Skip to main content

Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15

Op Paulus se tweede sendingreis stig hy die eerste gemeente op Europese bodem, die gemeente in Filippi. Vandaar reis hy na Tessalonika, die hoofstad van Masedonië en ’n baie invloedryke stad. Lukas het agter gebly in Filippi.

In Tessalonika het Paulus drie weke gebly en moeite gedoen om “die Skrifte” uit te lê en daaruit die boodskap van Christus te verkondig. Hy het spesifiek gedeeltes in die OT gebruik wat aantoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en dit met Jesus verbind.

Sommige Jode en ‘n groot menigte Grieke is oortuig en het by die nuwe Christelike beweging aangesluit. Die Jode was egter afgunstig en het ‘n klomp leeglopers gebruik om die stad teen Paulus-hulle op te sweep.

Van die gelowiges het vir hulle opgekom voor die owerhede – Jason word spesifiek genoem en werk hierna saam met Paulus (Rom 16:21) – en só is Paulus-hulle beskerm sodat hulle kon ontsnap.

Ons lees dan in Handelinge 17:10-15:

10 Die broers het Paulus en Silas, toe dit nag word, dadelik na Berea gestuur. Met hulle aankoms het hulle na die Joodse sinagoge gegaan. 11 Die mense daar was meer welwillend as diegene in Tessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 12 As gevolg daarvan het baie van hulle, en ook nie ‘n geringe aantal van die vooraanstaande Griekse vroue en mans nie, gelowig geword. 13 Toe die Jode van Tessalonika egter verneem dat die woord van God ook in Berea deur Paulus verkondig is, het hulle ook daar die skares gaan opsweep en in oproer gebring. 14 Die broers het Paulus toe dadelik weggestuur om na die kus te gaan, maar Silas en Timoteus het daar agtergebly. 15 Die mense wat Paulus begelei het, het hom tot by Athene geneem en vertrek met ‘n opdrag aan Silas en Timoteus om so spoedig moontlik weer na Paulus terug te keer. 

Berea (vandag Verria) is  ’n klein dorpie 72 km van Tessalonika – so ‘n drie dae reis te voet.

Die mense van die Joodse sinagoge in Berea was ‘n besondere groep. Ons kan baie by hulle leer. Hulle word op drie maniere beskryf:

  1. Hulle word beskryf as eugenēs, oop-kop, welwillend. Hulle was bereid om te leer en Paulus ‘n billike kans te gee om hulle te oortuig.
  2. Hulle het verder met prothymia, met geesdrif geluister, bedoelende hulle was oorgehaal om die boodskap van die evangelie te ontvang as dit aan die maatstaf van die Skrif beantwoord het.
  3. En hulle het daarby met ‘n ondersoekende gees, anakrinō, die Skrifte ondersoek. Dws hulle krities gelees, sorgvuldig, in detail.

Só het hulle die Skrifte bestudeer, die boodskap wat Paulus daaruit verkondig het, beoordeel. Is dit soos Paulus sê? Praat hy die waarheid? Sien ons dit self raak in die Skrif?

Die mense van Berea het dus hulle intellek gebruik, nie net hulle emosies nie. Hulle was nie net meegevoer deur welsprekendheid nie. Hulle het nie in die eerste plek met hulle hart geluister nie, maar met hulle verstand. Só het hulle hart in beweging gekom, het hulle tot oortuiging gekom.

Hulle het dit verder daagliks gedoen! Nie net op die Sabbatdag nie. Nee, daagliks. Dit was die belangrikste fokus van nie net hulle week nie, maar hulle dag.

Let ook op dat dit die vrouens en die mans ingesluit het. Almal het geluister en gelees en ondersoek. Trouens, die vroue word eerste genoem!

En toe hulle die “paper-trail” kon agterkom, die ooreenkoms van sy boodskap met die Skrif en die waarheid daarvan kon bevestig, het hulle eenvoudig die boodskap ontvang en dit geglo. Niks meer was nodig nie. Hulle kon immers self sien dat wat Paulus sê in ooreenstemming met die Skrif was.

Die Skrif was hulle enigste maatstaf. En die Skrif het hulle oortuig om te glo.

Geen wonder dat Paulus se boodskap deur almal “die woord van God” genoem word nie. Want almal kon sien dat wat hy gesê het, kom ooreen met die Skrif, is trouens in volle ooreenstemming daarmee, en kan dus as die Woord van God beskou word.

En ons moet dit goed hoor. Soos die profete in die OT se boodskap aan die vorige Woord van God getoets is, die wet, só gebeur dit ook in die NT. Soos God se Woord openbaar word, só word dit die toetssteen, die maatstaf vir volgende woorde van God wat daarby ingesluit moet word.

Die NT kan net die maatstaf vir ons wees in dié mate wat dit in ooreenstemming is met die OT. Natuurlik is daar ook dinge wat verander het, bv die offers van die OT wat in die NT nie meer nodig is nie, weens die volkome offer van die Here Jesus Christus. Maar, die OT bly die Woord van God, want sonder die uitvoerige begronding van die offers in die OT kan Jesus se offer in die NT nie sin maak nie. Jy moet die “paper-trail” kan terugvat totdat jy by die oorsprong uitkom van die idee dat ‘n offer versoening kan bring tussen God en mens.

Die teenstand is egter so erg dat die gelowiges vir Paulus ver wegneem na Atene, 550 km daarvandaan.  Die jong Timoteus en Silas word agter gelaat om die gemeente verder te bearbei.  Timoteus sou later uit Korinte teruggestuur word deur Paulus om hulle te bemoedig en te hoor hoe dit gaan.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • Chris van Wyk on Psalm 119:169-176Absoluut!
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:169-176Psalm 119 is voorwaar ñ baie Geseënde Psalm
  • Chris van Wyk on Psalm 119:145-152Dis self opnuut weer ‘n vreugde vir my.
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:145-152Ek was altyd baie langtand om Ps 119 aan te durf, nou wens ek dat dit nie ophou nie... Ps 119 is te kort!!! PDH
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda