reageer en sy volk te begelei om gehoorsaam te word. Hy soek raad met die praktiese betekenis daarvan vir hulle situasie.
Ons lees verder in 2 Kronieke 34:22:
22Toe gaan Hilkía en die wat die koning gestuur het, na die profetes Gulda, die vrou van Sallum, die seun van Tokhat, die seun van Hasra, die klerebewaarder—sy het in Jerusalem in die Nuwe Stad gewoon—en hulle het so met haar gespreek.
Gulda gee vir hom slegte en goeie nuus
En sy het vir Josia slegte nuus, en goeie nuus. Die slegte nuus is – 2 Kronieke 34:23-25:
23Toe sê sy aan hulle: So spreek die Here, die God van Israel: Sê aan die man wat julle na my gestuur het, 24so spreek die Here: Kyk, Ek bring ’n onheil oor hierdie plek en oor sy inwoners, al die vervloekinge wat geskrywe staan in die boek wat hulle aan die koning van Juda voorgelees het. 25Omdat hulle My verlaat en vir ander gode offerrook laat opgaan het, om My te terg met al die werke van hulle hande, daarom sal my grimmigheid oor hierdie plek uitgestort en nie uitgeblus word nie.
Die goeie nuus is in 2 Kronieke 34:26-28:
26Maar aan die koning van Juda wat julle stuur om die Here te raadpleeg, aan hom moet julle só sê: So spreek die Here, die God van Israel: Wat die woorde betref wat jy gehoor het — 27omdat jou hart week is en jy jou voor die aangesig van God verneder het toe jy sy woorde teen hierdie plek en teen sy inwoners hoor, en jy jou voor my aangesig verneder het en jou klere geskeur en voor my aangesig geween het, daarom het Ek ook verhoor, spreek die Here. 28Kyk, Ek sal jou by jou vaders versamel, en jy sal met vrede in jou graf versamel word, en jou oë sal al die onheil nie aansien wat Ek oor hierdie plek en oor sy inwoners bring nie. En hulle het die koning antwoord gebring.
Kort saamgevat: “Ek bring onheil … maar, Ek het daarop ag geslaan dat jy in jou hart geraak is … dat jy berou getoon het … Ek sal jou in vrede laat sterwe.”
Gulda belowe dus vir Josia vrede midde-in die verwoesting wat op pad was. Almal wat soos Josia hulle voor God sal verootmoedig, sal vrede beleef in die komende onheil. Almal egter wat die Here terg deur nie die woorde in die wetboek na te kom nie, hulle sal die volle geweld van God se toorn beleef.
God se genade bring vrede, maar sy genade leer ons ook hoe om Hom te dien. En as ons die woorde van sy openbaring aan ons lig skat of ignoreer, verbeur ons die genade, en sal die toorn van God op ons bly.
Paulus skryf vir Titus dieselfde tipe boodskap in een van sy laaste briewe in die NT:
“11Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn 12en leer ons om die goddeloosheid en wêreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige wêreld te lewe, 13terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, 14wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke. 15Spreek hierdie dinge en vermaan en bestraf in alle erns. Laat niemand jou verag nie.” (Tit 2:11-15).
Josia lees vir die hele volk die wetboek van die Here voor
Josia is versterk deur hierdie nuus en besluit om die hele volk aan die wetboek van die Here bloot te stel en lees dit vir hulle voor. Ons lees in 2 Kronieke 34:29-31
29Toe het die koning gestuur en al die oudstes van Juda en Jerusalem byeen laat kom. 30En die koning het opgegaan in die huis van die Here en al die manne van Juda en die inwoners van Jerusalem en die priesters en die Leviete en die hele volk, groot en klein, en hy het al die woorde van die verbondsboek wat in die huis van die Here gevind is, voor hulle ore gelees. 31En die koning het op sy plek gaan staan en die verbond voor die aangesig van die Here gesluit om die Here te volg en sy gebooie en sy getuienisse en sy insettinge met sy hele hart en met sy hele siel te onderhou, om die woorde van die verbond wat in hierdie boek geskrywe is, te volbring.
Josia verbind almal in die verbond met die Here en reinig die land
Ons lees in 2 Kronieke 34:32-33:
32En hy het almal wat in Jerusalem en in Benjamin te vinde was, laat toetree tot die verbond; en die inwoners van Jerusalem het gehandel volgens die verbond van God, die God van hulle vaders. 33Josía het toe al die gruwels uit al die landstreke van die kinders van Israel verwyder en almal wat in Israel te vinde was, diensbaar gemaak, om die Here hulle God te dien; al sy dae het hulle nie van die Here, die God van hulle vaders, afgewyk nie.
Josia kry dus al die leiers en die mense van Juda bymekaar en laat hulle met die Here ’n verbond sluit op grond van die aanhoor van die boek van die verbond.
Let op dat Josia die “boek van die verbond” nie alleen lees nie. Man en muis is saam met hom in die huis van die Here en sluit saam met hom ‘n verbond met die Here om Hom te volg en sy riglyne met hulle hele hart en siel te gehoorsaam. Die Bybel is nie net vir individue nie, dit is ook vir gemeenskappe wat saam die Here wil dien.
Soos Leslie Newbegin die sentrale rol van die Bybel opsom:
“If the biblical story does not control our thinking, then we will be swept into the story that the world tells about itself.”
Let ook op dat dit hierdie tipe gesamentlike lees is wat die verandering voorafgaan en inlei. Josia kan sy diepgaande hervormings in die stad, gefokus op die tempel en tempel-diens, sowel as in die ander stede van Juda gefokus op die hoogtes, begin omdat daar ‘n inkoop by ‘n groot genoeg deel van die bevolking is. Hy betrek ook van die priesters van die ander stede by sy hervormings
Dit is dus die vierde ding wat ons leer in Josia se lewe. Hy het alles gedoen wat die Here vir hom gewys het. Hy was gehoorsaam aan alles wat in die Woord gestaan het. Hy het volhard tot die einde toe.
Josia het die Here tot die einde toe gedien
En nou kan ons teruggaan na die begin van 2 Kronieke 34:1b-2 en dit lees. Dit is die getuigskrif oor Josia se lewe:
Een-en-dertig jaar het Josia in Jerusalem geregeer. 2En hy het gedoen wat reg was in die oë van die Here en gewandel in die weë van sy vader Dawid en nie regs of links afgewyk nie.”
Ons kan die Here loof vir een van die grootste konings van die OT wat waarskynlik die beste getuigskrif van al die konings gekry het. Ongelukkig was Josia se seun die teenoorgestelde van hom waar hulle die Bybel laat verdwyn en verbrand het, en Jojakim probeer weer die Bybel uitwis in die lewe van die volk deur die boek van Jeremia te verband … (Jer 37). En net daarna word die volk in ballingskap weggevoer.
Om God te soek in elke situasie
Wat sê die verhaal van koning Josia vir jou in jou worsteling met allerlei? Dat jy God moet soek in elke situasie. Ek dink Josia gee vir ons vier riglyne hoe om die Here te soek:
1. Begin net waar jy is. Werk met die lig wat jy het.
Werk met wat jy weet. Werk met die dinge waaroor jy worstel. En soek die Here se wil. Gee jouself volledig aan die Here oor. Moenie tevrede wees met halfgebakte antwoorde nie. Moenie tevrede wees met die raad wat ander vir jou gee nie. Moenie tevrede wees met ‘n houding van Gods-water-oor-Gods-akker nie.
Soek sy teenwoordigheid in gebed en in jou lewe. Totdat jy begin groei in die bewussyn van sy teenwoordigheid. Dit het vir Josia vier jaar geneem. Dit het vir Nehemia vier maande geneem. Dit gebeur nie oornag nie. En jou volharding kan getoets word soos Jesus in die woestyn deur 40 lang dae en nagte moes uitvind. Volhard egter in jou soeke.
2. Verwyder alle afgode in jou lewe. Verwyder alle sonde in jou lewe.
Wat is afgode? Alles wat ‘n houvas op jou het. Alles wat in jou lewe die plek van God inneem. Alles wat jou aandag wegneem van ‘n fokus op God in jou lewe.
Vra jouself af, waaroor is jy opgewonde? Watter dinge stel jy op prys? Vir watter dinge gee jy applous? Waarop stel jy jou vertroue? Na wie toe draai jy vir antwoorde? Teenoor wie is jy dankbaar?
Dit is vrae soos dié, sê Kevin de Young, wat die “real gods” in ons lewe openbaar. Dié gode op wie jy eintlik jou vertroue plaas. Dié gode wat jy eintlik lief het.
Wat is sonde? Enige oortreding van God se wet. Om wetteloos te lewe. Om jou eie wette te maak. Om die wette te maak op eie gesag. Ek dink … dat dit nie verkeerd is nie. Sonder om dit aan die Woord te toets. Want dan leef jy in God se wêreld asof Hy nie bestaan nie. Is jy ‘n wet vir jouself. En dit is sonde.
Staak met enige sonde wat nog in jou lewe teenwoordig is. Sluit ‘n verbond met jou oë, soos ‘n Job, om nie na ‘n jongmeisie te kyk nie (Job 19). Die vyf-sekonde reël. Jy kan nie die versoekings keer nie. Maar jy kan jou oë wegdraai. En ek gebruik dit net as ‘n voorbeeld van sonde in jou lewe. Pas dit toe op dié dinge wat jy weet sonde in jou lewe is.
Jy kan nie die Here soek, as jy volhard in sonde nie. Jy kan nie die Here vind, as jy volhard in sonde nie:
“1Kyk, die hand van die Here is nie te kort om te help nie, en sy oor is nie te swaar om te hoor nie; 2maar julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie.” (Jes 59:1-2).
3. Gee jouself volledig oor aan God se Woord. Wees in alles gehoorsaam aan die Woord.
Lees dit. Oordink dit. Soos Josia dit gedoen het. Lees dit saam met ander. Soos Josia dit gedoen het. Soos die volk dit gedoen het. En leef dit. Soos Josia en dié wat na hom geluister het, dit gedoen het.
Begrip van die Woord kom nie net deur die Bybel te lees nie. Dit kom ook deur die Bybel te leef. Jy kan nie iets verstaan in die Bybel as jy nie daaraan gehoorsaam raak nie.
En wees veral versigtig vir kritiese teoloë se interpretasies van die Bybel. Dit is die dood in die pot van ‘n soeke na die Here.
Die Bybel is soos ‘n musiekstuk. Soos Beethoven se vyfde simfonie. Dit begin met vier note: ta, ta, ta, Da. Nie drie note nie. Nie vyf note nie. Vier.
Jy kan Beethoven se vyfde simfonie beter of swakker interpreteer in jou uitvoering daarvan. Jy kan dit doen op die orrel of die klavier of ‘n ghitaar. Maar jy kan nie ander note speel as wat daarin vir jou gegee word nie.
As daar staan: jy moet jou naaste liefhê, moet jy nie spitsvondig raak en jou naaste probeer definieer nie. Jou naaste is die mens wat oor jou pad kom. Ook vreemdelinge.
As daar staan: dra mekaar se laste, moet jy nie die skuld vir iemand se probleme op hom- of haarself plaas nie, maar jou verantwoordelikheid nakom. Uitreik. Gee. Dien.
As daar staan: moenie sondig nie, en dit word in detail vir jou uitgespel wat die sondes is wat die Here verafsku – en daar is lyste en lyste daarvan – moet jy nie met allerlei truuks jouself verskoon nie. Jy mislei net jouself. En soos Josia sê, jy terg vir God. Jy tart Hom uit. Jy moenie sy lankmoedigheid misverstaan nie. Hy laat niks ongestraf nie.
4. Bring elke situasie waarin jy is voor die Here in gebed. Volhard in gebed tot jy God vind.
Die wonder is dat as ‘n mens só ‘n pad met die Here begin stap, dan raak elke deel van die Bybel lewendig. Soos jy bid en jou vrae met die Here deur worstel, begin tekste in die Bybel ‘n woord spreek daaroor. Kry jy beloftes wat jy kan vasgryp om die Here te vertrou. Kry jy insigte wat jou lewe in God se rigting stuur. Kry jy opdragte wat ‘n kompas raak vir die keuses wat jy moet maak.
‘n Joernaal help natuurlik baie. Skryf neer wat die Here jou leer. ‘n Mentor kan ook help. Ek het net dié week weer só ‘n rol in ‘n gemeentelid se lewe gespeel. Hy het vir ‘n “checkup” gekom, soos ‘n mens na ‘n dokter toe gaan. Kry só iemand. Dit is immers waarom die Here mense met gawes bedeel het: pastors en leraars, herders en wyse mense, begeleiers en helpers.
Maar dit is baie persoonlik. Dit is iets wat jy moet doen. Iemand anders kan nie namens jou die Here soek nie.
En onthou. Wat God verbied, mag jy nooit doen nie. Wat God gebied, moet jy altyd doen. God verwag persoonlike, volkome, noukeurige en volhardende gehoorsaamheid.
Josia se lewe het verander toe hy die Here begin soek het. En sy lewe in lyn gekry het met die wil van God. Dit is waar alle verandering in jou lewe kom. By God. By sy Woord. By gehoorsaamheid.
View all posts in this series
- Wie is God?
- Vraag 1: Wat is God?
- Wat is God? – Psalm 92:2-6,9
- Wat is God? – Psalm 86:8-12,15
- Wat is God? – Jesaja 40:12-14,26-28
- Wat is God? – Jeremia 51:18-19
- Wat is God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is God? – God is groot en genadig – 1 Konings 17
- Gratis foto’s en illustrasies vir Bybelverhale, -karakters en -temas
- Vraag 2: Wat is die Drie-eenheid?
- Wat is die Drie-eenheid? – Lukas 1:35; Matteus 3:16-17
- Wat is die Drie-eenheid? – Johannes 15:26; Galasiërs 4:6
- Wat is die Drie-eenheid? – Kolossense 1:15-17; 1 Johannes 5:7-8
- Wat is die Drie-eenheid? – Matteus 28:19; 2 Korintiërs 13:13
- Wat is die Drie-eenheid? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die Drie-eenheid? – God is een Wese in wie drie Persone is: Vader, Seun en Heilige Gees – Lukas 1:26-38
- Vraag 3: Wat is die mens?
- Wat is die mens? – Genesis 1:26-28
- Wat is die mens? – Psalm 8:4-10
- Wat is die mens? – Efesiërs 4:23-24
- Wat is die mens? – Kolossense 3:9-11
- Wat is die mens? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat is die mens? – Motivering maak saak: Haman en Mordegai in Ester
- Vraag 4: Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het?
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Genesis 1:1, 31
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Johannes 1:1-5
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Psalm 33:4-9
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Matteus 6:25-26; Romeine 8:28
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Wat beteken dit vir jou dat God alles gemaak het? – Hoe groot is ons God – Psalm 104
- Vraag 5: Hoe ken jy God?
- Hoe ken jy God? – Psalm 19:2, 8; Spreuke 22:17-21
- Hoe ken jy God? – Psalm 119:89-96
- Hoe ken jy God? – Romeine 1:20
- Hoe ken jy God? – Hebreërs 2:10
- Hoe ken jy God? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- God bestaan en God praat – Psalm 19
- Vraag 6: Wat is die Bybel?
- Wat is die Bybel? – 2 Petrus 1:19-21
- Wat is die Bybel? – Psalm 119:105-112
- Wat is die Bybel? – Romeine 15:4 en Hebreërs 4:12
- Wat is die Bybel? – Eksodus 17:14; 34:27
- Wat is die Bybel? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Ons sal alles doen wat die Here beveel het – Eksodus 24
- Vraag 7: Hoe moet jy die Bybel lees?
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Psalm 40:9 en Nehemia 8:1,3,7-8
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Lukas 24:25-27
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Handelinge 8:30-31,35
- Hoe moet jy die Bybel lees? – 2 Timoteus 3:14-17
- Hoe moet jy die Bybel lees? – Die getuienis van die belydenisskrifte
- Watter maatstaf gebruik jy vir wat jy glo, dink of doen? – Nehemia 8:1-12
- Vraag 8: Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Tien gedagtes oor Jesus se eie lering oor die wet in die evangelies
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:18, 49-56
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:73-80
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Psalm 119:121-128
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Prediker 12:13-14
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het? – Die getuienis van die Nuwe Testament
- Wat is die wet soos God dit in die Tien Gebooie vasgestel het?
- Vraag 9: Wat verwag God van jou in sy wet?
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Matteus 5:17-20
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Romeine 8:1-4
- Wat verwag God van jou in sy wet? – 1 Timoteus 1:8-11
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Heidelbergse Kategismus
- Wat verwag God van jou in sy wet? – Die Westminster Geloofsbelydenis
- Die wet as bladmusiek van die koninkryk – Matteus 22:34-40
- Vraag 10: Wat beveel God in die eerste drie gebooie?
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Openbaring 15:3-4
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Matteus 6:9-10
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Handelinge 17:24-31
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Kolossense 3:15-20
- Wat beveel God in die eerste drie gebooie? – Die belydenisskrifte
- Om God te soek in elke situasie – die verhaal van Josia
- Vraag 11: Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod?
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Hebreërs 10:23-25
- Wat beveel God in die vierde gebod? – Psalm 40:10-11
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Kolossense 3:20-21
- Wat beveel God in die vyfde gebod? – Efesiërs 6:1-4
- Wat beveel God in die vierde en vyfde gebod? – Die belydenisskrifte
- Die verhaal van twee seuns – Matteus 21:28-32
- Vraag 12: Wat beveel God in die sesde en sewende gebod?
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:21-26
- Wat beveel God in die sesde gebod? – Matteus 5:38-48
- Wat beveel God in die sewende gebod? – Matteus 5:27-32
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Galasiërs 5:15-26
- Wat beveel God in die sesde en sewende gebod? – Die belydenisskrifte
- Die diepste ellende van die sonde lê in die minagting van die Here – die verhaal van Dawid en Batseba
- Vraag 13: Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod?
- Wat beveel God in die agste gebod? – Matteus 7:7-12
- Wat beveel God in die negende gebod? – Efesiërs 4:25-31
- Wat beveel God in die tiende gebod? – 1 Timoteus 6:6-10
- Watter voorsiening maak God vir oortredings van al Tien Gebooie? – 1 Johannes 1:6-10
- Wat beveel God in die agste, negende en tiende gebod? – Die belydenisskrifte
- God sluit bekeerde sondaars in sy koninkryk in – die verhaal van Saggeus
- Bydraes vir Wie is God? hervat 14 Januarie
- Vraag 14: Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie?
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Eksodus 34:6-7
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Jeremia 17:9-10
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 3:10-12, 19-20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Romeine 5:12, 20
- Waarom hou God almal aan die wet as niemand dit volmaak kan onderhou nie? – Die belydenisskrifte
- God wil ons heilig maak
- Vraag 15: Wat is sonde?
- Wat is sonde? – Matteus 13:40-43
- Wat is sonde? – 1 Korintiërs 6:9-11
- Wat is sonde? – 1 Johannes 3:5-10
- Wat is sonde? – Jakobus 1:12-15
- Wat is sonde? – Die belydenisskrifte
- Kain oorweldig vir Abel en maak hom dood
- Vraag 16: Wat is afgodery?
- Wat is afgodery? – Levitikus 19:4
- Wat is afgodery? – Psalm 97:6-9
- Wat is afgodery? – Romeine 1:21-25
- Wat is afgodery? – Handelinge 15:20
- Wat is afgodery? – Die belydenisskrifte
- Gideon verruil God vir afgode
- Vraag 17: Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly?
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Efesiërs 5:5-6
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Eksodus 15:6-7
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Deuteronomium 6:14-15
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Romeine 1:18-20
- Sal God sonde en afgodery ongestraf laat bly? – Die belydenisskrifte
- Van Bedroefheid na Begenadiging – die verhaal van Noag
- Vraag 18: Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom?
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Handelinge 5:29-32
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Lukas 1:67-70
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Romeine 5:20-21
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – 1 Timoteus 4:10
- Is daar enige manier waarop jy God se straf kan ontvlug en in sy guns kan kom? – Die belydenisskrifte
- God bring verlossing vir dié wat op Hom vertrou
- Vraag 19: Watter soort Verlosser het jy nodig?
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – 1 Timoteus 2:3-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Jesaja 9:5-6
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Johannes 1:14-18
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Filippense 2:6-8
- Watter soort Verlosser het jy nodig? – Die belydenisskrifte
- Matteus 17:1-8 – Luister na Hom!
- Vraag 20: Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees?
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 1:1-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Romeine 5:15-17
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – 2 Korintiërs 13:3-4
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Hebreërs 1:1-3
- Waarom moet hierdie Verlosser waarlik mens en waarlik God wees? – Die belydenisskrifte
- Die krag van die kruis
- Vraag 21: Wat is jou enigste troos in lewe en dood?
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Romeine 14:7-9
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – 1 Korintiërs 3:21-23 en 1 Korintiërs 6:18-20
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Filippense 1:20-21
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Titus 2:11-14
- Wat is jou enigste troos in lewe en dood? – Die belydenisskrifte
- Tien woorde van Troos
- Vraag 22: Hoe kan jy verlos word?
- Hoe kan jy verlos word? – Johannes 3:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Galasiërs 3:26-29
- Hoe kan jy verlos word? – Romeine 1:16-17
- Hoe kan jy verlos word? – Efesiërs 2:8-9
- Hoe kan jy verlos word? – Die belydenisskrifte
- As iemand nie van bo-af gebore word nie
- Vraag 23: Wat is geloof in Jesus Christus?
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 5:1-2
- Dinge sal verander, een ding op ‘n keer – dis waarvoor ons hier is
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Romeine 3:23-28
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Galasiërs 2:19-20
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Handelinge 20:24
- Wat is geloof in Jesus Christus? – Die belydenisskrifte
- ‘n Vrou se diepste begeerte na God word bevredig
- Vraag 24: Waar kom die ware geloof vandaan?
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Titus 3:4-7
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Galasiërs 5:5-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Efesiërs 1:13-14
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Kolossense 1:3-6
- Waar kom die ware geloof vandaan? – Die belydenisskrifte
- Jesus se heerlikheid beweeg sy dissipels tot geloof in Hom
- Vraag 25: Wat is die geloofsbelydenis van Nicea?
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Romeine 10:9-10
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Filippense 1:27-30
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Titus 2:7-8
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – 2 Timoteus 3:10-17
- Wat is die geloofsbelydenis van Nicea? – Die belydenisskrifte
- Bestry dwaalleer en bou julle lewe op julle heiligste geloof
- Vraag 26: Wat is die Vader?
- Wat is die Vader? – Psalm 68:6-7
- Wat is die Vader? – Jesaja 63:15-16
- Wat is die Vader? – Deuteronomium 32:6
- Wat is die Vader? – Romeine 8:15-17
- Wat is die Vader? – Die belydenisskrifte
- Ek is doodsbenoud
- Bybelskool hervat weer 29 April 2019
- Vraag 27: Wat is die Seun?
- Wat is die Seun? – Filippense 2:9-11
- Wat is die Seun? – 1 Timoteus 3:16
- Wat is die Seun? – 1 Johannes 5:20
- Wat is die Seun? – Galasiërs 4:3-7
- Wat is die Seun? – Die belydenisskrifte
- Die Seun is die Woord van God
- Vraag 28: Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Lukas 1:26-38
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Romeine 9:4-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Galasiërs 4:3-5
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Hebreërs 2:14-18
- Wat beteken Jesus Christus se menswording vir jou? – Die belydenisskrifte
- Om in die bewuste teenwoordigheid van die Heilige Gees te leef – Simeon en Anna
- Vraag 29: Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Hebreërs 10:19-22
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Jesaja 53:10-11
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 2:24-25
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – 1 Petrus 3:18
- Wat beteken Jesus Christus se kruisdood vir jou? – Die belydenisskrifte
- Die Onskuldige sterf vir ons die skuldiges – Lukas 23:1-56
- Vraag 30: Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou?
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Kolossense 1:19-20
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Hebreërs 10:14-18
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Psalm 103:11-12
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Lukas 5:22-24
- Wat beteken die vergifnis van al jou sondes vir jou? – Die belydenisskrifte
- God woon in die gemeenskap van gelowiges – Efesiërs 2 tot 3
- Vraag 31: Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Efesiërs 2:4-7
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Johannes 14:1-3
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Handelinge 1:9-11
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Romeine 8:34
- Wat beteken Jesus Christus se opstanding en hemelvaart vir jou? – Die belydenisskrifte
- Ons toekoms is belangriker as wat ons besef – Handelinge 1:1-11
- Blaaskans vir Pinkster
- Vraag 32: Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou?
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Romeine 8:18-24
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 2 Korintiërs 5:1-10
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – 1 Petrus 1:3-9
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Openbaring 21:1-8
- Wat beteken Jesus Christus se wederkoms vir jou? – Die belydenisskrifte
- Is daar hoop? – 1 Tessalonisense 4:13-18
- Vraag 33: Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging?
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 1 Petrus 1:1-2
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – 2 Tessalonisense 2:13-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Romeine 6:15-23
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Efesiërs 5:1-14
- Wat is die verskil tussen verlossing en heiliging? – Die belydenisskrifte
- Bou jou geloof – 2 Petrus 1
- Vraag 34: Kan jy deur die wet of goeie werke gered word?
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Galasiërs 2:15-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Matteus 5:13-16
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Filippense 2:12-13
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Titus 3:3-8
- Kan jy deur die wet of goeie werke gered word? – Die belydenisskrifte
- Laat jou gedrag deur die Gees bepaal word – Galasiërs 5:13-26
- Vraag 35: Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam?
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Romeine 2:2-11
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Petrus 2:11-12
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 2 Tessalonisense 2:13-17
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – 1 Timoteus 6:11-19
- Moet jy nog goeie werke doen en God se Woord gehoorsaam? – Die belydenisskrifte
- God-flavors en God-colors
- Vraag 36: Word alle mense gered deur Christus se verlossing?
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Efesiërs 1:3-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 14:1-6
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Johannes 15:1-8
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Romeine 5:12-21
- Word alle mense gered deur Christus se verlossing? – Die belydenisskrifte
- Baie is immers geroep, maar min is uitgekies – Matteus 22:1-14
- Vraag 37: Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie?
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Johannes 3:31-36
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Tessalonisense 1:3-12
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – 2 Petrus 2:1-10
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Openbaring 21:1-8
- Wat gebeur ná die dood met mense wat nie in Christus glo nie? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die onkruid in die land – Matteus 13
- Vraag 38: Wat is die Heilige Gees?
- Wat is die Heilige Gees? – Johannes 16:5-15
- Wat is die Heilige Gees? – Matteus 3:7-12
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 1:1-11
- Wat is die Heilige Gees? – Handelinge 2:1-13
- Wat is die Heilige Gees? – Die belydenisskrifte
- Tien Perspektiewe op die werk van die Heilige Gees
- Die Heilige Gees is ons Helper
- Vraag 39: Hoe help die Heilige Gees jou?
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Johannes 16:7-14
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Romeine 5:1-5
- Hoe help die Heilige Gees jou? – 1 Korintiërs 12:4-10
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Galasiërs 5:22-23
- Hoe help die Heilige Gees jou? – Die belydenisskrifte
- Hoe “praat” die Heilige Gees?
- Vraag 40: Wat is gebed?
- Wat is gebed? – Psalm 62:6-9
- Wat is gebed? – Matteus 6:5-8
- Wat is gebed? – Efesiërs 3:14-21
- Wat is gebed? – Jakobus 5:13-17
- Wat is gebed? – Die belydenisskrifte
- Tien gebede van Nehemia
- Vraag 41: Hoe moet jy bid?
- Hoe moet jy bid? – Psalm 17:1-2
- Hoe moet jy bid? – Efesiërs 6:18-20
- Hoe moet jy bid? – Matteus 21:18-22
- Hoe moet jy bid? – Lukas 18:9-14
- Hoe moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Die gelykenis van die weduwee en die regter – Lukas 18:1-8
- Vraag 42: Wat moet jy bid?
- Wat moet jy bid? – Filippense 1:9-11
- Wat moet jy bid? – Filippense 4:4-9
- Wat moet jy bid? – Numeri 6:23-27
- Wat moet jy bid? – Romeine 8:26-27
- Wat moet jy bid? – Die belydenisskrifte
- Salomo se gebed word met God se vuur beseël – 2 Kronieke 6-7
- Vraag 43: Wat is die Ons Vader?
- Wat is die Ons Vader? – Matteus 6:9-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 6:12-13
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 9:18-22
- Wat is die Ons Vader? – Lukas 22:39-46
- Wat is die Ons Vader? – Die belydenisskrifte
- So moet julle dan bid – Matteus 6:5-15
- Vraag 44: Wat bid jy met die eerste drie bedes?
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Jeremia 9:23-24
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Matteus 6:31-34
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Romeine 12:1-2
- Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Laat u wil geskied
- Vraag 45: Wat bid jy met die laaste drie bedes?
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 145:14-16
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Psalm 51:12-15
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Efesiërs 6:10-18
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – 1 Korintiërs 10:12-13
- Wat bid jy met die laaste drie bedes? – Die belydenisskrifte
- Vertrou op die kragtige hand van God
- Vraag 46: Wat is die Christelike kerk?
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 4:11-16
- Wat is die Christelike kerk? – Matteus 16:15-18
- Wat is die Christelike kerk? – Kolossense 1:15-20
- Wat is die Christelike kerk? – Efesiërs 5:25-33
- Wat is die Christelike kerk? – Die belydenisskrifte
- Wat ons leer van die kerk in die verhaal van Antiogië in Pisidië
- Vraag 47: Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk?
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Galasiërs 1:6-9
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 1 Timoteus 4:1-5
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Titus 1:10-2:1
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – 2 Timoteus 1:9-14
- Wat is die onderskeid tussen die ware en valse kerk? – Die belydenisskrifte
- Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15
- Vraag 48: Wat is die Christelike tug?
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 16:13-19
- Wat is die Christelike tug? – Romeine 16:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Kolossense 2:6-10
- Wat is die Christelike tug? – Matteus 15:17-20
- Wat is die Christelike tug? – Die belydenisskrifte
- Reik uit na dié wat teen jou sondig
- Vraag 49: Wat is die sakramente?
- Wat is die sakramente? – Romeine 4:11-12
- Wat is die sakramente? – Johannes 6:47-58
- Wat is die sakramente? – Matteus 26:26-29
- Wat is die sakramente? – Kolossense 2:11-12
- Wat is die sakramente? – Die belydenisskrifte
- God seën ons tot ‘n seën – Efesiërs 1:3-14
- Vraag 50: Wat is die doop?
- Wat is die doop? – Romeine 6:1-5
- Wat is die doop? – Matteus 28:18-20
- Wat is die doop? – Efesiërs 4:4-6
- Wat is die doop? – 1 Petrus 3:21
- Wat is die doop? – Die belydenisskrifte
- Die kerk in Europa begin met die doop van twee gesinne
- Vraag 49: Wat is die nagmaal?
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 2:41-47
- Wat is die nagmaal? – Handelinge 20:7-12
- Wat is die nagmaal? – 1 Korintiërs 11:17-34
- Wat is die nagmaal? – Openbaring 19:6-9
- Wat is die nagmaal? – Die belydenisskrifte
- Die nagmaal as gemeenskap met die Here Jesus – Lukas 22:7-23
- Verhale van verlossing en verdoemenis – ‘n perspektief op die nagmaal
- Vraag 52: Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in?
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Johannes 3:14-17; 35-36
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Tessalonisense 4:13-17
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Petrus 1:13-16
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – 1 Johannes 2:24-30
- Watter hoop hou die ewige lewe vir jou in? – Die belydenisskrifte
- Die belofte van die ewige lewe
Tags: Wie is God?
Trackback from your site.
Chris van Wyk
| #
Hi Yvonne, dankie vir die korreksie! Seën vir jou leeswerk hierdie jaar.
Chris van Wyk
| #
Hi Miems, die wet is duidelik dat ‘n mens nie moord mag pleeg nie (Eks 20:13) soos Jesus (Matt 5:21-22) en Paulus (Rom 13:9) dit ook bevestig. Die Heidelbergse Kategismus verduidelik dit so:
Sondag 40
105 Vraag: Wat eis God in die sesde gebod?
Antwoord: Ek mag nie self en ook nie deur iemand anders my naaste onteer, haat, beledig of doodmaak nie. Ek mag dit nie met my gedagtes, woorde of gebare doen nie en nog minder met die daad (a). Ek moet alle wraaksug laat vaar (b). Ek mag ook myself nie kwaad aandoen of moedswillig in gevaar begewe nie (c). Daarom dra die owerheid die swaard om doodslag te weer (d).
(a) Matt 5:21, 22; 26:52; Gen 9:6. (b) Ef 4:26; Rom 12:I9; Matt 5:25;18:35. (c) Rom 13:14; Kol 2:23; Matt 4:7. (d) Gen 9:6; Eks 21:14; Matt 26:52; Rom 13:4.
106 Vraag: Praat hierdie gebod net van doodmaak?
Antwoord: Deur doodmaak te verbied, leer God ons dat Hy die wortel daarvan (a), soos afguns, haat (b), woede (c) en wraaklus verafsku. Dit alles is vir Hom heimlike moord (d).
(a) Spr 14:30; Rom 1:29. (b) 1 Joh 2:11. (c) Jak 1:20; Gal 5:19-21. (d) 1 Joh 3:15.
107 Vraag: Het ons die gebod gehoorsaam as ons maar net nie ons naaste doodmaak, soos hierbo gesê is nie?
Antwoord: Nee, terwyl God afguns, haat en woede verbied, gebied Hy dat ons ons naaste moet liefhê soos onsself (a). Ons moet teenoor hom geduldig, vredeliewend, sagmoedig, barmhartig en vriendelik wees (b), alles wat hom kan benadeel, sover moontlik probeer voorkom (c) en selfs aan ons vyande goed doen (d).
(a) Matt 22:39; 7:12; Rom 12:10. (b) Ef 4:2; Gal 6:1, 2;Matt 5:5; Rom 12:18; Luk 6:36; Matt 5:7; 1 Pet 3:8; Kol 3:12. (c) Eks 23:5. (d) Matt 5:44, 45; Rom 12:20.
Chris van Wyk
| #
Ek het ook ‘n paar gedagtes oor gebed by: https://bybelskool.com/drie-vaste-gebedstye-vir-elke-dag/
Chris van Wyk
| #
Hi Frans – ek het ‘n paar gedagtes oor vas geplaas by: https://bybelskool.com/die-plek-van-vas-in-geloofsgewoontes/. Daarin is ‘n pdf van Calvyn oor vas.
Frans Scheepers
| #
Ek soek na handleiding vir die tyd waarin ons is, vir die pandemie. Veral oor intense gebed.
Chris van Wyk
| #
Dankie Chantelle – jy kan my bydraes oor Esegiël hier bereik: https://bybelskool.com/esegiel-blad/
Chantelle
| #
Baie Dankie hier oor Baie ekstra kennis by gelas 🙏👋, ek is op soek na notasoor die boek Esegiel.
Kan my kontak op my epos Dankie
Groete
Chantelle du Plessis
Chris van Wyk
| #
Hi Anton
Dit is nie my punt nie, maar die punt van die Dordtse Leerreëls op grond van die Skrif. Hier is dit in konteks aangehaal:
1. Alle mense het in Adam gesondig en hulle skuldig gemaak aan die vloek en die ewige dood. Daarom sou God niemand verontreg het as dit sy wil was om die hele menslike geslag in die sonde en vervloeking te laat bly en vanweë die sonde te veroordeel nie. Daarom leer die apostel: die hele wêreld is voor God doemwaardig (Rom 3:19). Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God (Rom 3:23) en: Die loon van die sonde is die dood (Rom 6:23).
2. Die liefde van God is egter hierin geopenbaar dat Hy sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê (1 Joh 4:9; Joh 3:16).
3. Om mense tot geloof te bring, stuur God uit louter goedheid verkondigers van hierdie vreugdevolle boodskap na wie Hy wil en wanneer Hy wil. Deur hulle diens word die mense geroep tot bekering en geloof in Christus, die gekruisigde, want: Hoe kan hulle in Hom glo van Wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? (Rom 10:14,15).
4. Die toorn van God bly op hulle wat hierdie evangelie nie glo nie. Hulle wat die evangelie egter aanneem en die Verlosser, Jesus, met ‘n ware en lewende geloof omhels, word deur Hom van die toorn van God en van die verderf verlos, en Hy skenk hulle die ewige lewe (Joh 3:36; Mark 16:16).
5. Die oorsaak of skuld van daardie ongeloof, net soos van alle ander sondes, lê beslis nie by God nie, maar by die mens. Die geloof in Jesus Christus en die saligheid deur Hom is egter ‘n genadegawe van God. Soos geskrywe is: Uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God (Ef 2:8), ook: Dit is aan julle genadiglik gegee om in Christus te glo (Fil 1:29).
6. Dat God aan sommige mense in die tyd die gawe van die geloof skenk en aan ander dit nie skenk nie, volg uit sy ewige besluit. Immers: Aan God is al sy werke van ewigheid af bekend (Hand 15:18), en Hy doen alles volgens die raad van sy wil (Ef 1:11). Volgens hierdie besluit maak God genadiglik die harte van die uitverkorenes ontvanklik – hoe verhard hierdie harte ook al mag wees – en buig hulle om tot geloof. Hulle wat egter nie uitverkies is nie, laat Hy volgens sy regverdige oordeel in hulle boosheid en verharding bly. Hierin veral kom vir ons tot openbaring die diepe, barmhartige en tegelyk regverdige onderskeiding tussen die mense wat almal ewe verlor is. Dit is die besluit van die uitverkiesing en verwerping wat in die Woord van God geopenbaar is. Verkeerde, onreine en onstandvastige mense verdraai hierdie leer tot hulle eie verderf, maar aan die heiliges en godvresendes gee dit ‘n onuitspreeklike troos.
7. Hierdie uitverkiesing is ‘n onveranderlike voorneme van God. Daarvolgens het Hy nog voor die skepping ‘n sekere aantal mense uit die hele menslike geslag uitverkies. Hierdie menslike geslag het deur hulle eie skuld van hulle oorspronklike ongeskondenheid in sonde en verderf verval. Die uitverkorenes is dus nie beter of waardiger as die ander nie, maar verkeer saam met die ander in die gemeenskaplike ellende. Nogtans het Hy hulle, uit volkome vrye welbehae van sy wil en uit louter genade, tot die saligheid in Christus uitverkies. God het Christus ook van ewigheid af tot Middelaar en Hoof van al die uitverkorenes en tot Fondament van die saligheid gestel. So het Hy ook besluit om die uitverkorenes aan Christus te gee om hulle salig te maak. Deur sy Woord en Gees roep en trek God die uitverkorenes kragdadiglik tot gemeenskap met Hom. Hy het dus besluit om aan die uitverkorenes die ware geloof in Christus te gee, hulle te regverdig en te heilig en om hulle, wat kragtig in die
gemeenskap van sy Seun bewaar word, uiteindelik as bewys van sy barmhartigheid en tot lof van sy oorvloedige en heerlike genade te verheerlik. Soos geskrywe is: In Christus het God Hy ons uitverkies voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees, deurdat Hy ons voorbeskik het om ons vir sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil, tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde (Ef 1:4,5,6); en elders: Die wat Hy vantevore verordineer het, dié het Hy ook geroep; en die wat Hy geroep het, dié het Hy ook geregverdig; en die wat Hy geregverdig het, dié het Hy ook
verheerlik (Rom 8:30).
8. Hierdie uitverkiesing is nie veelvoudig nie, maar een en dieselfde vir almal wat salig word, in die Ou sowel as in die Nuwe Testament. Die Skrif verkondig immers aan ons net een welbehae, voorneme en raad van die wil van God. Hiervolgens het Hy ons van ewigheid af uitverkies tot die genade sowel as tot die heerlikheid, tot die saligheid sowel as tot die weg na die saligheid wat Hy voorberei het, sodat ons daarin kan wandel (Ef 1:4,5; 2:10).
9. Hierdie uitverkiesing het nie op grond van vooruitgesiene geloof, geloofsgehoorsaamheid, heiligheid of enige ander goeie hoedanigheid of geskiktheid van die mens tot stand gekom nie. Dit alles kan nooit vooraf as rede of voorwaarde vir die uitverkiesing van die mens vereis word nie. Die uitverkiesing is immers die oorsaak van geloof en geloofsgehoorsaamheid, heiligheid, ensovoorts. Daarom is die uitverkiesing die fontein van alle saligheid waaruit geloof, heiligheid en al die ander saligmakende gawes, en uiteindelik die ewige lewe self, as vrugte en gevolge daarvan voortvloei. Die apostel getuig immers: Om heilig en sonder gebrek voor Hom te wees (Ef 1:4), en nie ómdat ons alreeds so was nie.
10. Die oorsaak van hierdie genadige uitverkiesing is inderdaad slegs die welbehae van God. Dit bestaan nie daarin dat Hy uit alle moontlikhede sekere menslike hoedanighede of dade as ‘n voorwaarde vir die saligheid uitgekies het nie. Dit bestaan wel hierin dat Hy sekere bepaalde mense uit die hele menigte van sondaars as sy eiendom aangeneem het. Soos geskrywe is: Toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie, …, is vir haar (nl Rebekka) gesê: Die oudste sal die jongste dien. Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat (Rom 9:11,12,l3); en: Daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe (Hand
13:48).
11. God self is alwys, onveranderlik, alwetend en almagtig, en daarom kan sy daad van uitverkiesing nie ongedaan gemaak, oorgedoen, verander, herroep of afgebreek word nie. Die uitverkorenes kan ook nie verwerp of in getal verminder word nie.
12. Die uitverkorenes word op God se tyd van hulle ewige en onveranderlike uitverkiesing tot saligheid verseker. Dit gebeur verskillend en nie vir almal in gelyke mate nie. Hierdie versekering ontvang hulle nie as hulle nuuskierig die verborgenhede en dieptes van God probeer deursoek nie. Hulle ontvang die sekerheid egter as hulle in hulleself die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing, soos in die Woord van God aangewys, met geestelike blydskap en heilige vreugde waarneem. Hierdie onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is die ware geloof in Christus, die kinderlike vrees van God, die droefheid oor die sonde volgens die wil van God, die honger en dors na die geregtigheid, ensovoorts (2 Kor 13:5).
13. Vir die kinders van God is die besef en die sekerheid van hierdie uitverkiesing daagliks steeds meer rede om hulle voor die aangesig van God te verootmoedig, om die diepte van sy barmhartigheid te aanbid, om hulleself te reinig en om Hom, wat hulle eerste so uitnemend liefgehad het, ook van hulle kant vurig lief te hê. Dit is dan ook onmoontlik dat hierdie leer van die uitverkiesing en die besinning daaroor die kinders van God sal laat ophou om die gebooie van God te gehoorsaam of dat hulle onverskillig sou word deur ‘n sondige lewe te lei. Deur die regverdige oordeel van God is dit juis die geval met hulle wat die genade van die uitverkiesing ligtelik vir hulleself toe-eien of ydellik en ligsinnig daaroor praat, sonder dat hulle begeer om in die weë van die uitverkorenes te
wandel.
14. Hierdie leer van die Goddelike uitverkiesing is verder, volgens die wyse besluit van God, deur die profete, deur Christus self en deur die apostels in sowel die Ou as die Nuwe Testament verkondig. Daarna is dit in die heilige Skrifte bekend gemaak en bewaar. Daarom moet dit vandag nog op die regte tyd en plek in die kerk van God – waarvoor dit in die besonder bestem is – uiteengesit word. Hierdie leer moet egter oordeelkundig, met gelowige eerbied en heilige ontsag, sonder ‘n nuuskierige ondersoek na die weë van die Allerhoogste, verkondig word. Dit alles moet gebeur tot eer van die heilige Naam van God en tot ‘n lewende troos vir sy volk (Hand 20:27; Rom 12:3; 11:33,34; Heb 6:17,18).
15. Verder toon die heilige Skrif hierdie ewige en onverdiende genade van ons uitverkiesing baie duidelik aan en verkondig dit nadruklik aan ons. Dit getuig bowendien dat nie alle mense uitverkies is nie, maar dat sommige nie uitverkies is nie of in die ewige uitverkiesing van God verbygegaan is. God het besluit om hulle, na sy volkome vrye, regverdige, onberispelike en onveranderlike welbehae, in die gemeenskaplike ellende te laat bly. Daarin het hulle hulleself deur hulle eie skuld gestort. God het immers besluit om nie aan hulle die saligmakend~ geloof én die genade van die bekering te gee nie. Om sy geregtigheid te openbaar, het God besluit om hierdie mense aan hulleself oor te laat, hulle onder sy regverdige oordeel te laat bly en om hulle nie alleen oor hulle ongeloof nie, maar ook oor al hulle ander sondes te veroordeel en ewig te straf. Dit is die besluit van die verwerping, wat God hoegenaamd nie tot bewerker van die sonde maak nie, want dit sou ‘n godslasterlike gedagte wees. Inteendeel, dit sê juis dat God ‘n gedugte, onberispelike en regverdige Regter is wat die sonde straf.
16. Hulle wat die lewende geloof in Christus, die vaste vertroue, die gewetensrus, die beoefening van kinderlike gehoorsaamheid en die roem in God deur Christus nog nie ten volle ervaar nie – ofskoon hulle die middele gebruik waardeur God hulle beloof, het om hierdie dinge in ons te bewerk – moet nie mismoedig word wanneer hulle van die verwerping hoor nie. Hulle moet hulleself ook nie onder die verworpenes reken nie, maar ywerig voortgaan om die middele te gebruik, vurig verlang na die tyd van oorvloediger genade en dit ook met eerbied en ootmoed verwag. Hulle wat ernstig begeer om hulle tot God te bekeer, om Hom alleen gehoorsaam te wees en van die liggaam van die dood verlos te word, maar op die pad van die vroomheid en die geloof nog nie so ver gekom het as wat hulle wel wou nie, behoort nog minder die leer van die verwerping te vrees. Die barmhartige God het immers beloof dat Hy die dowwe lamppit nie sal uitblus en die geknakte riet nie sal verbreek nie. Maar
hierdie leer is tereg verskriklik vir almal wat God en die Verlosser, Jesus Christus, verag en hulleself geheel en al aan wêreldse sorge en sondige begeertes oorgegee het. Dit sal so bly solank hulle hulle nie met erns tot God bekeer nie.
17. Die Woord van God, waaruit ons die wil van God leer ken, getuig daarvan dat die kinders van die gelowiges heilig is. Hulle is nie van nature heilig nie, maar kragtens die genadeverbond waarin hulle saam met hulle ouers opgeneem is. Gelowige ouers moet daarom nie twyfel aan die uitverkiesing en saligheid van hulle kinders wat God in hulle kinderjare uit hierdie lewe wegneem nie (Gen 17:7; Hand 2:39;1 Kor 7:14).
18. Teen iemand wat oor hierdie genade van die onverdiende uitverkiesing en gestrengheid van die regverdige verwerping in opstand is, stel ons die woorde van die apostel: O, mens, wie is jy wat teen God antwoord? (Rom 9:20); en ook die woorde van ons Saligmaker: Of staan dit my nie vry om met my eie goed te maak wat ek wil nie? (Matt 20:15). Maar ons wat hierdie verborgenhede godvresend en met eerbied aanbid; roep saam met die apostel uit: O diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë! Want wie het die gedagte van die Here geken of wie was sy raadsman gewees? Of wie het iets aan Hom gegee, dat dit vergeld moet word? Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid! Amen (Rom 11:33-36).
Anton
| #
Chris, jou punt 7 is tog duidelik onwaar. Jy sê: “Baie wat deur die evangelie geroep is, bekeer hulle nie, glo nie in Christus nie, maar sterf in ongeloof. Dit gebeur, nie omdat die offer wat Christus aan die kruis volbring het, gebrekkig of onvoldoende is nie, maar deur hul eie skuld.”
Verder aan sê jy egter: “So het God slegs aan die uitverkorenes die regverdigende geloof geskenk om hulle daardeur onfeilbaar salig te maak.”
Hoe kan dit die ongelowiges se skuld wees dat hulle nie glo nie as God die saligmakende geloof van hulle weerhou?
Yvonne
| #
Ds Chris ek is so dankbaar dat ek al u hardewerk mag gebruik en geniet…..seenwense….mag ek vra vir n korreksie , tel dit vanoggend op tydens my stilte tyd Gen 26…die voorlaaste paragraaf by u boodskap noem u Sara se naam ipv Rebekka…dis nie kritiek nie asb…gedurende die inperking en weens my swak gehoor is Bybelskool van groot seen vir my…baie dankie