Om die Bybel te ondersoek, maak die evangelie vir ’n mens oop – Handelinge 17:1-15

Op Paulus se tweede sendingreis stig hy die eerste gemeente op Europese bodem, die gemeente in Filippi. Vandaar reis hy na Tessalonika, die hoofstad van Masedonië en ’n baie invloedryke stad. Lukas het agter gebly in Filippi.

In Tessalonika het Paulus drie weke gebly en moeite gedoen om “die Skrifte” uit te lê en daaruit die boodskap van Christus te verkondig. Hy het spesifiek gedeeltes in die OT gebruik wat aantoon dat die Christus moes ly en uit die dode opstaan, en dit met Jesus verbind.

Sommige Jode en ‘n groot menigte Grieke is oortuig en het by die nuwe Christelike beweging aangesluit. Die Jode was egter afgunstig en het ‘n klomp leeglopers gebruik om die stad teen Paulus-hulle op te sweep.

Van die gelowiges het vir hulle opgekom voor die owerhede – Jason word spesifiek genoem en werk hierna saam met Paulus (Rom 16:21) – en só is Paulus-hulle beskerm sodat hulle kon ontsnap.

Ons lees dan in Handelinge 17:10-15:

10 Die broers het Paulus en Silas, toe dit nag word, dadelik na Berea gestuur. Met hulle aankoms het hulle na die Joodse sinagoge gegaan. 11 Die mense daar was meer welwillend as diegene in Tessalonika. Hulle het die boodskap baie geesdriftig ontvang en die Skrifte daagliks bestudeer om vas te stel of dit so is. 12 As gevolg daarvan het baie van hulle, en ook nie ‘n geringe aantal van die vooraanstaande Griekse vroue en mans nie, gelowig geword. 13 Toe die Jode van Tessalonika egter verneem dat die woord van God ook in Berea deur Paulus verkondig is, het hulle ook daar die skares gaan opsweep en in oproer gebring. 14 Die broers het Paulus toe dadelik weggestuur om na die kus te gaan, maar Silas en Timoteus het daar agtergebly. 15 Die mense wat Paulus begelei het, het hom tot by Athene geneem en vertrek met ‘n opdrag aan Silas en Timoteus om so spoedig moontlik weer na Paulus terug te keer. 

Berea (vandag Verria) is  ’n klein dorpie 72 km van Tessalonika – so ‘n drie dae reis te voet.

Die mense van die Joodse sinagoge in Berea was ‘n besondere groep. Ons kan baie by hulle leer. Hulle word op drie maniere beskryf:

  1. Hulle word beskryf as eugenēs, oop-kop, welwillend. Hulle was bereid om te leer en Paulus ‘n billike kans te gee om hulle te oortuig.
  2. Hulle het verder met prothymia, met geesdrif geluister, bedoelende hulle was oorgehaal om die boodskap van die evangelie te ontvang as dit aan die maatstaf van die Skrif beantwoord het.
  3. En hulle het daarby met ‘n ondersoekende gees, anakrinō, die Skrifte ondersoek. Dws hulle krities gelees, sorgvuldig, in detail.

Só het hulle die Skrifte bestudeer, die boodskap wat Paulus daaruit verkondig het, beoordeel. Is dit soos Paulus sê? Praat hy die waarheid? Sien ons dit self raak in die Skrif?

Die mense van Berea het dus hulle intellek gebruik, nie net hulle emosies nie. Hulle was nie net meegevoer deur welsprekendheid nie. Hulle het nie in die eerste plek met hulle hart geluister nie, maar met hulle verstand. Só het hulle hart in beweging gekom, het hulle tot oortuiging gekom.

Hulle het dit verder daagliks gedoen! Nie net op die Sabbatdag nie. Nee, daagliks. Dit was die belangrikste fokus van nie net hulle week nie, maar hulle dag.

Let ook op dat dit die vrouens en die mans ingesluit het. Almal het geluister en gelees en ondersoek. Trouens, die vroue word eerste genoem!

En toe hulle die “paper-trail” kon agterkom, die ooreenkoms van sy boodskap met die Skrif en die waarheid daarvan kon bevestig, het hulle eenvoudig die boodskap ontvang en dit geglo. Niks meer was nodig nie. Hulle kon immers self sien dat wat Paulus sê in ooreenstemming met die Skrif was.

Die Skrif was hulle enigste maatstaf. En die Skrif het hulle oortuig om te glo.

Geen wonder dat Paulus se boodskap deur almal “die woord van God” genoem word nie. Want almal kon sien dat wat hy gesê het, kom ooreen met die Skrif, is trouens in volle ooreenstemming daarmee, en kan dus as die Woord van God beskou word.

En ons moet dit goed hoor. Soos die profete in die OT se boodskap aan die vorige Woord van God getoets is, die wet, só gebeur dit ook in die NT. Soos God se Woord openbaar word, só word dit die toetssteen, die maatstaf vir volgende woorde van God wat daarby ingesluit moet word.

Die NT kan net die maatstaf vir ons wees in dié mate wat dit in ooreenstemming is met die OT. Natuurlik is daar ook dinge wat verander het, bv die offers van die OT wat in die NT nie meer nodig is nie, weens die volkome offer van die Here Jesus Christus. Maar, die OT bly die Woord van God, want sonder die uitvoerige begronding van die offers in die OT kan Jesus se offer in die NT nie sin maak nie. Jy moet die “paper-trail” kan terugvat totdat jy by die oorsprong uitkom van die idee dat ‘n offer versoening kan bring tussen God en mens.

Die teenstand is egter so erg dat die gelowiges vir Paulus ver wegneem na Atene, 550 km daarvandaan.  Die jong Timoteus en Silas word agter gelaat om die gemeente verder te bearbei.  Timoteus sou later uit Korinte teruggestuur word deur Paulus om hulle te bemoedig en te hoor hoe dit gaan.

View all posts in this series

Wie is God?


Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Comments (2)

  • Goeiemiddag Chris. Ons lees in Lukas 7:38 dat die vrou met die albasterfles salf agter Jesus gaan staan en geween en sy voete natgemaak en afgedroog met haar hare. Hoe is dit moontlik dat sy agter hom kan staan en dit doen?

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Ronel, dit hang af wat die selgroepe doen. As dit net daar is vir die bestaande lidmate sal dit die gelowiges opbou, maar nie die gemeente groei nie. As daar 'n strategie is om ongelowiges te bevriend en te evangeliseer - uiteraard waar dit moontlik is in julle konteks - dan is kleingroepe 'n wes…
  • Ronel on OpenbaringDs Chris, wat is u mening oor selgroepe in die gemeente die belangrikste manier is om die evangelie in n gemeente uit the brei en gemeente getalle te vergroot? Sal graag u mening wil hoor. Ons is tans in die VAE in Al Ain. Hier is ongeveer 35 verskillende dominansies van gelowiges waarvan ons Suid A…
  • Chris van Wyk on OpenbaringHi Marelize, ja, jy kan dit hier aflaai: https://bybelskool.com/ek-kom-gou-n-boek-oor-openbaring-deur-chris-van-wyk/. (direkte skakel na die boek: https://ngkerksomerstrand.co.za/wp-content/uploads/2020/05/Ek-kom-gou.pdf) Daar is ook 'n skakel na 9 video's wat ek gemaak het oor Openbaring vir 'n Pin…
  • Marie Elizabeth on OpenbaringHi Chris Is dit moontlik om die studie materiaal tov die boek Openbaring as een n boek te onvang? Ons wil met die boek as bybelstudie begin maar wil nie elke hoofstuk apart aflaai nie Laat weet asb? Groete Marelize Van Niekerk Cell: 083 321 4666
  • Chris van Wyk on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Mike, "ewige tente" of "ewige woonplekke" in Lukas 16:9 verwys na die lewe by God in die hemel (vgl Joh 14:2). Paulus skryf ook hieroor in 2 Korintiërs 5:1 en gebruik 'n ooreenstemmende metafoor vir die onverganklike liggaam wat ons in die hemel van God sal ontvang. Hy noem dit 'n "ewige gebou" o…
  • Mike on Lukas 16:1-13 – God vertrou ons met die ware rykdom as ons betroubaar is met aardse rykdomHi Chris, verduidelik vir my wat word bedoel met die woorde, "ewige tente".
  • Chris van Wyk on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetHi Petrus, in albei gevalle het die broers wel opgetree, maar in Dina se geval heeltemal oorboord gegaan, en in Tamar se geval sonder 'n regsproses. Dat Jakob en Dawid nie self opgetree het nie is waarskynlik te wyte aan nalatigheid, hoewel die Bybel nie hulle gedagtegang uitspel nie. Met Absalom se…
  • Petrus on Genesis 35 – Jakob voltooi sy verbintenis aan God by Bet-El waar alles begin hetBeste Chris Ek is weer by Genesis en met die Jakob verhaal is daar iets wat my opval: Jakob and Dawid se dogters is onteer en seuns was in opstand teen hul vaders, maar is nie gestraf vir hulle oortredings nie. Dit blyk ook uit ander verhale. Jakob het Ruben met sy seen "vervloek," maar hoekom het d…
  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
%d bloggers like this: