Skip to main content

Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus

Afskeid is altyd swaar. Of jy nou lank voor die tyd geweet het daarvan. Of dit skielik gebeur. Afskeid is altyd swaar. Wat ons dra in ‘n tyd wat ons afskeid neem van ‘n geliefde, is dat daar ‘n ander geliefde is, ‘n Vriend, wat ons bystaan, wat ons uitnooi om in gebed na Hom toe te gaan.

Joseph Scriven

In die 19de eeu was daar ‘n man, ‘n gelowige, wat in gebed sy hart voor God uitgestort het. Hy het baie swaar gehad. Twee keer was hierdie man verloof aan ‘n geliefde, en twee keer het hy hierdie geliefdes deur siekte aan die dood moes afstaan.

 ‘n Belowende loopbaan in musiek het vir Joseph Scriven(1819-1886) gewink, nadat hy aan Trinity College in Dublin afgestudeer het.

Die verliese wat hy gely het, het hom egter na Kanada laat uitwyk waar hy ‘n onderwyser geword het. Die hartseer was net te oorweldigend. Hy wou wegkom uit sy omgewing, al het dit beteken dat sy ma in Ierland hom verskriklik gemis het.

Joseph Scriven is dood op 10 Augustus 1886, 67 jaar oud. Almal wat hom geken het, was hartseer. Hy was ‘n besondere geliefde mens. Almal wat hom geken het, het egter troos gevind in die woorde wat hy self geskryf het, woorde wat ‘n ware gebed uit sy hart was.

Julle ken die lied baie goed: Wat ‘n Vriend het ons in Jesus.

What a Friend we have in Jesus,
All our sins and griefs to bear!
What a privilege to carry
Everything to God in prayer!
O what peace we often forfeit,
O what needless pain we bear,
All because we do not carry
Everything to God in prayer!

Jesus op pad na Getsemane

Die agtergrond van hierdie vers lê waarskynlik onder andere opgesluit in Jesus se laaste woorde aan sy dissipels op pad na Getsemane waarna Hy sou sterf aan die kruis. Ek plaas ‘n deel daarvan uit Johannes 15:12-17.

12Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 14Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 17Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

Dit is fassinerend om te sien waaroor Jesus gesels wanneer Hy die dood in die oë staar. In hierdie verse praat Hy oor drie goed, oor die liefde, oor vriendskap en oor vrug. Drie dinge wat aan dielewe sin gee. Drie dinge wat aan onslewe sin gee.

Ek wil ‘n paar opmerking maak oor die liefde, vriendskap en vrug waarvan Jesus hier praat. As ‘n herinnering. As ‘n troos. As ‘n bemoediging. Ook as ‘n aanmoediging vir ons almal om die Here Jesus te bly gehoorsaam.

Jesus praat oor die liefde

Jesus begin deur te praat oor die liefde. Hy beklemtoon dat ons moet mekaar liefhê. Vers 12: “Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê.” Vers 17: “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.”

Liefde is ‘n bevel. Dit is ‘n gebod. Dit is ‘n voorskrif. Dit is ‘n reël wat ons moet nakom.

En ons standaard is nie soos ander dit doen nie. Nee, “soos Ekjulle liefgehad het”, só moet julle ook mekaar liefhê.

Sy opdrag dat ons mekaar moet liefhê, is dus begrond in sy eie liefde vir ons.

Dit bly vir my verstommend dat Jesus die moeite gedoen het om aarde toe te kom en die beperking van die mensheid op Hom te neem. Trouens, om die sondigheid van die mensheid op Hom te neem.

Hy het nie nodig gehad om dit te doen nie. Hy kon oor begin het. Nuwe mense geskep het. ‘n Nuwe wêreld begin het. Eenvoudig van die vorige wêreld vergeet het.

Maar, Jesus het nie. Hy het die wêreld so lief gehad dat Hy as mens gekom het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Daarvoor was Hy bereid om die dood te sterwe aan die kruis. Sodat ook Johan die ewige lewe kon hê, inderdaad nou het. Want, dit is waar Johan nou is. In die hemel by God. Die lewe wat hy nou geniet, sal nooit in der ewigheid weer ophou nie.

Jesus praat oor vriendskap

Jesus praat verder oor vriendskap. Want, met sy liefde vir ons het Hy vir ons ‘n voorbeeld gegee. ‘n Voorbeeld wat ook die standaard is waaraan ons liefde gemeet word. En dit word gewys in wat ons bereid is om vir ons vriende te doen.

Dít is wat Jesus sê hierdie liefde behels. In vers 13 spel Jesus dit uit. Liefde is om jou lewe vir jou vriende te gee. “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Presies wat Jesus natuurlik gedoen het deur aan die kruis vir ons sonde gehang. Hy het vir ons die smarte van die dood getrotseer. Sodat ons sonder vrees die dood kan tegemoet gaan. 

Jesus praat oor vrug

En daarmee moedig Jesus ons aan om dieselfde te doen, om ook ons lewe vir ons vriende af te lê. Want, die belangrike in die lewe is nie hoe lank ons lewe nie. Dit is watter vrug ons lewe oplewer. Wat belangrik is, is wat ons lewe vir ander beteken. Wat ons lewe aan ander doen. Uiteindelik, hoe dit verband hou met God en sy bedoeling met ons lewe.

Wat ons mooi moet hoor in die teks is dat Jesus ons nie diensknegte of slawe noem nie. Hy noem ons vriende. Hy noem ons sy metgeselle, deel van sy vriendekring.

Tog beteken dit nie dat Hy nie steeds van ons verwag om Hom te gehoorsaam nie. Hy bly steeds die Here. Maar, Hy verwag van ons om soos vriendelojaal te wees aan Hom. Nie soos slawe wat doodgewoon nie anders mag as om gehoorsaam te wees aan hulle here nie. Nee, soos vriende.

Jesus soek daardie vrug in ons lewens. Die vrug van gehoorsaamheid. Die vrug van die liefde. Die vrug van vriendskap. Die vrug van lewens wat afgelê word vir vriende. Uiteindelik vir die Vriend wat ons in Jesus het.

Jesus het ons uitgekies om sy voorbeeld na te volg en aan ons ‘n vrypas gegee om enigiets te vra wat ons nog meer vrug kan laat dra, die vrug van ‘n lewe wat afgelê word vir Hom en sy liefde vir hierdie wêreld.

Mag Jesus ons inspireer om sy voorbeeld te volg.

Amazing Grace

Ek sluit met nog ‘n wonderlike lied, Amazing Grace, wat in die 18de eeu geskryf is (1779) deur die Engelse digter en Anglikaanse predikant John Newton (1725-1807). Dit is een van die bekendste liedere in Engels in die wêreld.

1. Amazing Grace, How sweet the sound
That saved a wretch like me
I once was lost, but now am found
T’was blind but now I see

2. T’was Grace that taught my heart to fear
And Grace, my fears relieved
How precious did that grace appear
The hour I first believed

3. Through many dangers, toils and snares
We have already come.
T’was grace that brought us safe thus far
And grace will lead us home.

4. The Lord has promised good to me,
His Word my hope secures;
He will my Shield and Portion be,
As long as life endures.

5. Yea, when this flesh and heart shall fail,
And mortal life shall cease,
I shall possess, within the veil,
A life of joy and peace.

6. The earth shall soon dissolve like snow,
The sun forbear to shine;
But God, who called me here below,
Will be forever mine.

7. When we’ve been there ten thousand years,
Bright shining as the sun,
We’ve no less days to sing God’s praise
Than when we’d first begun.

View all posts in this series

Discover more from Bybelskool

Subscribe to get the latest posts sent to your email.


Chris van Wyk

Ek is Direkteur van Bediening en Geestelike Vorming by Veritas College International. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am Director of Ministry and Spiritual Formation at Veritas College International. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

Onlangse kommentaar

  • sparklybc467b2e69 on Psalm 119:105-112Goeie middag, baie dankie vir die deel van die kosbare verhaal wat so gepas is met die Psalm
  • originalblizzard19aaa84c56 on Psalm 119:1-8Sien waarlik die nou verband tussen OT EN NT. waarlik verhelderend. אמן
  • Chris van Wyk on Psalm 118:19-29Ek gee maar net aan wat ek ontvang het. Dit bly egter 'n kosbare voorreg.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 118:19-29Goeie môre, baie dankie dat u met ons deel wie en waar die vertaaling van die Bybel sy oorsprong gekry het, dit is so kosbaar, baie dankie vir een en elkeen wat deel is en was om hierdie kosbare woord ook vir ons in ons Taal te kon uitlê
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 110Baie dankie vir hierdie kosbaarhede wat u met ons deel. Ek het Openbaring 22 gelees en dit klink baie soos die tuin van Eden, hy praat van die boom van lewe. Die sondeval gemaak dat die mens gesondig het en dat hul nie meer in die tuin kon woon nie asgevolg van die sonde.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 109:6-19Goeie middag, ek wil ook by las dat in Psalm 139:23 bid David;"Deurgrond my, O GOD, en ken my hart, toets my en ken my gedagtes" GOD ken die mens en HY deersoek die hart en die gedagtes. Ek het self al telkens gebid, HERE vergewe hulle want hulle weet nie wat hulle doen nie en dan soos die woord sel…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38Baie dankie vir hierdie verduideliking. Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vesti…
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:33-38GOD is so goeie GOD. HY gee vir ons die voorskrifte vanaf Deut. 28 en dan volg HY dit ook op in Psalm 107 en sê as ons net doen wat HY ons beveel sal dit met ons goed gaan en ons geseënd wees, nie oor ons nie, maar oor GOD en wie HY is.
  • Chris van Wyk on Psalm 106:43-48Ons lees die eerste keer van Baäl-Peor in Numeri 25. Baäl was die Kanaänitiese god van vrugbaarheid, terwyl Peor verwys na die berg in Moab waar hy onder andere aanbid is. Hy is ook in Kanaän aanbid en was 'n groot versoeking vir die Israeliete met hulle vestiging in die Beloofde Land.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 107:1-9Psalm 1:1 Stel dit so mooi hoe ons, ons pad moet hou en dat ons moet hou en bly by GOD se gebooie
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:43-48Goeie naand, Psalm 106: 28 Kan u asb vir my verduidelik wat Baâlpeor is ? Baie dankie Amanda
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Baie dankie vir die verduideliking, dit is hoekom ek hier is om te kan leer.
  • sparklybc467b2e69 on Psalm 106:13-33Dit breuk ñ mens se hart dat die Isrealiete ten spyte van al die tekens en wonders hulle telkemale opstandig word en GOD met so min agting behandel, en dat selfs Abraham vir hulle in die brese tree, en hoeveel keer die volk homself ook laat sondig het. Ek kan net sê ons dien ñ genadige GOD en GOD so…
  • Chris van Wyk on Psalm 106:6-12Die verskillende vertalings - "Rietsee", "Rooi See" en "Skelfsee" – het ontstaan omdat die Hebreeuse uitdrukking יַם־סוּף (yam sûf) verskillend vertaal is. Die Hebreeuse teks in Eksodus 13:18 beteken letterlik "See van Riete" of "Skelfsee" soos die 1933-vertaling dit vertaal het (skelf = riete, 'n w…
  • Chris van Wyk on Psalm 105:37-45Baie waar, vergifnis is genesend.