Johannes 15:12-17 – Wat ‘n Vriend het ons in Jesus

Afskeid is altyd swaar. Of jy nou lank voor die tyd geweet het daarvan. Of dit skielik gebeur. Afskeid is altyd swaar. Wat ons dra in ‘n tyd wat ons afskeid neem van ‘n geliefde, is dat daar ‘n ander geliefde is, ‘n Vriend, wat ons bystaan, wat ons uitnooi om in gebed na Hom toe te gaan.

Joseph Scriven

In die 19de eeu was daar ‘n man, ‘n gelowige, wat in gebed sy hart voor God uitgestort het. Hy het baie swaar gehad. Twee keer was hierdie man verloof aan ‘n geliefde, en twee keer het hy hierdie geliefdes deur siekte aan die dood moes afstaan.

 ‘n Belowende loopbaan in musiek het vir Joseph Scriven(1819-1886) gewink, nadat hy aan Trinity College in Dublin afgestudeer het.

Die verliese wat hy gely het, het hom egter na Kanada laat uitwyk waar hy ‘n onderwyser geword het. Die hartseer was net te oorweldigend. Hy wou wegkom uit sy omgewing, al het dit beteken dat sy ma in Ierland hom verskriklik gemis het.

Joseph Scriven is dood op 10 Augustus 1886, 67 jaar oud. Almal wat hom geken het, was hartseer. Hy was ‘n besondere geliefde mens. Almal wat hom geken het, het egter troos gevind in die woorde wat hy self geskryf het, woorde wat ‘n ware gebed uit sy hart was.

Julle ken die lied baie goed: Wat ‘n Vriend het ons in Jesus.

What a Friend we have in Jesus,
All our sins and griefs to bear!
What a privilege to carry
Everything to God in prayer!
O what peace we often forfeit,
O what needless pain we bear,
All because we do not carry
Everything to God in prayer!

Jesus op pad na Getsemane

Die agtergrond van hierdie vers lê waarskynlik onder andere opgesluit in Jesus se laaste woorde aan sy dissipels op pad na Getsemane waarna Hy sou sterf aan die kruis. Ek plaas ‘n deel daarvan uit Johannes 15:12-17.

12Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het. 13Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee. 14Julle is my vriende as julle alles doen wat Ek julle beveel. 15Ek noem julle nie meer diensknegte nie, omdat die dienskneg nie weet wat sy heer doen nie. Maar Ek het julle vriende genoem, omdat Ek alles wat Ek van my Vader gehoor het, aan julle bekend gemaak het. 16Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee. 17Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

Dit is fassinerend om te sien waaroor Jesus gesels wanneer Hy die dood in die oë staar. In hierdie verse praat Hy oor drie goed, oor die liefde, oor vriendskap en oor vrug. Drie dinge wat aan dielewe sin gee. Drie dinge wat aan onslewe sin gee.

Ek wil ‘n paar opmerking maak oor die liefde, vriendskap en vrug waarvan Jesus hier praat. As ‘n herinnering. As ‘n troos. As ‘n bemoediging. Ook as ‘n aanmoediging vir ons almal om die Here Jesus te bly gehoorsaam.

Jesus praat oor die liefde

Jesus begin deur te praat oor die liefde. Hy beklemtoon dat ons moet mekaar liefhê. Vers 12: “Dít is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê.” Vers 17: “Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.”

Liefde is ‘n bevel. Dit is ‘n gebod. Dit is ‘n voorskrif. Dit is ‘n reël wat ons moet nakom.

En ons standaard is nie soos ander dit doen nie. Nee, “soos Ekjulle liefgehad het”, só moet julle ook mekaar liefhê.

Sy opdrag dat ons mekaar moet liefhê, is dus begrond in sy eie liefde vir ons.

Dit bly vir my verstommend dat Jesus die moeite gedoen het om aarde toe te kom en die beperking van die mensheid op Hom te neem. Trouens, om die sondigheid van die mensheid op Hom te neem.

Hy het nie nodig gehad om dit te doen nie. Hy kon oor begin het. Nuwe mense geskep het. ‘n Nuwe wêreld begin het. Eenvoudig van die vorige wêreld vergeet het.

Maar, Jesus het nie. Hy het die wêreld so lief gehad dat Hy as mens gekom het, sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore sal gaan nie, maar die ewige lewe sal hê.

Daarvoor was Hy bereid om die dood te sterwe aan die kruis. Sodat ook Johan die ewige lewe kon hê, inderdaad nou het. Want, dit is waar Johan nou is. In die hemel by God. Die lewe wat hy nou geniet, sal nooit in der ewigheid weer ophou nie.

Jesus praat oor vriendskap

Jesus praat verder oor vriendskap. Want, met sy liefde vir ons het Hy vir ons ‘n voorbeeld gegee. ‘n Voorbeeld wat ook die standaard is waaraan ons liefde gemeet word. En dit word gewys in wat ons bereid is om vir ons vriende te doen.

Dít is wat Jesus sê hierdie liefde behels. In vers 13 spel Jesus dit uit. Liefde is om jou lewe vir jou vriende te gee. “Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.”

Presies wat Jesus natuurlik gedoen het deur aan die kruis vir ons sonde gehang. Hy het vir ons die smarte van die dood getrotseer. Sodat ons sonder vrees die dood kan tegemoet gaan. 

Jesus praat oor vrug

En daarmee moedig Jesus ons aan om dieselfde te doen, om ook ons lewe vir ons vriende af te lê. Want, die belangrike in die lewe is nie hoe lank ons lewe nie. Dit is watter vrug ons lewe oplewer. Wat belangrik is, is wat ons lewe vir ander beteken. Wat ons lewe aan ander doen. Uiteindelik, hoe dit verband hou met God en sy bedoeling met ons lewe.

Wat ons mooi moet hoor in die teks is dat Jesus ons nie diensknegte of slawe noem nie. Hy noem ons vriende. Hy noem ons sy metgeselle, deel van sy vriendekring.

Tog beteken dit nie dat Hy nie steeds van ons verwag om Hom te gehoorsaam nie. Hy bly steeds die Here. Maar, Hy verwag van ons om soos vriendelojaal te wees aan Hom. Nie soos slawe wat doodgewoon nie anders mag as om gehoorsaam te wees aan hulle here nie. Nee, soos vriende.

Jesus soek daardie vrug in ons lewens. Die vrug van gehoorsaamheid. Die vrug van die liefde. Die vrug van vriendskap. Die vrug van lewens wat afgelê word vir vriende. Uiteindelik vir die Vriend wat ons in Jesus het.

Jesus het ons uitgekies om sy voorbeeld na te volg en aan ons ‘n vrypas gegee om enigiets te vra wat ons nog meer vrug kan laat dra, die vrug van ‘n lewe wat afgelê word vir Hom en sy liefde vir hierdie wêreld.

Mag Jesus ons inspireer om sy voorbeeld te volg.

Amazing Grace

Ek sluit met nog ‘n wonderlike lied, Amazing Grace, wat in die 18de eeu geskryf is (1779) deur die Engelse digter en Anglikaanse predikant John Newton (1725-1807). Dit is een van die bekendste liedere in Engels in die wêreld.

1. Amazing Grace, How sweet the sound
That saved a wretch like me
I once was lost, but now am found
T’was blind but now I see

2. T’was Grace that taught my heart to fear
And Grace, my fears relieved
How precious did that grace appear
The hour I first believed

3. Through many dangers, toils and snares
We have already come.
T’was grace that brought us safe thus far
And grace will lead us home.

4. The Lord has promised good to me,
His Word my hope secures;
He will my Shield and Portion be,
As long as life endures.

5. Yea, when this flesh and heart shall fail,
And mortal life shall cease,
I shall possess, within the veil,
A life of joy and peace.

6. The earth shall soon dissolve like snow,
The sun forbear to shine;
But God, who called me here below,
Will be forever mine.

7. When we’ve been there ten thousand years,
Bright shining as the sun,
We’ve no less days to sing God’s praise
Than when we’d first begun.

View all posts in this series

Chris van Wyk

Ek is gemeenteleraar by Somerstrand gemeente, Port Elizabeth. My passie in die lewe is om God bo alles te dien en gelowiges in geloofsvorming te begelei. I am pastor at Summerstrand congregation, Port Elizabeth. My passion in life is to serve God above all and to lead believers in faith formation.

Maak 'n opmerking

  • Chris van Wyk on Psalm 29Dankie Tertia, my voorreg en plesier.
  • Tertia Botha on Psalm 29Dr Chris dankie dat jy met jou kennis en wysheid my sommer ook vandag toerus. Vandag word ek opnuut herinner van God se krag bo die natuur maar ook God se stem in die natuur!! Alledaagse herinneringe aan ons GOD wat alles goed geskep het en steeds daaroor heers.
  • Chris van Wyk on Inleiding op OpenbaringHou moed Amanda! Lees wat ek geskryf het vir Yvonne oor Psalm 103:5: https://bybelskool.com/psalm-1031-5-loof-die-here-wat-al-jou-siektes-genees/comment-page-1/#comment-29597
  • Chris van Wyk on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesHi Yvonne Vers 5 moet in die konteks van die Psalm uitgelê word. Die eerste vyf verse vorm 'n eenheid: 1 Van Dawid. Loof die Here, o my siel, ja, alles wat in my is, sy heilige Naam! 2 Loof die Here, o my siel, en moenie enige van sy weldade vergeet nie – 3 Hy wat al jou sondeskuld vergewe, wat al j…
  • amanda on Inleiding op Openbaringhoe ( op aarde ) gaan God se koninkryk op aarde so gevestig word, dat Hy uiteindelik deur almal as Alleenheerser erken gaan word. Elkeen is so besig om sy eie ding te doen, dat dit byna onmoontlik klink. Dis vir my n moedelose gedagte.
  • Yvonne on Psalm 103:1-5 – Loof die Here wat al jou siektes geneesEk wil graag meer weet oor psalm 103vers 5
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 28Hi Elsa, die doderyk is in twee gedeel. Kyk in Lukas 16 vir 'n beskrywing daarvan.
  • Elsa Steyn on 1 Samuel 28Hi Chris 1 Sam 28 vers 19 Saul en Samuel is saam in dieselfde plek, die doderyk. Saul het volhard in die afskakeling van sy verhouding met God, en het nie tot inkeer en berou gekom nie. Hoekom is hulle twee na dieselfde plek? Samuel is dan in die hemel?
  • Chris van Wyk on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysEk het al heelwat hieroor geskrywe op bybelskool.com. Jy kan in die soekenjin verder kyk. Hier is die skakel na wat die belydenisskrifte daaroor sê wat 'n goeie vertrekpunt is: https://bybelskool.com/wat-is-die-drie-eenheid-die-getuienis-van-die-belydenisskrifte/?highlight=drie-eenheid
  • Petrus on Genesis 12 – God roep vir Abraham na die land wat Hy vir hom sal aanwysBeste Chris "Ons" Gen 1: 26 -"Toe het God gese: Kom Ons maak...." Gen 11: 7 - "Kom laat Ons afgaan..." Ons praat v/d die Drie-eenhied en Jesus as God. Verstaanbaar. Wanner God na "Ons" verwys, is dit nie dat Jesus Sy Seun Die Woord is soos Johannes dit ook noem en Jesus fisies die Seun van God is so…
  • Chris van Wyk on AmosDankie Katrien, dit is my voorreg. Chris.
  • Katrien on AmosSo maklik verval ons ook in dieselfde gemaksone van ouds! Ons moet waak teen selfgenoegsaamheid in ons verhouding met God. Met die Heilige Gees binne my is daar nie wegkom kans vir God se kinders wat lou en koud word, in hul verhouding nie. Ek wil bid Heer bewaar my van gemaksugtigheid in my verhoud…
  • Chris van Wyk on Openbaring 13 – God gee insig in die Bose se planne sodat gelowiges kan volhard in geloofHi Petrus, 'n mens kan die 666 simbolies verbind aan enige godsdiens wat Christene vervolg, ook dié tye en plekke deur die eeue waar Christene vervolg is in die naam van Islam. My gedagtes oor die 666 is soos volg: Die dier uit die aarde – die vals profeet (Openb 16:13 word die dier só genoem) – opp…
  • Chris van Wyk on 1 Samuel 17Dankie Sarie, dit is 'n tikfout. Dit is vers 9 van 1 Samuel 21.
  • Sarie Cronje on 1 Samuel 171 Sam 21 het net 15 verse - Filistyn se wapens het hy in sy eie tent neergesit wat later in sy verhaal weer ‘n rol sou speel (1 Sam 21:19).
%d bloggers like this: