Skip to main content

Wat bid jy met die eerste drie bedes? – Johannes 17:1-3

Jesus het hierdie dinge gesê, en toe sy oë hemelwaarts gerig en gesê: “Vader, die uur het aangebreek. Verheerlik u Seun sodat die Seun U kan verheerlik. U het aan die Seun volmag gegee oor die hele mensdom om aan almal wat U aan Hom gegee het, die ewige lewe te gee. En die inhoud van die ewige lewe is dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus wat U gestuur het. (NLV)

Hierdie gebed word op pad na Getsemane gebid, Jesus se finale gebed op aarde vir die dissipels. Hierna sou Hy as Hoëpriester gebede bid vir hulle in die hemel (1 John 2:1; Hebr 7:25; Rom 8:34).  Hy bid hier eers vir Homself dat Hy sy roeping kan voltooi (Joh 17:1-8), dan vir die dissipels (Joh 17:9-19) en dan vir die kerk (Joh 17:20-26).

1. Onthou dat verheerliking hier slaan op die kruisdood van Jesus wat Hy net hierna sou ondergaan. Maar ook dat Jesus God prys vir die volmag wat Hy het om die (ewige) lewe aan almal wat God vir Hom gegee het, te gee. Watter perspektiewe rondom die dood maak dit vir jou oop?

2. Let op dat die inhoud van die ewige lewe nie op die hemel as sodanig dui nie, ook nie op ’n ervaring van tydloosheid nie, maar op ’n onbelemmerde verhouding met God – om die enigste ware God en die gestuurde Jesus te ken. Hoe verander dit jou perspektief op die ewige lewe?

3. Lees die verse later vandag weer om jou te herinner aan die wonder van die ewige lewe, dat jy die ware God en sy gestuurde Seun ken.

4. Jy kan later vanaand die verse weer in die konteks van Johannes 17 lees en my bydrae daaroor: Johannes 17:1–26 – Jesus bid passievol vir eenheid in Sy kerk.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar